Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 2013

User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 2013

Post by jaracal »

Kom ervaar jag op 40 000ha (Walk & Stalk).

Biltong jag:
Ons het hierdie jaar 'n totaal van 40 pakette uitgesit vir biltong jagters:
Per jagter:(nie trofee) 1-4 jagters (verkieslik) Max 6 Jagters per slag
1 x Eland - R25-00 per kg
2 x Springbokke - R1300-00
1 x Blesbokke -R850-00
1 x vlakvark - R500-00
Ook beskikbaar - 'n klein hoeveelheid 1) jong kudu bulle R2500-00, 2) Rooihartbeeste - R2500-00 en rooiribokke - R800-00 vir die ouens wat 'n pakket boek.
Verblyf - R750-00 per jagter per nag wat slagfooi, voertuig, kos en vrugte sappe insluit. (Bier/wyn/drank vir eie rekening)
Minimum 2 dae vir 2-4 ouens (5-6 ouens 3 dae minimum) - R5000-00 deposito verseker jou plek. Wat jy nie skiet nie betaal jy nie voor nie.

Trofee jag:
5 x Trofee Eland bulle (blou bulle) beskikbaar - R20 000-00/elk
Verblyf - R750-00 per jagter per nag wat slagfooi, voertuig, kos en vrugte sappe insluit. (Bier/wyn/drank vir eie rekening)
Minimum 3 dae - Maksimum 4 persone (1-4 persone)
Ander trofees ook beskikbaar.
Julle kan my kontak by 082 4944060/0517737042 of e-pos of PM my.

Groete

Heinrich
Last edited by jaracal on Thu Jan 31, 2013 10:35 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 2013

Post by Carl »

Ek neem aan die grootbekke is verniet ;) jy ..EK (skryf nou in engels) moet net verblyf betaal. My mond water nou.
Last edited by Carl on Thu Jan 31, 2013 10:36 pm, edited 1 time in total.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein

Post by jaracal »

Hallo Carl
Moontlik moet ek so 'n pakket saamstel. Moontlik kan ek meer geld maak as met die wild lol. Ek moet my verblyf hier regverdig.
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein

Post by Carl »

Hein doen 'n McNab, ek sien  daar is manne wat so R40K vra om saam met 'n "selebretie" rugby/sanger die bok-voël-vis ding te doen. Miskien so blou bul, kolgans en dan 'n +10lb grootbek. Daai PeeH wat Blok bewonder kan die "selebre-tietie" wees.

Ek dwaal af. :angel:
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein

Post by Jean Marais »

Hallo Heinrich

Moet elke jagter die volle lysie op die pakket probeer skiet, of kan die pakette in die groep verdeel word?

Jean
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein

Post by jaracal »

Jean ek wil graag die volle pakket per jagter boek. Die eland is die belangrikste. Ek kan later ander pakkette saamstel as daar nog Springbokke ens oor is.
Hier is na die kalf seisoen meer as 500 elande en ek moet die getalle minder maak. Die ander is net om die eland pakkette bietjie lyf te gee.

Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein

Post by Jean Marais »

Dankie Heinrich. Dit maak sin. Ek is beslis in die mark vir 'n eland. Sal kyk of ek nog so 3 ander manne kan saamsleep.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein

Post by jaracal »

Ek dink ek het myself verkeerd uitgedruk.
Aantal jagters kan 1-6 wees per slag maar verkieslik 1-4.

Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein

Post by Hilux01 »

Heinrich,

Sjoe daai lyk baie aanloklik, maw, 4 dae en al die wild met n 300kg Eland werk so R12k uit...nice  ;)
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein

Post by jaracal »

jaracal wrote: Kom ervaar jag op 40 000ha (Walk & Stalk).

Biltong jag:
Ons het hierdie jaar 'n totaal van 40 pakette uitgesit vir biltong jagters:
Per jagter:(nie trofee) 1-4 jagters (verkieslik) Max 6 Jagters per slag
1 x Eland - R25-00 per kg
2 x Springbokke - R1300-00
1 x Blesbokke -R850-00
1 x vlakvark - R500-00
Ook beskikbaar - 'n klein hoeveelheid 1) jong kudu bulle R2500-00, 2) Rooihartbeeste - R2500-00 en rooiribokke - R800-00 vir die ouens wat 'n pakket boek.
Verblyf - R750-00 per jagter per nag wat slagfooi, voertuig, kos en vrugte sappe insluit. (Bier/wyn/drank vir eie rekening)
Minimum 2 dae vir 1-4 ouens (5-6 ouens 3 dae minimum) - R5000-00 deposito verseker jou plek. Wat jy nie skiet nie betaal jy nie voor nie.

Trofee jag:
5 x Trofee Eland bulle (blou bulle) beskikbaar - R20 000-00
Verblyf - R750-00 per jagter per nag wat slagfooi, voertuig, kos en vrugte sappe insluit. (Bier/wyn/drank vir eie rekening)
Minimum 3 dae - Maksimum 4 persone (1-4 persone)
Ander trofees ook beskikbaar.
Elande kan alleen ook gejag word.
Die prys per springbok is R650-00 maw R1300-00 vir die 2 in die pakket. Jammer oor die grmlin wat ingesluip het.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 2013

Post by jaracal »

Die elande loop mooi. 'n Bietjie meer as die helfte is al geboek met 'n paar ouens nog in die weegskaal. Die eland koeie slag so tussen 180 - 210kg uit en die bulle van 200 - 250 kg.

Groete

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 201

Post by Johan22 »

More Heinrich

As daar manne is wat van hulle eland vleis wil verkoop ek sal so 'n paar kilo's van sy hand kan afneem. Sal jy dit asseblief ingedagte hou

Groete
Johan22
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 201

Post by johnny »

Heinrich

Hoe word die Elande geweeg, vel aan , kop af ens ens???

groetnis

Johnny
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 201

Post by jaracal »

karakas gewig met vel aan. Kop, pote, hartslag en binnegoed uit/af
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 201

Post by grumpy »

Heinrich, jammer oor vraag maar is dit in die Vrystaat? Kan ons net Eland alleen skiet ook en prys asb.

Jy kan my maar net pm stuur en wanneer beskikbaar om te jag.

Dankie.
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 201

Post by JuanPaul »

Dagse Heinrich,
Sien jou een van die dae!!!!! kan nie wag nie!!!(Ons marlyn hengel het goed afgeloop - die interprovinsiale kompetisie gewen! en sesde uit sewe en sestig bote gekom in die SADSSA Marlyn kompetisie!!)

Groete
Juan
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 201

Post by jaracal »

Baie geluk, bly om te hoor die visvang is goed. Sien julle in Mei.

Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 201

Post by Marc »

JuanPaul wrote:Dagse Heinrich,
Sien jou een van die dae!!!!! kan nie wag nie!!!(Ons marlyn hengel het goed afgeloop - die interprovinsiale kompetisie gewen! en sesde uit sewe en sestig bote gekom in die SADSSA Marlyn kompetisie!!)

Groete
Juan
Baie geluk O0
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 201

Post by Schalk.vdB »

Môre Heinrich

Kan jy vir my die datums gee van wanneer daar nog pakkette beskikbaar is.

Groete
Schalk
SR = M
Solid rest is equal to meat
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 201

Post by jaracal »

Schalk jy het 'n PM
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 201

Post by JuanPaul »

Dagse almal,

Ons het `n baie lekker jag naweek gehad by Heinrich, en weereens dankie vir `n onvergeetlike tyd saam met goeie mense wat gasvryheid het soos min, soos ons gese het sien julle volgende jaar weer! Hier is so `n paar selfoon fotos van ons bokke!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Jacques9
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Jan 28, 2014 9:35 am

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 201

Post by Jacques9 »

More Hein,

Is daar enige van die pakkette vir die Elande beskikbaar vir 2014?

Groete Jacques
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 201

Post by jaracal »

Jacques
Sal jou eersdaags laat weet.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 201

Post by Alwyn »

Ek hou ook dop ver 2014 pakkette....
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Jag pakkette beskikbaar 150 km suid van Bloemfontein 201

Post by Roger »

Alwyn wrote:Ek hou ook dop ver 2014 pakkette....
x2
Too many to mention ;-)
Post Reply