Goeie eet en oefen program met sweet en vasbyt en jy is 100% waar jy wil wees.Eugene wrote: Hoop nie my spiere lyk so nie, aan die buitekant opgepomp en binne net half vol......![]()
Gym oefen
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Gym oefen
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Gym oefen
Gerhard, sweet en vasbyt was vir my nog nooit 'n probleem nie en ek moet sê, die oefen ding is vir my amper net so verslawend soos rook!
Die groot ding (in my humble opinion), met 'n eetprogram, is dat dit iets moet wees wat jy vir die res van jou lewe kan volhou. 'n Dieet is seker een van die slegste goed wat jy aan jou liggaam kan doen en dis onmoontlik om vir 3 maande op 3 slaaiblare en 'n ertjie per dag te oorleef, dan gaan jy erens verneuk en tou opgooi!
Werk eerder aan 'n haalbare eetplan wat daagliks volghou kan word en verloor eerder 2 kg per maand en weet jy eet elke dag van jou lewe gesond en jy kan dit vir jare handhaaf! Selfs op vakansie is dit maklik om gesond te eet en jouself te bederf, as jy net bietjie toewyding en motivering het.

Aim small, miss small
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Gym oefen
eugene, ek dink jy sit die pot bietjie mis.
Wanneer ons praat van dieet beteken dit als wat jy eet. Modelle dieet met 3 slaaiblare
Kyk wat eet ek, dit is my dieet, en ek kan die volhou vir my lewe. Inteendeel, as ek begin met bulking siklus gaan ek my kos inname verdubbel. Dus is dieet dit alles wat ek eet, en nie net 3 slaaiblare nie.
As ek klaar gebou het, pas ek weer my dieet aan na 'n maintenance fase...

ek soek nog wapens...
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Gym oefen
Henk, ek dink ek en jy praat van dieselfde ding, ons noem dit net anders. Ek praat van daai dieete wat jy by weighless kry en wat jy vir die eerste drie dae net appels eet, en dan weer vir 3 dae net 'n tamatie 'n dag tot jy jou "teikengewig" bereik het. Dan vreet jy weer ribs en chip en hamburgers, tot jy nie meer agter die bakkie se stuur pas nie en dan weer terug weighless toe...
As jy van tyd tot tyd jou eetprogram aanpas, is dit ok, maar as jy jou liggaam vir 3 weke op 'n slag uithonger en net water en slaaiblare eet, gaan jy vir jouself baie probleme veroorsaak. Eet eerder elke dag gesond en raak gewoond daaraan as om elke dag vir 3 weke te wil "over indulge" en dan vir 'n week 'n maand niks te eet nie.
As jy van tyd tot tyd jou eetprogram aanpas, is dit ok, maar as jy jou liggaam vir 3 weke op 'n slag uithonger en net water en slaaiblare eet, gaan jy vir jouself baie probleme veroorsaak. Eet eerder elke dag gesond en raak gewoond daaraan as om elke dag vir 3 weke te wil "over indulge" en dan vir 'n week 'n maand niks te eet nie.
Aim small, miss small
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Gym oefen
Manne,
Kom ons praat van n eet plan in plaas van n dieet.
Dit is n "life style adjustment" om te fokus om gesond te leef, oefen en eet.
Onthou jou liggaam kan net so goed werk soos die brandstof wat jy in gooi...
Kom ons praat van n eet plan in plaas van n dieet.
Dit is n "life style adjustment" om te fokus om gesond te leef, oefen en eet.
Onthou jou liggaam kan net so goed werk soos die brandstof wat jy in gooi...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Gym oefen
Het julle al gedink om meskien te "Crossfit". Ek oor weeg om dit te begin doen!
Verseker nie vir sussies nie.
Verseker nie vir sussies nie.
.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Gym oefen
Ek stel nogal belang maar het net nie die tyd om deel te neem nie.gerhardu wrote: Het julle al gedink om meskien te "Crossfit". Ek oor weeg om dit te begin doen!
Verseker nie vir sussies nie.
Dit lyk na lekker taai oefen sessies maar is beslus die rigting waarheen ek wil gaan met my oefening.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- tokjak
- Sr. Member

- Posts: 331
- Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm
Re: Gym oefen
Henk jy het op n plek gese die koolhidrate wat speier bou . dis eintlik proteiene met aminosure as aktiveerders. in n daaglikse dieet kry jy nie genoeg van beide om spiere "maksimaal " te laat groei en versterk nie [die afbreek en opbou waarvan julle praat} n baie goeie riglyn is vir mense wat wil gewig optel en spiere bou --- n protien en carb mix iets soos evox se 5xl mescle mass. vir die wat gewig wil verloor ,bly weg van carb, gebruik iets soos usn se pure protein in alby gevalle kan n amino acid middel ook geneem word , veral waar daar baie hard geoefen word.
net iets oor creatien . creatien is n natuurlik hormoon wat deur die liggaam afgeskei word . dit speel n rol om die verdelende sel te help herstel . dit bevat [wat ek kan onthou] geen voedingswaarde nie . al drink jy dubbel die dosis , sal jou liggaam dit wat hy nie gebruik nie ,afskei.
julle manne wat so bevooreg is om te kan virgin active ,geniet dit en moenie jou tyd mors nie ,sit vanaand daai xtra 10 kg op . ek bly nou al 12 jaar op n plaas in die karoo. Voor dit het ek 5 dae n week ge gym , het net n bankie met los weights nou en sien so nou en dan vir n paar weke kans vir hom .ek gaan nou nie vannaand kan gym nie , maar 6 uur gaan my t bone op nie vuur , dan kyk en ruik ek die karoo na so middag donderweer reentjie en as ek my eerste slukkie windhoek vat sal ek dink aan julle wat sweet by virgin active
"NO PAIN NO GAIN"
GROETE

Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Gym oefen
Ek is ook deesdae weer bietjie aktief. Het ook voorheen in die gym geoefen maar kom nie deesdae daarby uit nie. Dis maar vir my moeilik om iets alleen te gaan doen.
Ek het saam met mou vrou hulle begin bootcamp.... Dit is maar baie soos crossfit behalwe met crossfit doen jy swaarder gewigte as by bootcamp.
Kyk my dae van droom om soos Arnie of Sylvester Stallone te lyk is ietwat verby, dit sit nie in my bou of gene nie...
Die bootcamp hou mens nogals fiks en jy doen ook heelwat, pushups, dips, lunges ens. moet sê ek geniet dit baie moet nou nog net my eetplan reg kry om van die bierpens ontslae te raak..

.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Gym oefen
Gerhard,daar is n gym in Bedfordview en daar maak een oop in Boksburg ook.Ek gaan nog aanhou normaal weg gym deur die week en op Saterdae oggende bietjie crossfit.Gerhard wrote: Ek stel nogal belang maar het net nie die tyd om deel te neem nie.
Dit lyk na lekker taai oefen sessies maar is beslus die rigting waarheen ek wil gaan met my oefening.
.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Gym oefen
Ek sal bietjie uitvind. Meeste Saterdae is ek ni in Jhb nie.gerhardu wrote: Gerhard,daar is n gym in Bedfordview en daar maak een oop in Boksburg ook.Ek gaan nog aanhou normaal weg gym deur die week en op Saterdae oggende bietjie crossfit.
Vanoggend is dit tyd om die biceps en triceps pak te gee...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Gym oefen
Jy is doodreg, proteiene en aminosure is die boublokke van spierweefsel. maar jy het energie nodig om dit te doen, daarom moet jy koolhidrate inneem. Jy kan nie spiere bou as jy op 'n ketogeniese dieet is nie, omrede jy geen koolhidrate het nie. Jy sal sien dat enige anaboliese groeiproduk het ten minste 50/50 of 60/40 proteien/koolhidraat verhouding. Koollhidrate is die nodige energie om spiere te bou.tokjak wrote: Henk jy het op n plek gese die koolhidrate wat speier bou . dis eintlik proteiene met aminosure as aktiveerders. in n daaglikse dieet kry jy nie genoeg van beide om spiere "maksimaal " te laat groei en versterk nie [die afbreek en opbou waarvan julle praat} n baie goeie riglyn is vir mense wat wil gewig optel en spiere bou --- n protien en carb mix iets soos evox se 5xl mescle mass. vir die wat gewig wil verloor ,bly weg van carb, gebruik iets soos usn se pure protein in alby gevalle kan n amino acid middel ook geneem word , veral waar daar baie hard geoefen word.
Kreatien is nie 'n hormoon nie, dit is 'n energie transporter. Wat dit basies doen is dit hou ekstra fosfaat (ATP, adenosien tri fosfaat) vir wanneer die spier dit nodig het. die oomblik as spiere werk, word ATP oorgeskakel na ADP *(adenosien di fosfaat). dus as jy ekstra kreatien inneem, verhoog jy jou energie storie (om werk te verrig) in jou spiere, dus kan jy harder met meer intensiteit en langer oefen voor die energie store uitgeput is.tokjak wrote: net iets oor creatien . creatien is n natuurlik hormoon wat deur die liggaam afgeskei word . dit speel n rol om die verdelende sel te help herstel . dit bevat [wat ek kan onthou] geen voedingswaarde nie . al drink jy dubbel die dosis , sal jou liggaam dit wat hy nie gebruik nie ,afskei.
Enjoy!!tokjak wrote: julle manne wat so bevooreg is om te kan virgin active ,geniet dit en moenie jou tyd mors nie ,sit vanaand daai xtra 10 kg op . ek bly nou al 12 jaar op n plaas in die karoo. Voor dit het ek 5 dae n week ge gym , het net n bankie met los weights nou en sien so nou en dan vir n paar weke kans vir hom .ek gaan nou nie vannaand kan gym nie , maar 6 uur gaan my t bone op nie vuur , dan kyk en ruik ek die karoo na so middag donderweer reentjie en as ek my eerste slukkie windhoek vat sal ek dink aan julle wat sweet by virgin active
"NO PAIN NO GAIN"
GROETE
ek soek nog wapens...
- tokjak
- Sr. Member

- Posts: 331
- Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm
Re: Gym oefen
jis henk , jy is reg .kreatien is nie n hormoon nie my fout . wat carbs. betref moet n ou baie versigtig wees om xtra in teneem ,omdat n normale dieet al reeds te veel bevat , koolhidrate is is n black-sam as jy dit nie reg bestuur nie . omtrent alles wat ons eet bevat koolhidrate , maar bitter min van die regte , ordentlike proteine . onthou , as ek se normale dieet , praat ek nie van n ou wat op n eetplan is nie
so , ja jy het definitief carbs nodig , maar NIE TE VEEL NIE,
lekker dag
so , ja jy het definitief carbs nodig , maar NIE TE VEEL NIE,
lekker dag
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Gym oefen
Tokjak, jy is reg. Mens moet mooi kyk wat mens eet.
Beste is om te kyk na wat jou doel is en jou makro nutriente daarvolgens uit te werk.
As jy nie n eetplan het nie, onthou dat liewerste "skoon" te eet, bedoelende eet vleis, groente (verkieslik groen groente ens) en sny brood ens uit wat net koolhidrate is.
Beste is om te kyk na wat jou doel is en jou makro nutriente daarvolgens uit te werk.
As jy nie n eetplan het nie, onthou dat liewerste "skoon" te eet, bedoelende eet vleis, groente (verkieslik groen groente ens) en sny brood ens uit wat net koolhidrate is.
ek soek nog wapens...
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Gym oefen
Henk, ek het nou vanoggend daai shake gedrink onmiddellik nadat ek geoefen het en ek het nogal sh!t gevoel vir so 45 min daarna! Moet ek eers 'n bietjie wag of wat doen ek verkeerd?
Aim small, miss small
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Gym oefen
30g Whey net na oefening in 250ml water.Eugene wrote: Henk, ek het nou vanoggend daai shake gedrink onmiddellik nadat ek geoefen het en ek het nogal sh!t gevoel vir so 45 min daarna! Moet ek eers 'n bietjie wag of wat doen ek verkeerd?
Snaaks dat jy sleg gevoel het
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Gym oefen
Ek het 'n glas water met glutemine gedrink voordat ek gaan gym het, kan dit dalk dit wees?
Aim small, miss small
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Gym oefen
LGutemine drink jy na jou oefen sessie.Eugene wrote: Ek het 'n glas water met glutemine gedrink voordat ek gaan gym het, kan dit dalk dit wees?
Kan dalk wees hoekom jy nie lekker gevoel het na die oefen nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Gym oefen
Ludwig wrote: Eugene, ek is nie seker of dit dit kan wees nie, maar Glutamine se heel beste tyd om te drink is ook net na 'n workout, of voor mens gaan slaap.
Hmmmmm... Jy sien, ek het nou weer na een van daai dubbeldeur yskaste wat daar in die gym rondloop geluister, en hy het gesê, jy moet dit sommer in jou water gooi wat jy saamvat....Gerhard wrote: LGutemine drink jy na jou oefen sessie.
Kan dalk wees hoekom jy nie lekker gevoel het na die oefen nie...
Sal dit nou bietjie anders doen!
Dankie julle!
Aim small, miss small
-
JF. SCHOEVERS
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Tue Jul 12, 2011 1:16 pm
Re: Gym oefen
Bly om die topic te sien
. Ek begin self maandag weer in klim na n lang vakansie en af tyd. Dieet is weer in orde laas week al met dit begin nou net die kuiers afskaf en stick by my ou glasie rooiwyn. Ons sal maar sien hoe loop die dinge
.
6mm Dasher,
.30-06 Vektor,
As jy nie tyd het om dit nou reg te doen nie waneer gaan jy tyd he om dit oor te doen.
.30-06 Vektor,
As jy nie tyd het om dit nou reg te doen nie waneer gaan jy tyd he om dit oor te doen.
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Gym oefen
Eugene, proteiene direk na oefen saam met kreatien.
Sal nie glutamien wees wat jou olik laat voel het nie, ek dink jou bloeddruk en suiker het so bietjie gecrash. het jy iets geeet voor die tyd of op nugter maag te hard gepomp?
Ek drink glutamin in my water terwyl ek gym, glutamien voorkom dat die spiere in kataboliese staat ingaan en begin afbreek. Sal definitief nie iets wees wat jou laat olik voel nie.
Sal nie glutamien wees wat jou olik laat voel het nie, ek dink jou bloeddruk en suiker het so bietjie gecrash. het jy iets geeet voor die tyd of op nugter maag te hard gepomp?
Ek drink glutamin in my water terwyl ek gym, glutamien voorkom dat die spiere in kataboliese staat ingaan en begin afbreek. Sal definitief nie iets wees wat jou laat olik voel nie.
ek soek nog wapens...
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Gym oefen
Bly om jou hier te sien.JF. SCHOEVERS wrote: Bly om die topic te sien. Ek begin self maandag weer in klim na n lang vakansie en af tyd. Dieet is weer in orde laas week al met dit begin nou net die kuiers afskaf en stick by my ou glasie rooiwyn. Ons sal maar sien hoe loop die dinge
![]()
.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- stephensonsknives
- Sr. Member

- Posts: 305
- Joined: Tue Dec 08, 2009 3:50 pm
Re: Gym oefen
dag manne
het jarelank geoefen ,maar na motorongeluk, 2rugoperasies en 1 been operasie het ek net plein sleg geword.
Ek is ook nie lus om alleen te gaan oefen nie. so kom ek begin weer erens
die manne wat gewig verloor het deel asb,eetgewoontes ,watter kos word uitsny en nie ge-eet, en dan help weer met n oefen progam .
ek mis die oefeninge eintlik baie
mesgroete

Bewarings Beampte Baviaanspoort
www.stephensonsknives.com
www.stephensonsknives.com
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Gym oefen
Begin so lank fiets ry.stephensonsknives wrote: dag manne
het jarelank geoefen ,maar na motorongeluk, 2rugoperasies en 1 been operasie het ek net plein sleg geword.
Ek is ook nie lus om alleen te gaan oefen nie. so kom ek begin weer erens
die manne wat gewig verloor het deel asb,eetgewoontes ,watter kos word uitsny en nie ge-eet, en dan help weer met n oefen progam .
ek mis die oefeninge eintlik baie
mesgroete
Kry n ipod en luister mesiek veral as jy op n oefen fiets ry.
Sny suiker, stysel en alkhol uit jou eet plan en jy sal klaar n verskil begin sien.
Ek verkies dit om alleen te oefen.
Dan fokus ek op my oefen maar sal wel daarvan hou om nou en dan n spotter te he.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Gym oefen
Ja sny die suiker uit jou tee en koffies ek weet dis moelik maar nie so sleg nie, dit gaan klaar n verskil maak. En drink suurlemoen in jou rooibos tee of water. Suurlemoen proe dalk suur maar dit bring jou liggaam se sure af. Amper alles wat jy eet bevat sure. Om een glasie coke se suur te neutraliseer moet jy 8 glase water drink! Ek het gelees 1 suurlemoen n dag om gewig te verloor. As jou sure onder beheer is sal jou liggaam ook beter funksioneer en die kos en goed vinniger deur die sisteem sit en nie "vas sit" wat kan maak dat jy makliker gewig aansit.