PERMITTE

Post Reply
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Dawie
Dawie wrote:...bedryfsorganisasies en CN is... ...dat die "pro" (bekwame?) manne hulle jaar-permitjies gaan kry by distriks landbou verenigings.
Is dit reeds finaal uitgesorteer hoe en deur wie die "pro" (bekwame?) manne bepaal gaan word?

Ambessa
Last edited by Ambessa on Wed Mar 31, 2010 10:56 pm, edited 1 time in total.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Ambessa wrote: Is dit reeds finaal uitgesorteer hoe en deur wie die "pro" (bekwame?) manne bepaal gaan word?
Soos ek gehoor het word die manne deur die DLV's genomineer.
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: PERMITTE

Post by LMB »

Dawie

Was jy al by die facebook groep. Jy moet daar vir ons bietjie terugvoering gee rondom jul uitstallings.

Lukas
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Dawie / almal
Dawie wrote:
Ambessa wrote: Is dit reeds finaal uitgesorteer hoe en deur wie die "pro" (bekwame?) manne bepaal gaan word?
...word die manne deur die DLV's genomineer.
Wie het die eerste permit onder die nuwe bedeling gekry?

Wie almal het reeds permitte onder die nuwe bedeling gekry?

Ambessa
Last edited by Ambessa on Fri Apr 02, 2010 7:43 am, edited 1 time in total.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Ambessa wrote: Wie het die eerste permit onder die nuwe bedeling gekry?

Wie almal het reeds permitte onder die nuwe bedeling gekry?
Ambessa

Niemand sover wat ek van weet.
My post was n.a.v. die vergadering tussen partye op die 20 Jan 2010 op Worcester waar daar glo ges? was dat die storie van die jaarpermitte vir pro's vannaf April sal begin.

Ek roer die saak aan want as daar nie gepraat word nie sal die permit storie,  soos dit nou is,  versteen en met ons bly tot die koms van die antichris.

Kojak
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

LMB wrote: Was jy al by die facebook groep. Jy moet daar vir ons bietjie terugvoering gee rondom jul uitstallings.
Lukas
Lukas

Ek het dit gesien ja.  Dis fantasties.  Ek's ongelukkig nie op vleisbroek ingeteken nie.  Ek kan nie nog daarop wees nie ek sal wegvrot agter my rekenaar.

Joseph en ek was op Beaufort-Wes laasweek.  Bietjie soos om die Gospel te bring vir 'n groep sendelinge,  die stalletjie is meer suksesvol in stede waar mense oningelig is.  Daar was 'n ou Martie Scholts of Stolts wat ook gepraat het dat ons die prentjies op 'n website of iets moet sit.  En wragtie 'n paar dae later is die ding op facebook.

Kojak
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Dawie
Dawie wrote:
Ambessa wrote:...Wie het die eerste permit onder die nuwe bedeling gekry?... ...Wie almal het reeds permitte ...gekry?
Niemand sover wat ek van weet... ...vergadering tussen partye op die 20 Jan 2010 op Worcester waar daar glo ges? was dat die storie van die jaarpermitte vir pro's vannaf April sal begin... ...want as daar nie gepraat word nie sal die permit storie,  soos dit nou is...
Ag nee, man. Wat weet ander ouens hieromtrent?

Dit is vandag reeds 2 Apr 2010. Iemand moes teen hierdie tyd reeds van die permitte gekry het - of is dit gewoon business as usual in 'n deel van die kolonie?

Ambessa
Last edited by Ambessa on Fri Apr 02, 2010 7:39 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: PERMITTE

Post by Foxcreek »

Kojak

Stel jy en Joseph nie belang om na die Royal Skou in PMB te kom met julle stalletjie nie.Dit is einde Mei, begin Junie. Ek kan jou s?, hier in KZN loop die oningeligdheid hoog. Laat weet my dan kan ek vir julle die kontak nommers kry.

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: PERMITTE

Post by LMB »

Dawie

Ek het die "opdrag" van Joseph gekry rondom die Facebook idee.
Jy moet aansluit sodat jy bietjie terugvoering kan gee rondom die uitstallings. Ons wil dit sommer ook probeer gebruik om fondse vir julle te in, daarom dat die terugvoering nodig is.

Ek het so `n idee dat die manne sukkel effe met die permit storie, die dat dit so stil is. Alles is mos ook altyd so `n paar maande agter. Niel het mos laas laat val dat die manne het hul eie agenda.

Lukas
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: PERMITTE

Post by LMB »

Ambessa

Die feit is dat as jy permitte uitneem, erken jy die stelsel. Dan bly daar mos net een uitweg en dit is om niks te doen rondom permitte.

Lukas
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: PERMITTE

Post by Biker »

HALLO

EK stem ,ek stem, ek stem saam . Die permit stelsel is op so n' klein teikengroep gemik in n' landskonteks . As daar van ons kant af niks gedoen word en net geignoreer word , mag dit dalk net n' stille dood sterf.

Amper soos spreek niks nie dan is daar niks nie of een party kan nie alleen n' argument voer nie.

BIKER
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo LMB
LMB wrote:...as jy permitte uitneem, erken jy die stelsel.
Help 'n bietjie. Het weer vinnig opgelees. Wie binne die 16 distriklandbouverenigings (bv. die sekretaris, voorsitter, ens.) is bedoel om die permitte uit te reik/te magtig?

Ambessa
Last edited by Ambessa on Mon Apr 05, 2010 10:58 pm, edited 1 time in total.
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: PERMITTE

Post by LMB »

Ambessa

Ek dink nie die detail is uitgewerk gewees nie. Daar is bloot in beginsel ooreengekom oor `n ander stelsel waar boere meer betrokke is, of dit werklik op die end so gaan realiseer is te betwyfel.  Ons sal maar moet sien wat gebeur.

Lukas
Last edited by LMB on Tue Apr 06, 2010 1:03 pm, edited 1 time in total.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Biker wrote: ...... mag dit dalk net n' stille dood sterf.
Biker

Ongelukkig kan iets wat, swart op wit, 'n bepaling is in 'n ordinansie wat jou kriminaliseer,  nie deur stilbly verdwyn nie.  Ons moet ons vryheid gebruik om ons vryhede te behou anders gaan ons dit verloor. 

Kojak

Ps. AWK Streekkongres 14de hier by ons,  sal weer die sakie aanroer..
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo LMB / Dawie / Biker / almal
Dawie wrote:
Biker wrote:...... mag dit dalk net n' stille dood sterf.
...'n bepaling is in 'n ordinansie wat jou kriminaliseer,  nie deur stilbly verdwyn nie.
Hoe is dit moontlik dat hierdie aksie so in vergetelheid kan verdwyn? Dit is nou reeds 6 April 2010 (Oom Jan en Tannie Maria het op die dag lank, lank terug in die einste Kaap geland) en daar is nie 'n stelsel in plek soos in die pers aangekondig nie?

Jag ouens nou op "eie verantwoordelikheid"? Vra maar net...

Ambessa
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: PERMITTE

Post by LMB »

Ambessa

Jy krap nou waar dit nie jik nie.......LOL

Onthou die Dept van Landbou het ook nog niks konstruktief op die tafel waarvan ek bewus is nie. Ons kla al baie jare. Ek is seker as 'Oom Jan' weet wat vandag aangaan praat die kanonne weer hard.....

Ek wil saam met Dawie stem, van stilbly het die Jakkals en Rooikatte bedreigde spesies geword, en die slagyster wat al vir 300 jaar wettig is skielik onwettig. As jou buurman of jou werker jou gaan aangee van `n onwettige aksie is jy onwettig, punt.

Lukas
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Julle

Ek weet Niel Viljoen het al 'n lys vir DLV Voorsitters laat invul met name van ouens in hulle distrikte wat 'n betroubare nagskiet diens lewer vir veeboere.  Dit was 'n poging van homself en nie 'n instansie nie (mag verkeerd wees).  Hy boer nie in die Weskaap nie,  maar het dit hier ook laat invul.  Dis sodat as daar begin praat word ons iets op die tafel het.....oulik van hom n?. 

Kojak
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: PERMITTE

Post by Christo »

Dawie wrote: Julle

Ek weet Niel Viljoen het al 'n lys vir DLV Voorsitters laat invul met name van ouens in hulle distrikte wat 'n betroubare nagskiet diens lewer vir veeboere.  Dit was 'n poging van homself en nie 'n instansie nie (mag verkeerd wees).  Hy boer nie in die Weskaap nie,  maar het dit hier ook laat invul.  Dis sodat as daar begin praat word ons iets op die tafel het.....oulik van hom n?. 

Kojak
Telly

My probleem is ek sien nie my naam daar op die lys nie.!!!!!!
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Christo / Dawie
Christo wrote:
Dawie wrote:...'n lys vir DLV Voorsitters laat invul met name van ouens in hulle distrikte wat 'n betroubare nagskiet diens lewer vir veeboere.
My probleem is ek sien nie my naam daar op die lys nie.!!!!!!
Sien waarom ek hierdie vrae aanhoudend bly vra? Waar kry mens insae in die lyste?

Ambessa
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: PERMITTE

Post by Christo »

Ambessa wrote:
Sien waarom ek hierdie vrae aanhoudend bly vra? Waar kry mens insae in die lyste?

Ambessa
Ambessa, ek sal ook wil weet, my post is eintlik "hipoteties" ?? bedoel

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Christo
Christo wrote:...sal ook wil weet, my post is eintlik "hipoteties" ?? bedoel
Net so.

Ambessa
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Hallo

Vandag vergader AgriWeskaap en Capenature oor die permit besigheid weer.  Dis nou oor die jaarpermitte vir bekwame manne.  Wag in spanning oor wat daar besluit gaan word.  Nog 'n wortel voor die neus om fokus te verskuif en tyd te mors.  Intussen word die boer se basiese reg om sy eiendom te beskerm vertrap en staan hy 'n kans om sy wapens en voertuig te verloor.  En daarna in 'n tronk gesodomiseer te word. 

Manne in die ander Provinsies,  smaak my die klas wetgewing is op pad vir julle ook. 

Cheers

Kojak

Ps.  Die besigheid is 'n pot snot
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: PERMITTE

Post by Wielie Waps »

Het vanoggend met 'n persoon by Vrystaat wetstoepassing gepraat en ons moet ook permitte uitneem as ons by ander boere "profesioneel" wil jag. Iets soos 'n jaglisensie.
Geroer-nie geskud nie
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: PERMITTE

Post by Caller »

Wielie Waps

Ek dink jy het iewers iets nie reg verstaan nie. PM my dan help ek jou reg indien jy nog iets oor die Vrystaatse wetgewing wil weet. Net ter inligting vir almal.

Jy het net die grondeienaar se toestemming nodig om o.a. JAKKALSE en ROOIKATTE op iemand se grond te jag in die Vrystaat met 'n roepapparaat. Geen permit of jaglisensie nie!!!

As jy GEWONE WILD op iemand anders se grond as jou eie wil jag, het jy 'n jaglisensie nodig plus sy skriftelike toestemming en dan moet die  jagseisoen oop wees. Vir nagskiet op GEWONE WILD het jy ook nog 'n nagskiet permit nodig.

Met ander beheermetodes moes jy nog altyd (al die jare) 'n permit gehad het om op iemand anders se grond te jag. Jy kry 'n permit vir 'n jaar en hoef nie vir elke aksie 'n permit te he nie.

'n Lisensie en 'n permit is twee heeltemal verskillende dokumente!!!!

Daar word beplan om permitte in te stel vir SPESIALIS JAGTERS met die roepmetode. Die permitte sal dien om die jagter (persoon) te kwalifiseer en nie elke jagaksie nie. M.a.w. die spesialis jagter kry 'n permit wat vir 'n jaar geldig is, om te mag jag. Hy hoef nie 'n permit vir elke jagaksie te he nie.

Die rede vir bogenoemde PERMITTE is dat ons kan seker maak die jagter weet hoe om die spesifieke beheermetode waarvoor hy 'n permit wil he, reg te gebruik. Dus, as die grondeienaar sien die jagter het 'n permit, dan weet hy Natuurbewaring het die man ten minste geevalueer en geskik bevind om die metode reg te gebruik. Dus probeer ons die natuur en die grondeienaar te beskerm teen die onoordeelkundige aanwending van beheermetodes.

Gewoonlik lewer ons nuwe aansoekkers se permitte met die hand af indien moontlik en doen dan sommaar inspeksie op sy torusting en gee soms sommaar ook bietjie opleiding en raad en help die man om meer effektief te wees.

Dus is ons permitstelsel bedoel om die probleemdier jagters te reguleer en nie om hulle rond te @#&*! nie.

Groete

Caller
Last edited by Caller on Sun May 02, 2010 8:57 pm, edited 1 time in total.
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: PERMITTE

Post by Foxhound »

dankie caller

die inligting is handig te pas

groete
Dassie
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
Post Reply