Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
jakkie 735 wrote:
Louis...My Fury is vir my net een groot plesier en verbaas my elke dag!!
...Ek het 'n tyd gelede dagroep gedoen. My Fury het 30 meter van my af gestaan, 3 meter laer as wat ek gesit het teen 'n kop. Ek het agter 'n groot klip gesit en as ek play druk dan speel die klank. Ek dink die Fury is 'n leka "tool"! Dis my ondervinding...
Jakkie735
Ek is bly jy put soveel vreugde uit jou Fury. Wat ek nog onder die knie moet kry is hoe om daardie "sequences" te programeer. Wonder of iemand my daarmee kan help? Die instruksie boekie is seker vir meer geletterde mense geskryf, maar ek maak nie hond haar af met die programering van die "sequences" nie. En dit is juis die "feature" waarin ek belangstel by die Fury.
Groete
Louis
Ns. Kon julle nie maar in my afwesigheid vir my ook so bietjie reent gespaar het nie? Ek hoor Kuduberg het hierdie rondte lelik uitgemis.
jakkie 735 wrote:
...Klein Karas het so van 32 tot 55mm helfte van die plaas reent gekry...
Jakkie735
Dit is maar goed ek was hierdie kant, want so 'n jaloersbui sou my hart nie oorleef het nie. S? maar as daar 'n veldjie te huur is. Maar volgens jou teorie oor die weer in die eerste paar dae van Januarie, beteken dit darem mos dat die reenseisoen nie te sleg gaan wees nie?
Ek het 'n Foxpro SPITFIRE gekoop en die besigheid werk goed, ek kry egter nie 'n duiwel my eie klanke gelaai nie, die boekie s? gaan na Gofoxpro se site en click op program.php, nie 'n manier, die file is "restricted", dus kan ek nie hul utility aflaai nie, ek het al als probeer, nuwe micro sd kaart, al die files oor-gerip na mp3, as ek die kaart in die foxpro sit, s? die masjien net "transfer mode" en daar stop die verdomde ding, kan jy of iemand help, die jakke skreeu my ore seer en ek sit en luister na cottontail distress.
Groete
KS1WP
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek!
Jip, eerste track 000 spasie en dan die naam, so het ek gemaak tot 023, wat veronderstel is om die laaste track te wees! Al my files weer ge-rip na MP3, nuwe micro sd kaart, die caller gaan deur die motions en dan hang hy op TRANSFER MODE.
Baie frustrerend, soos heelnag in veld sit en as dit by skiet kom, ontdek jou geweer se slot is in die kluis!!
Groete
KS1WP
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek!
KS1WP
As jy by allen gekoop het is daar so nblou kabel by. plug in by remote en roper en op remote sal staan turn on caller. sit caller aan remote sal nou se transfer mode. hou so vir 10sek. trek die kabel uit by caller en dan by remote en hou jou send knoppie in. remote sal dan se transfer complete los send knop en scroll af na jou klanke. hulle behoort dan te werk.
hoop jy kom reg
rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
Jammer maat, kan jou nie help nie, het nog nooit n Spitfire gesien nie, as dit n FX3 was, het ek jou gou reggesien.
Bel vi Allen Truter, hy is op die ball met die Spitfire, of luister ma na Rooies en Roelo, manne wat sulke roepers het sal jou kan help, hoop jy kom reg.
Dankie Francois vir jou inset, Rooies, ook aan jou, ek het dit op die harde manier geleer, maar presies soos jy voorstel. Dit werk, erg tot my verligting, resultaat, skaapvanger in Montagu omgewing jakkalshemel toe.
Groete
KS 1 WP
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek!
Gister met AllenT gepraat, daar is darem eergister 65 Spitfire's aan hom toestaan vanaf Foxpro Amerika en dit is alreeds oppad. Gou spring as jy ene wil h?. Die meeste is alreeds op order. Foxpro was op die 1ste Januarie hierdie jaar 2 300 eenhede van die Spitfire agter op bestellings en is nou eers weer in 'n posisie om van die goed na ons kant toe te stuur.
Jackalpro en Allen vra om verskoning vir die ongerief wat die "back log" veroorsaak het. Daar is ook Fx3 en Fury's bekikbaar.
Hier is die eerste roep se resultate. Ons het eintlik vier geskiet, maar een gekweste een het iewers gaan vrek. Ek (agter) het die roepwerk gedoen en jagmaat Albertus het geskiet.
Goed om van jou te hoor. Mooi jakkalse man. Pas die 3poot se skroef in die Spitfire? Lekker as die roeper so voet of 2 hoog staan, Klink net vir my of die klank suiwerder is. Ag, jy moet maar die skietwerk ook doen, sal daar mos nie gekwesdes wees nie.
Darie Spitfire is 'n wonderlike stukkie roeper. My Fx3 gaan nie eers meer saam nie. Die Fury en Fx5 is baie goeie roepers met 'n klomp nuttige funksies en ook goeie klank. My vingers is maar krom en dik, so die Spitfire werk lekker vir my met die groot keybord. Die ding het ook nie antennas wat kan breek as dit so baie val soos myne nie.
My Spitfire het Dinsdag geland, ek's besig om die manuel op te lees oor hoe om die stukkie toerusting deur sy passies te neem en daarna moet die artelerie gelaai word vir die groot veldslagting-hopelik die naweek. Moet saam stem Taffie, daai remote is lekker en hy pas so mooi in die Bosvark se remote "bracket"...
Meer as dit kan ek nie nou kwyt raak nie, sal julle op hoogte hou van hoe die prestasie toets vorder.
Ja, die SPITFIRE se voetstuk is standaard vir 'n kamera driepoot. Dit is een van die redes dat ek die SPITFIRE so laaik. Die driepoot in die foto is 'n ou driepootjie wat in die kas gele het en nou goed te pas kom. Hy kan darrem verstel tot so 1.5 meter, maar opgevou is hy maar so 25 cm lank en pas lekker in my rugsak vir dagroep. Hy en die SPITFIRE is nou permanent maaitjies.
Ek hou daarvan om my roeper in die nag hoog te plaas, dan trek die klank lekker ver en slaan nie teen bossies of gras vas nie.
Ambessa
Aai ou ambessa, ek was bang jy "corner" my met die info. Ek pleit skuldig man. Kan darrem noem dat die drie aldrie tewe is. Twee sussies (jonk/ laasjaar se broeisels) en hulle se mammatjie (2 jaar). Ons was eintlik agter die pappa aan. Hy ontduik ons nou al vir twee jaar en vat elke keer vir hom 'n ander wyfie. Op 'n dag gaan hy nog 'n foudjie maak.
Nee, ek was nie van plan om te jag nie en het geen toerusting byderhand gehad nie, maar toe my jagmater vra om saam te gaan, kon ek mos nie weier nie. Die SPITFIRE was toevallig byderhand, want ek wou sy maksimum afstand bietjie toets, sommaar in die straat.