Sneller druk

Post Reply
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Sneller druk

Post by johan »

Wat sou die idiale snellerdruk wees vir Bv jag, ongedierte jag,skyfskiet,ens.Voortrek of nie.Watter sneller is die gewildste,Thor, Timney,Juwel,ens.
Is die standaard snellers goed genoeg,Sako,Rem,Ruger,K98,RSA?
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Sneller druk

Post by JACQUES BOTHA »

STANDAARD SNELLERS IS GOED GENOEG......TOT EENDAG DAT JY SOOS IS N SEKERE OPLEIDINGS DVD WAAR N ERVARE JAGTER VINNIG ASEM HAAL EN SY SNELLER PLUK.....
DAN SAL JY DIE VOORDELE VAN N JUWEL BESEF.. MY GEWERE SE SNELLERS MOET SO LIG AS MOONTLIK WEES...AS JY DINK JY WIL NOU SKIET, MOES DIE SKOOT AL GEKLAP HET...
BAIE LIG EN VEILIG....VERKIESLIK.....MY MENIG ONTHOU ..LOL
Shoot straight and tell the truth!
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Sneller druk

Post by johan »

Meso

Die gemiddelde sneller sal 3pond weeg.Alles oor 3lb is nie goed vir akuraatheid nie.Weeg julle snellers en laat ons uitvind wat n lekker druk is.

johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
tafjak

Re: Sneller druk

Post by tafjak »

Johan

Die druk van my sneller is 2,2 pond en werk goed vir my. Wanneer skote vinnig geskiet moet is dit nogal goed as dit ligter is as 3 pond.

Groetnis

Taffie
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Sneller druk

Post by johan »

Tafjak

Ongeveer 2lb is baie nice,ek verkies myne nader aan 1lb

johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
tafjak

Re: Sneller druk

Post by tafjak »

Johan

Ek is nou glad nie die ou vir goeie raad in hierdie afdeling nie, maar die breek van die sneller is vir my belangrik. Ou slinger se sneller breek skoon genoeg, ons ken mekaar al etlike jare en dit help baie.

Groete

Taffie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Sneller druk

Post by JACQUES BOTHA »

DIE 2 POND IS N BAIE GOEIE NORM....
maar ek weet vandat die sihoejet manne ......hunting klas nie minder as 2 pond
in die ope klas is daai sneller op onse gestel, jy raak net aan daai sneller en dan loop die skoot.
die jaggeweer skiet manne ,mmmm ok die meeste van hulle stel ook heelwat onder die 2 pond..
maar vir veiligheid en as jy nie die sneller die skuld wil gee vir mis skiet nie,,,hou maar by die 2 pond reel....
ek weet veral daai juwel...snellers kan jy feitlik tot op baie min onse stel e die gewee laat val en daai skoot sal nie loop nie....
bly asb veilig dis beter so, ek het amper myself geskiet met so fyn sneller in die jagveld,,,
ek het die karoo berge gestap en n mooi koedoe bul gevolg vir n paar km ..
toe ek onder die bos deur kruip ....toe loop die skoot hier oor my skouer...
rather safe than sorry.....ek blameer maar die ligte sneller en eitnlik moes ek die geweer eerder in my hand gedra het....lol             
Shoot straight and tell the truth!
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Sneller druk

Post by johan »

Meso

mmmmmmmmm Eintlik mos die roer oor die skouer nie gelaai gewees het nie,of soos jy se as dit dan gelaai moet wees moes dit in die hande gewees het.
Moenie sleg voel nie dit gebeur in die beste families,my gesig is vandag nog vol skrapnel.

johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Sneller druk

Post by JACQUES BOTHA »

johan>
Ek doen deesdae dit so...
hoekom ek gelaai was, is ek het die bul al so paar keer gesien ma kon nie skoot kry nie..en eenkeer het ek n GROOT rooiribbok verloor omdat ek eers moes oorhaal, nou wou ek seker maak ek sukkel met niks as die ou witpunte bul my kans gee..maar na daai skoot wat afgegaan het, het ek besef dis baie beter om n bok te verloor as n lewe.....
Shoot straight and tell the truth!
charles

Re: Sneller druk

Post by charles »

Sneller Druk
Jou greep bebaal ook hoe swaar jou sneller druk gaan wees. maw. As jy regs skiet met jou duim regs van die slot dan druk jou duim en jou wysfinger trek maw jou duim en wysfinger werk in lyn dan sluit jy jou pols as jy om die kolf vat  is jou pols nie gesluit nie. Toets die teorie met n .22 of windbuks. Dan kan jy met n ligter sneller weg kom want dan is jou gevoel beter!
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Sneller druk

Post by johan »

Charles
Min manne ken daai tegniek ;D....jy moet asb nog van jou truuks met ons deel,dit word opreg waardeer.
Oe en voor ek vergeet baie welkom by ons,jou insette sal van groot waarde wees!
Kerels hier is n man wat KAN skiet :o

En tog een laaste ding,hoeveel van daai jakkalse op die sleepwa was joune ;D
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
charles

Re: Sneller druk

Post by charles »

Johan
Jy vra teveel vrae en ek tik te stadig Het tik gedruip in Matriek Sal vir Dirk vra om my te help om foto te kry van greep met sneller hand.
Charles
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Sneller druk

Post by Freek »

Interesant manne, baie interesant. Ek is nou nie 'n kompitisie skut nie, jag maar net dood gewoon vir die pot en om die boere te help met ongediertes. Nog nooit so in detail hierdie onderwerp bespreek nie...moet asb nou nie ophou gesels nie. Ek is soos 'n spons, vertel nog en bring daai greep foto's dat ons kan sien. 8)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Sneller druk

Post by JACQUES BOTHA »

Charles:
laat waai met jou info... jys is ook nou in die a-span vir skiet.
as ons nou al die manne bymekaar kry, gaan daar min mane in die land wees wat saam met julle kan skiet..
ek skuif nou al af na kaptein van die e-span (die flintergat span ons gaan skiet oorlat ons dit so geniet)
maar ons leer stadig maar seker.
Shoot straight and tell the truth!
tafjak

Re: Sneller druk

Post by tafjak »

JAKES

Eh stel myself beskikbaar vir die e-span as reserwe of moet jy eers aansoek doen vir die span, lyk of darie span die inding gaan wees.

Groete

Taffie
rednat

Re: Sneller druk

Post by rednat »

Sal snellerdruk nie maar deur die betrokke skietoefening bepaal word nie.
Bv. die benchrest manne soek nie snellerdruk nie  --- blaas sommer die sneller af.
By jag sal veiligheid seker altyd 'n faktor wees. Ek persoonlik hou nogal daarvan om in beheer van die situasie en my skoot te wees.
Stem vir 1.2 tot 1.4 Kg.
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Sneller druk

Post by Kruger »

Ek stem saam met Rednat dat snellerdruk nie te lig moet wees nie. Baie mense sal met my verskil maar onder jag omstandighede is dit nie die ou wat die geweer die stilste vashou wat die beter skoot skiet nie, maar eerder die ou wat die sneller op die regte tyd trek. Die geheim van n goeie skoot is dus snellerbeheer. Daai skoot moet loop wanner jy bedoel om hom te laat loop, maar met minimum vingerbeweging. Sommige snellers voel jy skaars teen jou vinger dan loop die skoot al. Wanneer jy roep in die koue is jou vingers reeds half dood, so voordat jy die gevoel kry dat jou vinger teen die sneller is is die skoot al weg. My persoonlike voorkeur is omtrent 2 pond, maar beslis sonder enige kruip op die sneller. Ek hou daarvan om by snellervinger teen die sneller te voel en weet dan baie beter wanneer die skoot sal loop as wanneer die vinger nie op die sneller kan rus voor die skoot nie.

Benchrest is waarskynlik totaal anders en ek glo dat 'n ligte sneller daar voordele kan h?. Ons moet egter onthou dat die geweer dan absoluut dooierus l? en etlike sekondes presies doodstil gehou kan word voordat die skoot laat loop word. Praktiese skiet is anders.
Winners never quit - Quitters never win.
rednat

Re: Sneller druk

Post by rednat »

Ek hou daarvan om by snellervinger teen die sneller te voel en weet dan baie beter wanneer die skoot sal loop as wanneer die vinger nie op die sneller kan rus voor die skoot nie.
Kruger
Ek stem ten volle saam met jou. Ek wil in beheer wees van my skietery in die jagveld.
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Sneller druk

Post by johan »

IN BEHEER WEES.........beslis.........n benchgun hoort nie in die veld nie.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Sneller druk

Post by JACQUES BOTHA »

Johan.
ek sien altyud n benchgun as swaar en lank en vreeslik akkuraat. Hoe sal mens n benchgun beskryf..
Dis wat jaggeweer skiet lekker maak, jy skiet met jou jaggeweer wat jy veld toe neem en jy skat afstand en wind maar ek skat maar kwaai verkeerd en dan bewe my scope nogal lekker  .  Ek dink jakkals jag is in dieselfde kategorie... jy moet geduld he , en vinnig dink en doen  en partykeer weet(sien) hierdie rooijan gaan inmom tot hier by jou of nee wat die ou gaan net ogies wys en wyk...so soms ver gooi en soms verspot naby skiet (soms mis jy hier by jou) en dan is dit haaa haa en mmmmmmm mmmmmmmm en as hy nie briek nie is dit ma in die hol skiet.......
Shoot straight and tell the truth!
charles

Re: Sneller druk

Post by charles »

Jacques
Jy leer jou geweer beter ken as jy tyd op n bench spandeer en jou sneller beheer sal ook beter raak.  Probeer maar die duin navore te laat wys langs die slot en laat my weet dit is beter as om die kolf.  Hoe meer jy oefen hoe makliker raak als probeer dit met n .22 Ek gaan net uit as ek n goeie dag gehad het en my gemoed is reg om te gaan Jak of Kat skiet.  Die rustiger ou sal n baie beter Ongedierte beheerder wees as iemand met My of Johan se baie, baie rustige geaardheid. Hoe beter jy jou geweer ken hoe groter sal jou sukses wees.
Post Reply