Hoë bloeddruk is gevaarliker as wat jy dink

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
Post Reply
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Hoë bloeddruk is gevaarliker as wat jy dink

Post by FHM »

Hoë bloeddruk is gevaarliker as wat jy dink
(Mari Hudson, Health24)


Meer Suid-Afrikaners sterf aan hartsiektes as aan vigs. Meer as 6 miljoen Suid-Afrikaners ly aan hoë bloeddruk, ‘n groot hart-risikofaktor, en dié syfer neem toe.
Tog ontvang slegs een uit elke vyf bloeddruk-lyers behandeling. Selfs diegene wie wel behandeling ontvang, se bloeddruk word nie in alle gevalle voldoende beheer nie.

Hoë bloeddruk is een van die grootste risikofaktore vir hartaanvalle en vir beroerte. Bloeddruk hang af van die hoeveelheid bloed wat die hart met elke sametrekking uitpomp, en hoe maklik dié bloed deur selfs die kleinste bloedvate kan vloei. Hoe nouer die bloedvate, des te moeiliker vloei die bloed daardeur en hoe hoër die bloeddruk. In baie gevalle waar dokters wel hoë bloeddruk opgespoor het en die pasiënt behandeling ontvang, word die pasiënt se bloeddruk nie naastenby so goed beheer as wat nodig is nie. Anders as wat baie mense dink ontstaan hoë bloeddruk dikwels in jonger mense.

Wanneer is bloeddruk hoog?
Navorsers reken normale bloeddruk is so hoog as 130/85mmHg, met die hoogste grens van normaal as 140/90 mm Hg. Anders as wat dokters jare lank gereken het, word bloeddruk nie goed genoeg beheer indien dit nie met behandeling laer is 140/90mmHg nie.

Die omvang
Verskeie gemeenskapstudies deur die Mediese Navorsingsraad (MNR) toon dat een uit elke vier mense tussen 15 en 64 jaar aan hoë bloeddruk ly. Ongesonde lewenstylgewoontes en verkeerde eetgewoontes speel ‘n groot rol in hoë bloeddruk, volgens dr. Krisela Steyn, MNR-navorser en projekleier van talle bloeddruk-studies. Die voorkoms van hoë bloeddruk is ook besig om vinnig onder die swart bevolking toe te neem namate dié groep verstedelik, en algaande westerse eetpatrone en lewenswyses aanleer.
Maar meer as 6.2 miljoen Suid-Afrikaners se bloeddruk is hoër as 140/90mmHg. Meer as 3,2 miljoen van dié bloeddruklyers se bloeddruk is hoër as 160/95mmHg, vlak wat onaanvaarbaar hoog is volgens navorsers.

Wie het ‘n risiko?
‘n Familiegeskiedenis (‘n broer/suster/pa/ma met hoë bloeddruk, hartprobleme of beroerte), hoë bloedcholesterolvlakke, diabetes, verkeerde eetpatrone , te hoë alkohol-inname (meer as twee drankies daagliks), oorgewig en gebrek aan oefening is baie sterk invloede. Die gebruik van die Pil, steroïede soos kortisoon en anti-inflammatoriese middels asook rook kan ook ‘n mens se bloeddruk verhoog.

Die gevolge
Mense met hoë bloeddruk kan jare lank heeltemal gesond voel omdat hulle harte, niere en brein vir lang periodes die hoër bloeddruk kan verduur. Dit beteken egter nie dat dié organe nie geleidelik benadeel en beskadig word nie. Indien hoë bloeddruk nie behandel word nie, verswak die hart (met simptome soos moegheid, kortasemheid en geswelde enkels), en dit kan ook die bloedvate na die hart, brein, oë, niere en bene gouer laat vernou. Dié vernoude vate kan gouer tot hartaanvalle, beroerte, blindheid, nierskade en ander lewensgevaarlike probleme lei.

Die behandeling
Hoë bloeddruk is slegs onder beheer as dit deur behandeling laer as 140/90mmHg gehou word. Baie dokters reken verkeerdelik dat vlakke van 160/95mmHg goeie beheer is, maar bloeddruk bo 140/90mmHg kan geleidelik orgaanskade veroorsaak.
Volgens ‘n onlangse MNR-studie ignoreer baie dokters die SA Hipertensie Vereniging se riglyne vir die doeltreffendste bloeddrukmiddels, en skryf hulle té maklik nuwer bloeddrukmiddels (ACE-onderdrukkers en kalsium-antagoniste) voor al het studies nog nie bewys dat dié middels die langtermyn-komplikasies van hoë bloeddruk doeltreffend verminder nie.
Mense wat hul medikasie staak weens onaangename newe-effekte moet bewus wees van die gevolge van onbeheerde hoë bloeddruk.
Hoë bloeddruk kan in die meeste gevalle goed beheer word deur medikasie tesame met ‘n gesonde dieet, gewigsverlies vir die oorgewig mense, voldoende matige oefening, beperking van alkohol-inname en rookstaking.
Last edited by FHM on Fri Jan 11, 2013 1:45 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Hoë bloeddruk is gevaarliker as wat jy dink

Post by SV MAD (Henk) »

Deur net 5kg te verloor kan jou bloeddruk al baie daal.

Natuurlik ook, hoe meer water jy drink, hoe laer jou bloeddruk. Die baie water spoel die Natrium uit jou sisteem. Natrium is 1 van die groot sondebokke as dit kom by bloeddruk. Natrium word aangetref in sout veral (NaCl), of soos ons baie hou, in ons biltong.
ek soek nog wapens...
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1093
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

Re: Hoë bloeddruk is gevaarliker as wat jy dink

Post by Dries Skiet »

Jy raak n ernstige ding hier aan. Ek was amper groot jag veld toe. 160/120, my sig het weg geraak en kon nie reguit dink nie, benoud, kort asem, bors pyn. Dokter het my goed uit getrap. Nou is ek weer 120/90. Ek drink nou elke dag n ou pillietjie 40mg Pritor en dink aan my meisiekind van 11 maande wat ek moet groot maak.

Manne jy speel nie met bloed druk nie, hy blaas jou kersie gou gou uit.
Dries van Lingen.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Hoë bloeddruk is gevaarliker as wat jy dink

Post by SV MAD (Henk) »

Manne, deur net bietjie aktief te wees kan jy gemaklik jou BD beheer sonder pilletjies ens.

Ek het 1 dag gaan bloedskenk en toe se die nurse 140/100. not te hel, se ek vir haar. Sy vat die 3 keer, 140/100.

net daar het ek besluit ek gaan nie 'n hartaanval of 'n beroerte statistiek word nie.

Dis nou 3 maande later, met regte dieet en oefenplan het ek gewig verloor en my bloeddruk is nou 113/68. Perfek. Voel baie goed en het hope energie.

Deur net 'n bietjie elke dag te doen (oefen, al is dit vinnige stap vir 30 min dat jy lekker sweet opbou), kan jou al baie baie help. moenie die gevaartekens mis nie.
ek soek nog wapens...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hoë bloeddruk is gevaarliker as wat jy dink

Post by Gerhard »

Ook een van die redes hoekom ek oefen.

Ek is so op die drempel van hoe bloeddruk.

Een van my frustrasies nou is sukkel met energie.

Die batery is gedurig pap.

Die oefen is nou daar en ek het nou my eet plan gekry en dan behoort dinge binne kort weer beter te gaan.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply