Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

[align=center]Die Koedoe wat weggekom het[/align]!
Dit is vroeg in die jagseisoen. Koos het laat weet ek moet kom sodat ek die eerste geleentheid kan kry om te skiet. So, het ek die Hilux se neus noordwaarts gedruk ? van die Paarl af so 1 300 km in die rigting van die Molopo. Maar moeilik om so ‘n lang rit alleen aan te pak. Dan kom jy tot die besef waarom die lang pad tussen Laingsburg en Beaufort-Wes as die pad van die dood bestempel word. Ek kon voel Klaas Vakie sit op my skouer en dan hou ek stil, drink ‘n bietjie koffie en pak dat weer die tog aan. Op Beaufort-Wes besluit ek om by ‘n apteek aan te gaan.
“Luister, ou vriend, ek het nog so 900 km oor en ek moet ontslae raak van Klaas Vakie. Kan jy my help?”
Die apteker haal so ‘n paar plat sakkies van die rak af ? ‘turbo’-iets. “Drink nou twee en weer so na 200 km.”
Ek het ‘n turbo diesel-bakkie gehad, maar nie geweet daar is turbo-goed wat ‘n mens kan drink nie. Nou ja, die turbo-goed het gewerk ? geen teken van Klaas Vakie nie.
So teen sononder se kant kom ek agter dat ek nou net deur Tosca is. Nog net 25 km, dan is ek op Buttermere.
Groet, bagasie aflaai en natuurlik ook produkte uit die Boland en laastens my groot vriend, my 7 x 57. Deur die geselskap van,”hoe gaan dit hier?”, “het dit al gereën in die Boland?” en nog baie ander stories, klink ons ‘n glasie.
“Ek het vanmiddag ‘n paar mooi koedoebulle gesien hier bo in die kamp langs die mielies. Jy en JP moet môre vroegoggend ry tot by die skewe hek en dan die spore vat. Hulle sal nog in die omgewing wees” sê Koos.
Ons gaan vroeg inkruip. Ek weet my geweer is reg. Ek weet ook presies waar hy skiet op 100- en op 200 m, want ek het mos op die skietbaan geoefen. Die groot probleem is egter dat ek nie môre op ‘n skietbaan gaan skiet nie en die senuwees knaag maar altyd wanneer ‘n jy na ‘n lang tyd weer in die jagveld kom. Die 150 gr. Nosler partition-punte het ek self met soveel sorg gelaai.
Die volgende oggend is lank voor sesuur wakker, trek my jagklere aan, sit al my goedjies mooi reg en stap kombuis toe. Die koffiewater kook en Erina sit ‘n bak met sulke groot beskuite voor. Ons het hulle altyd waterbulle genoem. Na vier of vyf waterbulle en twee koppies koffie vertrek ek en JP. JP is Koos se seun wat net verlede jaar sy studies op universiteit voltooi het ? ‘n tipiese boerseun wat die plaas soos die palm van sy hand ken. Niemand kon vir ‘n beter gids gevra het nie.
Ons stop by die skewe hek en vir die eerste paar honderd meter hang die 7 x 57 gemaklik oor my skouer.
“Hier is die spore, oom Pieter. Ek dink oom moet maar die geweer van oom se skouer afhaal.” Met ‘n lang takkie beduie hy op die grond.
“Ons gaan nie ver stap nie. Hier is ‘n hele paar en hulle is baie kalm. Kyk hier het hulle staan en vreet en hier lê vars mis.”
Ek kom tot die besef dat hierdie klong veld-oë het ? nie voor ‘n TV of ‘n rekenaar grootgeword nie. Hy kyk op die grond, maar is terselfdertyd deeglik bewus van wat rondom hom aangaan.
Die bos is nie te dig nie, maar die gras is baie lank as gevolg van goeie reëns gedurende die somer. Ons het vroeër op ‘n klompie bees afgekom en net hul rûens het bo die gras uitgesteek. So, jy gaan gelukkig wees as jy ‘n bladskoot kan kry. Ek skat ook dat die bosse se stand ‘n skoot nie verder as 80- tot 100 m gaan toelaat nie. Dit beteken dat die bokke ons baie maklik kan gewaar en laat spaander. En ek voel hoeka dat my regterbeen begin protesteer teen die stappery deur die sand.
Skielik sak JP stadig op sy hurke en ek volg. Hy beduie reg voor. Ons is agter ‘n middelslag kameelboompie en soos ons gehurk sit, sien ek net die horings van die koedoe. Die bul het onraad gemerk en kyk reguit in ons rigting. Gelukkig trek die luggie van sy kant af. JP beduie dat ons nog ‘n rukkie doodstil moet sit. Dit voel egter vir my of die adrenalien-vlakke net al hoër opstoot. Waarom weet ek nie, maar skielik dink ek aan die cowboy fliek wat ek gesien het waar die bevelvoerder beduie dat sy manne nie mag skiet voordat hulle die wit van die vyand se oë sien nie. Geen wonder dat party ouens geknak het onder die spanning en sommer opgestaan het en begin skiet het nie.
JP gee die teken en ek kom stadig orent en skuif die geweer versigtig oor die kameelboomtak voor my ? net die nek en kop is sigbaar bo die gras en bosse. Ek kyk deur die teleskoop. Dit lyk skoon. Ek haal diep asem en vertel myself om kalm te bly. Ek skat die afstand op 80 meter. Daar is geen wind nie en die kruishare suig vas hoog op die bul se nek. Toe ek die sneller afdruk, hoor jy die kenmerkende klap van ‘n treffer en die bok val.
“Goeie skoot, oom” sê JP, maar sy woorde was nog nie koud nie of die bul vlieg weg en verdwyn tussen die bosse.
“Wag oom, ek draf gou en kyk wat gebeur het. Dit was raak. Ek gaan net seker maak of daar bloed is. Hy sal nie ver kom nie.” JP verdwyn tussen die bosse op pad na die plek waar die koedoe gestaan het.
Ek beveilig my geweer en gaan sit sommer plat op die grond ? heeltemal verslae. Hoe kon ek die bok kwes? Ek kan dit nie glo nie. Ek het alles reg gedoen. Dan verwyt ek myself omdat ek nie vroegoggend ‘n proefskoot geskiet het nie. Maar, ek het die geweer tog so versigtig hanteer deur die hele rit en geglo dit is nie nodig nie.
Ek staan op en my gedagtes voer my terug na my skooldae toe ons geleer het van Scott se mislukte poging om eerste by die Noordpool uit te kom. Op pad terug is die hele groep dood in die sneeu. In sy dagboek kry hulle, “We just slog on through the snow”, of so iets. Ek “slog” toe maar “on” in die rigting van die bok. So 50 meter verder kom JP te voorskyn. Daar is bloed aan sy hande. So, dit moes raak gewees het. So ‘n effens ligpuntjie, want nou kan ons spoorsny.
“Wat het jy gesien, JP?”
“’n Snaakse ding oom. Kyk net hier.”
Hy haal sy selfoon uit en druk dit voor my gesig. Wat wil ek nou met ‘n selfoon maak?
“Kyk, oom.”
‘n Foto van ‘n koedoebul wat tussen die bosse lê. Ek is nog te verslae om te verstaan wat aangaan.
“Dit is oom se bul. Hy het net daar geval. Dit is ‘n ander koedoe wat weggevlie het net nadat oom geskiet het. Ek het sy keel afgesny sodat hy kan bloei. Ons sal moet manne gaan kry om te help laai.”

- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Hahahaha..
. Oom PW dit was seker die mooiste foto wat jy in jou lewe gesien het! 
Goeie storie en lekker vertel - dankie man!

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Daai ou hart sal dit mos nooit 'n tweede keer oorleef nie

Dankie Oom, dit was nou 'n lekker lees
Dankie Oom, dit was nou 'n lekker lees
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Hier is die Ou Ballie se koedoe wat "weggekom" het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Dankie oom, lekker storie. Oom maak 'n man sommer nou lus vir jag 
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Lekker storie oom Pieter. Dit maak daai 1300km die moeite werd!
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
- Herman Huyser
- Sr. Member

- Posts: 268
- Joined: Tue Sep 25, 2012 6:19 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Dankie Oom, hierdie storie het nou 'n glimlag op my gesig gesit, en ooo.. so lus gemaak om weer in die bos te kom. Maar wag, Mei maand is mos om die draai, maar tog so vêr.
Work To Hunt, Hunt To Live
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Baie mooi storie oom Pieter. Baie mooi geskryf.
Dordrecht groete
Martin Marais.
Dordrecht groete
Martin Marais.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Aitsa Oom Pieter,
Daai was raak geskiet met die skryf van die storie en die kudu.
Ek raai die kudu biltong was elke stukkie die moeite werd as jy n stukkie kerf en aan die jag terug dink.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Pitbull
- Full Member

- Posts: 237
- Joined: Wed Dec 07, 2011 9:05 am
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Dankie Oom Pieter
Dit was nou baie lekker, en daai besuit laat my baie verlang na my ouma daar op Groblersdal, man ma nou is ekke lus vir koedoe jag.
Groete
Henno

I may not be there yet, but I'm closer than I was yesterday.
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Oom Pieter
Dankie vir die deel
Groete
Jaco
Dankie vir die deel
Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Mooi storie oom Pieter, met 'n goeie einde. My pa het een keer sommer die ander koedoe ook geskiet - gelukkig op 'n goeie vriend se plaas.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- Johan22
- Hero Member

- Posts: 524
- Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Ja kerels die oom skryf so mooi want hy was laaaaannnnnk 'n skoolmeester van toeka se dae af.
Baie mooi Oom Pieter
Groete Johan22
Baie mooi Oom Pieter
Groete Johan22
.270 (Musgrave)
.303 (Lee Enfield)
.357 (S/Weston)
.22 (Bruno)
.243 (Krico)
.308 (Mauser)
.22 (Remington)
.303 (Lee Enfield)
.357 (S/Weston)
.22 (Bruno)
.243 (Krico)
.308 (Mauser)
.22 (Remington)
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Ek het n sagte plek vir skoolmeesters - hulle vrugte was altyd die lekkerste veral laat aand oor naweke...wonder hoekom...Johan22 wrote: Ja kerels die oom skryf so mooi want hy was laaaaannnnnk 'n skoolmeester van toeka se dae af.
Baie mooi Oom Pieter
Groete Johan22
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Oon Piet, dus lekker om 'n "eerlike" jagstorie te lees.
Hoop Oom gaan lekker jag die jaar, dan kan ons lekker lees in die "af-seisoen".
Groete,
Gawie

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Laat water jy my bek nouFHM wrote: Ek het n sagte plek vir skoolmeesters - hulle vrugte was altyd die lekkerste veral laat aand oor naweke...wonder hoekom...![]()
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Baie dankie Oom Pieter, mooi storie!
Ons het ook een aand n soortgelyke geval gehaat. Dis nou nie jag nie, maar ons moes twee takbokke skiet vir n persoon wat dit vroeg die volgende more sou kom haal. Ek en Bunz het die middag n draai in die bos gaan stap waar hy toe een takbok kon skiet. Na die braai is ons die aand uit om te gaan roep, so tussen deur die roep moes nog n takbok geskiet word ook. Oppad na ons eerste staanplek agter die berg, kry ons drie takbokke teen n rantjie. Bunz het uitgeklim en oor die hoekpaal geskiet. Toe die skoot loop het die bok geval maar dadelik weer opgespring en so entjie teen die rant op beweeg. Ek was nie lus vir kwesbok soek in die aand nie, was mos agter vlekkie se bloed aan, en het vir Bunz gese om dadelik weer te skiet. Wel, daar het toe twee bokke gele, albei mooi nekskote. In die spotlight kon ons glad nie die een bok agter die ander een sien le nie, toe die eerste een val, het die agterste een dadelik opgevlieg. Die persoon was nogal bly toe ons die oggend vir hom drie laai inplaas van twee!
Groete Alex

Sak Sarel, pa wil n bok skiet
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Pine, dit was nog die goeie ou dae! Onderwys, en veral om met die kinders in die klaskamer en op die sportveld te werk, het my groot vreugde verskaf. Die salaris was maar pateties, maar wanneer oud-skoliere jou raakloop en jou bedank of kom besoek, is dit meer werd as korale. Dit is die "blink klippies" wat geld nie kan koop nie.pine wrote: Eish oom Piet,
Was jy ook van daai wat ons laat buk het? Geseend Pine
Nadat ek afgetree het, het ek weer voor 'n klas gaan staan, maar in 2006 het ek geloop. Besef ek gaan in die tronk beland as ek sou aanhou.
Oor deesdae se onderwys kan ek 'n boek skryf? Jy lees mos baie hieroor in die pers.
Voorspoed, Pine.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Oom Pieter,
Dankie vir 'n Baie lekker storie wat lekker lees.
Groete
JP

Neels
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Wed Aug 31, 2011 6:25 pm
Re: Die Ou Ballie se koedoe wat weggekom het
Pieter
Baie mooi storie ,wys net wat die Grysbaarde kan vertel.