Saboteer alkohol dalk jou dieet?
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Saboteer alkohol dalk jou dieet?
Saboteer alkohol dalk jou dieet?
(Dr. IV van Heerden, DietDoc)
As jy probeer om gewig te verloor, is dit beter om alkohol heeltemal te vermy, sê DietDoc. As jy egter nog nou en dan 'n drankie wil geniet, volg hierdie dieet-vriendelike wenke.
My lesers peper my deesdae met vrae oor die energie-inhoud van alkoholiese drankies. Die meeste mense vra: "Watter alkoholiese drankie is beter vir my as ek op 'n gewigsverlies-dieet is, Whisky en Coke of 'n glas droë witwyn?"
Die basiese antwoord, wat die meeste van julle eintlik maar te goed besef, is dat dit beter is om alle alkohol te vermy wanneer jy gewig wil verloor. Daarbenewens neig mense om te vergeet dat daar baie nie-alkoholiese drankies is wat ook die kilo's kan laat inrol. So, kom ons kyk weer 'n slag na alkohol en ander drank, en na jou pogings om gewig te verloor.
Energie-inhoud van alkoholiese drankies
Hou altyd in gedagte dat alkohol 29kJ per gram of ml bevat, wat dít, ná vet, wat 'n allemintige 37kJ per gram bevat, per volume die tweede gevaarlikste bydraer tot jou daaglikse energieinname maak. In vergelyking hiermee is proteïene (17kJ/g) en die gewraakte koolhidrate (16kJ/g) redelik skadeloos.
Vier aspekte
Die volgende vier aspekte sal bepaal hoeveel energie jou liggaam absorbeer wanneer jy alkohol drink:
Die basiese alkoholinhoud van die drankie. Hoe hoër die alkoholkonsentrasie, hoe hoër die kilojoule-inhoud. Byvoorbeeld: die meeste tipes wyn het 'n alkoholinhoud van 9.4% 'w/w' en voorsien 300kJ/100g, terwyl spiritualieë soos whisky, brandewyn, 'cane', vodka en rum 13% alkohol 'w/w' bevat en 1,044kJ/100g (3 keer meer energie as wyn per 100ml).
Die volume van die drankie per bediening. Oor die algemeen bevat 'n glas wyn omtrent 120ml, wat gelykstaande is aan 360kJ, terwyl 'n metriese sopie hardehout net 25ml is, wat 261kJ voorsien. So, as jy whisky met water en ys drink, absorbeer jy byna 100kJ minder, vergeleke met daardie glas wyn! Dit is ook logies dat hoe meer sopies of glase alkohol jy per dag drink, hoe hoër jou energieinname.
Wat jy by jou alkohol voeg. As jy water, ys, sodawater, gebottelde water of kunsmatig-versoete koeldrank by jou sopie hardehout gooi, sal dit die energie-inhoud nie verhoog nie, maar sodra jy iets byvoeg wat met suiker versoet is, sal jy outomaties die energie-inhoud verhoog. Byvoorbeeld 200ml standaard koeldrank met koolsuurgas (350kJ) saam met jou spiritualieë stoot die energie-inhoud tot 611kJ op – byna dubbel die energie in die glas wyn.
Ander komponente van alkoholiese drank wat die energie-inhoud daarvan verhoog. Suiker is gewoonlik die hoofsondebok wat die kJ-inhoud van jou gunsteling drankie verhoog. Al die baie soet, gekonsentreerde drankies soos muskadel, port en sjerrie bevat ongeveer 580kJ per 100ml en likeur is die heel hoogste met 1,440kJ/100ml. Daarenteen bevat die droër, minder soet en gekonsentreerde drankies soos droë of medium sjerrie en Vermouth minder energie (450kJ/100ml). Onthou, net twee klein 50ml glasies sjerrie of likeur is alreeds 100ml en voeg byna 1,500kJ by jou dieet by.
Drank-aanbevelings
Gebaseer op bostaande, is dit logies dat die volgende reëls jou sal help om nie oorboord te gaan met kJ wanneer jy alkohol drink nie:
Kies drankies met 'n lae alkohol-inhoud.
Drink klein hoeveelhede.
Moenie jou alkohol met energie-belaaide koeldranke meng nie.
Vermy hoogs gekonsentreerde alkoholiese drank soos port, muskadel, soet sjerrie en likeur.
Moenie elke dag drink nie – dit sal keer dat jy jou dieet saboteer, en alkoholverslawing verhoed.
Verdun jou alkoholiese drankies met zero-energie byvoegsels soos water, ys, sodawater of kunsmatig-versoete koeldranke.
Wat van 'ligte' biere?
Dit is hoogs in die mode deesdae om sogenaamde 'light' of 'laer energie' biere te drink. Sulke biere het 'n effens verlaagde energie-inhoud, maar die energiebesparing is nie massief nie. In vergelyking met die standaard Castle Lager met 'n energie-inhoud van 168kJ/100ml, bevat Castle Light 129kJ/100ml – dus 'n besparing van ongeveer 40kJ per 100ml of 136kJ per 340ml blikkie.
Die probleem is wanneer jy 'Light' biere drink, jy onbewustelik in die versoeking mag kom om groter hoeveelhede op 'n slag te drink as wat jy andersins sou doen. Jy voel gerusgestel deur 'n valse sin van sekuriteit omdat dat jy 'n verlaagde-energie-drankie drink, en jy mag dalk 1 of 2 ekstra blikkies drink en sodoende op die ou end meer energie inneem as wanneer jy minder blikkies standaard bier drink. (Ag, is dit nie vreeslik hoe ons onsself om die bos lei nie!)
Ander drank-slagysters
Terwyl ons oor drankies en dieet praat, is dit belangrik om in gedagte te hou dat vrugtesap ook energie bevat. Net omdat vrugtesap gesond is, beteken dit nie dat jy onbeperkte hoeveelhede kan drink terwyl jy probeer om gewig te verloor nie. Ook nie onder normale omstandighede nie.
"Ek drink nooit versoete koeldrank nie, net gesonde vrugtesap!" Dit is 'n stelling wat 'n mens gereeld hoor en is nog 'n voorbeeld van selfbedrog. Populêre vrugtesappe soos appel of druiwesap het 'n gemiddelde energie-inhoud van omtrent 220kJ per 100ml (soeter sappe soos druiwesap het 'n effens hoër energie-inhoud, terwyl onversoete pomelosap effens minder kJ het). As jy 'n standaard 300ml glas vrugtesap drink, is dit 660kJ energie, wat 10,5% van jou daaglikse energie-inname verteenwoordig as jy 'n vrou is en 7.9% as jy 'n man is – en nie gewig probeer aansit of verloor nie.
Die probleem met fruktose
Nog 'n probleem met vrugtesap in groot hoeveelhede is dat hierdie sappe baie fruktose (vrugtesuiker) bevat. Party navorsers glo dat die astronomiese verhoging in fruktose-inname wat deur die verandering in die drinkgewoontes van ons moderne samelewing dalk verantwoordelik mag wees vir die epidemie van vetsugtigheid met al sy meegaande kwale (insulien weerstandigheid en tipe 2 diabetes; metaboliese sindroom; verhoogde bloedvetvlakke, veral verhoogde trigliseriede; jig, aangesien fruktose die enigste soort suiker is wat bloed-uriensuur-vlakke verhoog; niersiekte, vetterige lewer, ens.) (Van Heerden, 2011)
Verstandige aanbevelings is dat ons ons inname van vloeibare fruktose moet dophou en nie die hele dag lank glase vrugtesap moet drink nie. Dieselfde is van toepassing op ons kinders. In plaas daarvan om ons kinders liters vrugtesap te gee, moedig hulle aan om liewer suiwer water of laevet melk te drink.
Matigheid is moontlik die beste riglyn. As jy alkohol nie heeltemal kan vermy wanneer jy op 'n dieet is nie, drink baie versigtig en probeer om die bogenoemde aanbevelings toe te pas, om te verhoed dat jy jou dieet saboteer. Moet ook nie jou fruktose-inname oordoen deur elke dag liters vrugtesap te drink nie.
Enige vrae? Vra vir DietDoc

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Saboteer alkohol dalk jou dieet?
Nee, my dieet is alkohol 
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Saboteer alkohol dalk jou dieet?
Ek weet dit klink baie erg, maar eintlik is alkohol n toksien wat jy in jou liggaam sit. Nou moet jou liggaam hard werk om dit uit te skei
ek soek nog wapens...
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Saboteer alkohol dalk jou dieet?
Hoe sê Koos Barnard altyd: "Julle dink te veel en skiet te min".
Ek dink die girl dink te veel en drink te min
Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Saboteer alkohol dalk jou dieet?
FHM
Jy skryf oor bloeddruk, oor middeljarigheidskrisisse, oor alkohol en dieet, oor mans wat korter leef as vroue, goed wat giftig is, vetsug, irritasies van vroumense, kos en nog ander goed.
Is jy 'n mediese dokter of 'n dieetkundige of 'n sielkundige of wat?
Het jy gewere ook?
Jy skryf oor bloeddruk, oor middeljarigheidskrisisse, oor alkohol en dieet, oor mans wat korter leef as vroue, goed wat giftig is, vetsug, irritasies van vroumense, kos en nog ander goed.
Is jy 'n mediese dokter of 'n dieetkundige of 'n sielkundige of wat?
Het jy gewere ook?
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Saboteer alkohol dalk jou dieet?
Nee o genade oom Pieter nie!!!

Jy sal sien die artikkels wat ek pos kom uit Health 24 uit en sover moontlik sit ek die skrywers se name net onder die onderwerpe.
Ek wissel maar die artikkels af wat ek plaas, wil nie net oor dieet en vet pos nie - maak myself depresief!
So ek pos maar wat ek reken interressant sal wees vir van die manne!
Groete
Francois
Jy sal sien die artikkels wat ek pos kom uit Health 24 uit en sover moontlik sit ek die skrywers se name net onder die onderwerpe.
Ek wissel maar die artikkels af wat ek plaas, wil nie net oor dieet en vet pos nie - maak myself depresief!
So ek pos maar wat ek reken interressant sal wees vir van die manne!
Groete
Francois
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Saboteer alkohol dalk jou dieet?
Die een wat die artikel hierbo geskryf het, Dr. IV (Ingrid) van Heerden, DietDocSV MAD (Henk) wrote: Watse girl?
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Frikkie die Rot
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm
Re: Saboteer alkohol dalk jou dieet?
Baie dankie vir die linligting.
Die vrou het sopas bewys dat jy meer bier kan drink as vrugtesap as jy op 'n dieet is. Bier 168kj/100ml en vrugtesap 220kj/100ml!

'n Vrou so na my hart!

Frikadel
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Mon Mar 31, 2014 11:15 am
Re: Saboteer alkohol dalk jou dieet?
Ek mis n ou drinker met n ernstige jag probleem!! 
Net een gunne, 30.Sukses! Howa Harvest Moon!
-
Rappie
- Full Member

- Posts: 166
- Joined: Mon Jul 14, 2014 4:03 pm
Re: Saboteer alkohol dalk jou dieet?
Lyk my as n ou die Coke uitskakel en vervang met water dan doen jy jou deel tov n dieet poging.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13574
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Saboteer alkohol dalk jou dieet?
Rappie wrote:Lyk my as n ou die Coke uitskakel en vervang met water dan doen jy jou deel tov n dieet poging.
Baie ys help ook
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Saboteer alkohol dalk jou dieet?
Die wat ons nie so oorgewig is soos die amerikaners nie. Ons is 'n nasie van drinkers.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- Bulvegter
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Mon Feb 18, 2013 2:10 pm
Re: Saboteer alkohol dalk jou dieet?
FHM wrote:Saboteer alkohol dalk jou dieet?
(Dr. IV van Heerden, DietDoc)
As jy probeer om gewig te verloor, is dit beter om alkohol heeltemal te vermy, sê DietDoc. As jy egter nog nou en dan 'n drankie wil geniet, volg hierdie dieet-vriendelike wenke.
My lesers peper my deesdae met vrae oor die energie-inhoud van alkoholiese drankies. Die meeste mense vra: "Watter alkoholiese drankie is beter vir my as ek op 'n gewigsverlies-dieet is, Whisky en Coke of 'n glas droë witwyn?"
Die basiese antwoord, wat die meeste van julle eintlik maar te goed besef, is dat dit beter is om alle alkohol te vermy wanneer jy gewig wil verloor. Daarbenewens neig mense om te vergeet dat daar baie nie-alkoholiese drankies is wat ook die kilo's kan laat inrol. So, kom ons kyk weer 'n slag na alkohol en ander drank, en na jou pogings om gewig te verloor.
Energie-inhoud van alkoholiese drankies
Hou altyd in gedagte dat alkohol 29kJ per gram of ml bevat, wat dít, ná vet, wat 'n allemintige 37kJ per gram bevat, per volume die tweede gevaarlikste bydraer tot jou daaglikse energieinname maak. In vergelyking hiermee is proteïene (17kJ/g) en die gewraakte koolhidrate (16kJ/g) redelik skadeloos.
Vier aspekte
Die volgende vier aspekte sal bepaal hoeveel energie jou liggaam absorbeer wanneer jy alkohol drink:
Die basiese alkoholinhoud van die drankie. Hoe hoër die alkoholkonsentrasie, hoe hoër die kilojoule-inhoud. Byvoorbeeld: die meeste tipes wyn het 'n alkoholinhoud van 9.4% 'w/w' en voorsien 300kJ/100g, terwyl spiritualieë soos whisky, brandewyn, 'cane', vodka en rum 13% alkohol 'w/w' bevat en 1,044kJ/100g (3 keer meer energie as wyn per 100ml).
Die volume van die drankie per bediening. Oor die algemeen bevat 'n glas wyn omtrent 120ml, wat gelykstaande is aan 360kJ, terwyl 'n metriese sopie hardehout net 25ml is, wat 261kJ voorsien. So, as jy whisky met water en ys drink, absorbeer jy byna 100kJ minder, vergeleke met daardie glas wyn! Dit is ook logies dat hoe meer sopies of glase alkohol jy per dag drink, hoe hoër jou energieinname.
Wat jy by jou alkohol voeg. As jy water, ys, sodawater, gebottelde water of kunsmatig-versoete koeldrank by jou sopie hardehout gooi, sal dit die energie-inhoud nie verhoog nie, maar sodra jy iets byvoeg wat met suiker versoet is, sal jy outomaties die energie-inhoud verhoog. Byvoorbeeld 200ml standaard koeldrank met koolsuurgas (350kJ) saam met jou spiritualieë stoot die energie-inhoud tot 611kJ op – byna dubbel die energie in die glas wyn.
Ander komponente van alkoholiese drank wat die energie-inhoud daarvan verhoog. Suiker is gewoonlik die hoofsondebok wat die kJ-inhoud van jou gunsteling drankie verhoog. Al die baie soet, gekonsentreerde drankies soos muskadel, port en sjerrie bevat ongeveer 580kJ per 100ml en likeur is die heel hoogste met 1,440kJ/100ml. Daarenteen bevat die droër, minder soet en gekonsentreerde drankies soos droë of medium sjerrie en Vermouth minder energie (450kJ/100ml). Onthou, net twee klein 50ml glasies sjerrie of likeur is alreeds 100ml en voeg byna 1,500kJ by jou dieet by.
Drank-aanbevelings
Gebaseer op bostaande, is dit logies dat die volgende reëls jou sal help om nie oorboord te gaan met kJ wanneer jy alkohol drink nie:
Kies drankies met 'n lae alkohol-inhoud.
Drink klein hoeveelhede.
Moenie jou alkohol met energie-belaaide koeldranke meng nie.
Vermy hoogs gekonsentreerde alkoholiese drank soos port, muskadel, soet sjerrie en likeur.
Moenie elke dag drink nie – dit sal keer dat jy jou dieet saboteer, en alkoholverslawing verhoed.
Verdun jou alkoholiese drankies met zero-energie byvoegsels soos water, ys, sodawater of kunsmatig-versoete koeldranke.
Wat van 'ligte' biere?
Dit is hoogs in die mode deesdae om sogenaamde 'light' of 'laer energie' biere te drink. Sulke biere het 'n effens verlaagde energie-inhoud, maar die energiebesparing is nie massief nie. In vergelyking met die standaard Castle Lager met 'n energie-inhoud van 168kJ/100ml, bevat Castle Light 129kJ/100ml – dus 'n besparing van ongeveer 40kJ per 100ml of 136kJ per 340ml blikkie.
Die probleem is wanneer jy 'Light' biere drink, jy onbewustelik in die versoeking mag kom om groter hoeveelhede op 'n slag te drink as wat jy andersins sou doen. Jy voel gerusgestel deur 'n valse sin van sekuriteit omdat dat jy 'n verlaagde-energie-drankie drink, en jy mag dalk 1 of 2 ekstra blikkies drink en sodoende op die ou end meer energie inneem as wanneer jy minder blikkies standaard bier drink. (Ag, is dit nie vreeslik hoe ons onsself om die bos lei nie!)
Ander drank-slagysters
Terwyl ons oor drankies en dieet praat, is dit belangrik om in gedagte te hou dat vrugtesap ook energie bevat. Net omdat vrugtesap gesond is, beteken dit nie dat jy onbeperkte hoeveelhede kan drink terwyl jy probeer om gewig te verloor nie. Ook nie onder normale omstandighede nie.
"Ek drink nooit versoete koeldrank nie, net gesonde vrugtesap!" Dit is 'n stelling wat 'n mens gereeld hoor en is nog 'n voorbeeld van selfbedrog. Populêre vrugtesappe soos appel of druiwesap het 'n gemiddelde energie-inhoud van omtrent 220kJ per 100ml (soeter sappe soos druiwesap het 'n effens hoër energie-inhoud, terwyl onversoete pomelosap effens minder kJ het). As jy 'n standaard 300ml glas vrugtesap drink, is dit 660kJ energie, wat 10,5% van jou daaglikse energie-inname verteenwoordig as jy 'n vrou is en 7.9% as jy 'n man is – en nie gewig probeer aansit of verloor nie.
Die probleem met fruktose
Nog 'n probleem met vrugtesap in groot hoeveelhede is dat hierdie sappe baie fruktose (vrugtesuiker) bevat. Party navorsers glo dat die astronomiese verhoging in fruktose-inname wat deur die verandering in die drinkgewoontes van ons moderne samelewing dalk verantwoordelik mag wees vir die epidemie van vetsugtigheid met al sy meegaande kwale (insulien weerstandigheid en tipe 2 diabetes; metaboliese sindroom; verhoogde bloedvetvlakke, veral verhoogde trigliseriede; jig, aangesien fruktose die enigste soort suiker is wat bloed-uriensuur-vlakke verhoog; niersiekte, vetterige lewer, ens.) (Van Heerden, 2011)
Verstandige aanbevelings is dat ons ons inname van vloeibare fruktose moet dophou en nie die hele dag lank glase vrugtesap moet drink nie. Dieselfde is van toepassing op ons kinders. In plaas daarvan om ons kinders liters vrugtesap te gee, moedig hulle aan om liewer suiwer water of laevet melk te drink.
Matigheid is moontlik die beste riglyn. As jy alkohol nie heeltemal kan vermy wanneer jy op 'n dieet is nie, drink baie versigtig en probeer om die bogenoemde aanbevelings toe te pas, om te verhoed dat jy jou dieet saboteer. Moet ook nie jou fruktose-inname oordoen deur elke dag liters vrugtesap te drink nie.
Enige vrae? Vra vir DietDoc
Volg Tim Noakes se dieet, dan kan jy elke aand 'n paar glasies wyn of Whisky met groot sukses geniet.