Musgrave MOD 80 groot probleem!

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Jake1 »

Ek het 'n musgrave 30-06 Mod 80.

As ek die safe aansit en dan die sneller trek om vas te stel of hy op safe is(hom toets) -nou hier kom die probleem- as jy hom van safe afhaal met die safelever dan skiet myne die slagpen af. Ja as daar patrone in was sou hy skiet.

Let wel dit gebeur slegs as jy hom op safe sit die sneller trek om hom te toets dan gaan hy af, en dit gebeur elke keur. 

As jy nie die sneller trek nadat hy op safe is nie en jy haal hom van safe af dan skiet hy nie.

My nefie het 'n musgrave mod 80 243 en dit gebeur soms met hom maar nie elke keer nie. Hy het al 'n gat deur sy bakkie se vloer so geskiet.

Is hier ander ouens met soortgelyke musgraves wat my kan vertel of julle dieselfde probleem ondervind(julle is miskien nie eers bewus hiervan nie)- dis lewens gevaarlik en iemand gaan in die rug geskiet word!

Asb ouens gaan toets julle musgraves en laat my weet of julee dieselfde ondervind of nie.

Jake1
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by cassie_calvinia »

ek gebruik glad nie my musgrave se safty nie. hy nog niks gemaak, maar trust hom nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by kopskoot »

My Pa het so 30-06, en hy doen presies dieselfde. Hy't jare terug amper sy gids ,in Thabazimbi, so platgeskiet.

Hy's nogsteeds so, so ek kan nie regtig raad gee nie. Behalwe: wees versigtig!
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Monrique (SJ) »

Jake

Ek het n paar jaar terug gehoor dat daar iemand so iets ondervind het met sy wapen, maar kan nou nie eers onthou wat die probleem was. En soos jy se dit is lewens gevaarlik. Dalk kan Daan vir ons se wat dit dalk kan wees, hy was n Musgrave werknemer gewees. Jy kan moontlik die vraag skuif na die Musgrave afdeling dan kan dit sommer daar bespreek word.

Ek hou die onderwerp dop.

Groetnis
Last edited by Monrique (SJ) on Fri Dec 28, 2012 1:28 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Jake1 »

Wie kan hierdie thread vir my na oom Daaan se thread stuur?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Monrique (SJ) »

Die mods kan dit skuif.

Groetnis
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Groot probleem met Musgrave mod 80

Post by Jake1 »

Ek het 'n musgrave 30-06 Mod 80.

As ek die safe aansit en dan die sneller trek om vas te stel of hy op safe is(hom toets) -nou hier kom die probleem- as jy hom van safe afhaal met die safelever dan skiet myne die slagpen af. Ja as daar patrone in was sou hy skiet.

Let wel dit gebeur slegs as jy hom op safe sit die sneller trek om hom te toets dan gaan hy af, en dit gebeur elke keur. 

As jy nie die sneller trek nadat hy op safe is nie en jy haal hom van safe af dan skiet hy nie.

My nefie het 'n musgrave mod 80 243 en dit gebeur soms met hom maar nie elke keer nie. Hy het al 'n gat deur sy bakkie se vloer so geskiet.

Is hier ander ouens met soortgelyke musgraves wat my kan vertel of julle dieselfde probleem ondervind(julle is miskien nie eers bewus hiervan nie)- dis lewens gevaarlik en iemand gaan in die rug geskiet word!

Asb ouens gaan toets julle musgraves en laat my weet of julee dieselfde ondervind of nie.

Jake1
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by 243Songdaug »

Jacks, jy gaan die wapen by 'n smid moet uitkry - ek het al gevind dat party wapens dit doen nadat die eienaars die snellers ligter gestel het of 'n ander sneller instaleer het of op wapens wat bietjie slytasie op hul sneller en veiligheidsmeganisme het/toon.

Wat gebeur is dat die safety die slagpen moet teenhou/terughou wanneer jy die safety aktiveer, maar wanneer jy die sneller trek beweeg die slagpen effens voorentoe en dan kan die "sear" vlakke nie weer aan mekaar hak om die slagpen se voorentoe beweging te verhoed nie.

As jy nie die wapen by 'n smid kan uitkry nie sal ek voorstel dat jy die
Meganisme totaal en al afhaal, jy is aanspreeklik sou iemand seerkry soos hy tans is.
Last edited by Guest on Tue Jan 08, 2013 3:11 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Daan Els »

Manne, die Mod 80,90 reeks het van die veiligste veiligheidsknippe ooit! Die Mus veiligheids knip sluit die slapen en nie die sneller nie. Die probleem is tipies as daar aan die sneller gestel is. Die oomblik wat jy die safety opsit behoort jy te sien dat die cocking piece na agter beweeg, m.a.w die cocking piece word weggetrek vanaf die sear (glipnok) van die sneller.
Die enigste Musgraves wat veiligheidsknip probleme gegee het was die eerste Vrystaat en Santa Barbara aksies. Maar Mod 80/90, aaikona!
Kry hom by n geweersmid, miskien het een van die sneller se skroefies losgeraak indien iemand nie daaraan gepeuter het nie.
Werklik n eenvoudige regstelling.....kry dit reg want dit is lewensgevaarlik.
Skree as ek kan help.
Sterkte,
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Daan Els »

Ek het versuim om te noem dat dit noodsaaklik is om jou geweer te laat versien, nes jou motorkar! Die sneller, veiligheidsknip , kopspasie, koper en lood aanpaksels...ag sommer alles. Baie manne ken hul gewere en doen die dinge self, maar weerhou indien jy onkundig is.
Enig vreemde materiaal soos hout olie, stof, ens kan die sneller se terugbeweeg na sy rustende posisie belemmer.
Met die knip geaktiveer, trek jy nou die sneller en los hom, hy moet nou terugbeweeg(dit is uiters min en jy gaan dit nie sommer waarneem nie)en staan nou gereed sodat die glipnok weer teen die sneller haak sodra jy hom van veiligheid afhaal.
Ek persoonlik het ook nooit n veiligheidsknip gebruik nie en sal ook nie! Daar is baie fyn toleransies en menige skietongelukke het al so plaasgevind, glo my en nie net met Musgraves nie. Oorlede Dok Potgieter het menige male oor die onderwerp geskryf en gewaarsku.
Maar laat maak re, dis die regte ding om te doen!
Sterkte en ek glo ons is almal dankbaar daar het nie iets ernstigs gebeur nie....en sommer weer die topic laat leef!
Groete,
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by 243Songdaug »

Baie waar wat oom Daan se van die diens van 'n geweer - ek het al gewere gekry wat 20 jaar laas uit die kolf gehaal is vir 'n goeie skoonmaak en diens.
Dont tell me, show me......
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Daan Els »

So waar, die Mod 80 reeks is al 30 jaar oud!!!!!
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by theedge »

Dankie het 2 musgrave mod 90 243 en musgrave mod 80 308 het hulle gaan toets geen probleem nogtans bly om na dit te kyk
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by PJS »

Jake1

Ek het ook n Musgrave mod 80 30-06. Ek het gou getoets maar aikona my doen nie soos joune nie. Hy is nog reg. Ek het gesien wat Daan sê, die pen agter beweeg so klein entjie terug as mens die veiligheidsknip opsit.
Laat versien maar die veiligheidsknip.
Mooiloop
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Daan Els »

Daar was probleme met die sneller / slapen / glipnok ( sear) kombinasie, maar.......die oorsaak was normaalweg die stel van die sneller om n ligter "pull" te kry. Ek moet erken dat snellers soos Timney & Era  baie beter snellers was!
Soos die manne vra........wat het jy vir jou Musgrave vir Kersfees gekoop? Kry maar n Era of so iets! Maar, die ou Musgrave sneller......... reg gestel, sal jou nie " drop " nie.
Die Musgraves in Mod 80 kom uit daardie era en het bietjie TLC nodig!
Mooi loop....so ook die plasings!
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Jake1 »

Dankie vir julle almal se raad, ek het die geweer by my skoonpa gekry so mens weet nie watse verstellings gedoen is nie. Al wat ek weet is al het ek hom reggemaak gaan ek die safe nooit weer vertrou nie en sal nie die safe gebruik nie!

Daar kon 'n baie lelike ongeluk gebeur het, dit is presies hoe ouens mekaar raakskiet op die jagveld!

Groetnis

Jake1
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Daan Els »

Manne, onthou asb dat jy nooit met n gelaaide geweer rondbeweeg nie, nie op n bakkie, nerens. Ek was teenwoordig waar n jagter met sy ken op die loop rus terwyl ons in die veld ry en sy geweer was nogal oorgehaal om te skiet?
n Oorgehaalde geweer, op veiligheid al dan nie, is n ongeluk wat gereed is om plaas te vind!
ASB, klap n man van die bakkie wat met n gelaaide geweer opklim!
Ons jag bokke, nie leeus of buffels nie. Geen bok het my nog ooit gebyt of bestorm nie!
Gewere is meganiese toerusting en word deur die mens geaktiveer om op n sekere manier te reageer!
Hou hom grond toe of wys hom lugwaarts indien jy onseker is.
"mense skiet mense en maak ongelukke, nie wapens nie"
Wees kalm, bedagsaam en versigtig!
Groete
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by 243Songdaug »

Waar woorde wat oom da spreek.
Dont tell me, show me......
User avatar
Sam Kelbrick
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Apr 26, 2011 9:44 am

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Sam Kelbrick »

'n Geweer is net veilig as daar nie 'n rondte in die kamer is nie!
Value has a value only if its value is valued
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by theedge »

Daan Els wrote: Manne, onthou asb dat jy nooit met n gelaaide geweer rondbeweeg nie, nie op n bakkie, nerens. Ek was teenwoordig waar n jagter met sy ken op die loop rus terwyl ons in die veld ry en sy geweer was nogal oorgehaal om te skiet?
n Oorgehaalde geweer, op veiligheid al dan nie, is n ongeluk wat gereed is om plaas te vind!
ASB, klap n man van die bakkie wat met n gelaaide geweer opklim!
Ons jag bokke, nie leeus of buffels nie. Geen bok het my nog ooit gebyt of bestorm nie!
Gewere is meganiese toerusting en word deur die mens geaktiveer om op n sekere manier te reageer!
Hou hom grond toe of wys hom lugwaarts indien jy onseker is.
"mense skiet mense en maak ongelukke, nie wapens nie"
Wees kalm, bedagsaam en versigtig!
Groete
Daan
dit is so waar - maar een van die reels wat ek in die veld volg laai slegs as dit nodig is.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Daan Els »

Baie waar, hoop baie neem jou raad in ag en pas dit toe!
Mooi loop,
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
Quinna
Full Member
Full Member
Posts: 166
Joined: Wed Jan 16, 2013 7:16 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Quinna »

Hello manne

Om by te las op Jake1 se proebleem.
Ek het n .270 mus. Ek het ook daai proebleem, ek het ook agter gekom dat as ek vinnig oor haal die safety "gejump" het en dan net net "geaktiveer" is. Ek het n rooihartbees en n amper n rooibok a.g.v die proebleem verloor. Ek het dit agter gekom toe ek vinnig moes skiet op die rooibok wat wil weg hardloop. Ek het oor gehaal na n toe ek hom sien (na n half uur se soek) die kruis haar op die agter kant van die kop gehaad en die sneller getrek net om niks te hoor nie, en die rooibok te sien weg hol. Toe ek na die geweer kyk het sien ek die safty staan half in die lig, to ek an die ding raak gan die skoot af. Gelukkig is ons almal verskriklik oor veiligheid en almal was gater my wat saam gesoek het.

Ek het die roer by safari and outdoor gehaad, hul het die proebleem vir my opgelos. O ja dit het ook gekom na ek die sneller verander het so as julle stel of verander an die snellers kyk ma vir dit.

Groete
Quinna
Pressure is something that you find in the chamber, now shut up and shoot
.270 WIN Musgrave, .22 CZ, 9mm Beretta, 12 Guage Vanguard, Howa 375 Ruger, .308 Sako, Howa 6.5Creedmoor, 9mm Glock (waiting for lic)
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Jake1 »

Dis vir my kommerwekkend om te sien daar is nog ouens wat dieselfde probleem op hulle Musgraves het, of daar nou gestel is aan die geweer of iets verander is verander niks aan die saak nie, daar sal beslis nog ouens wees wat hierdie probleem op hulle Musgraves het en dit nie weet nie.

Om lewens te spaar wens ek mens kon hierdie probleem meer publiek gemaak het. Wat julle ook in ag moet neem is dat my nefie se musgrave dit net nou en dan doen...............so mens gaan nooit verseker weet of jou musgrave dit gaan doen nie.

Manne ek wil nou nie swartgallig wees nie maar asseblief, versprei die storie anders is dit maar net 'n kwessie van tyd wat ons gaan hoor van die ou wat met 'n Musgrave per ongeluk doodgeskiet is, as dit nie alreeds gebeur het nie.

Jake1
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Quinna
Full Member
Full Member
Posts: 166
Joined: Wed Jan 16, 2013 7:16 pm

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by Quinna »

Ek stem heeltemal saam jake1 die moet meer publiek gemaak word. Dit is n saak wat almal raak wat n musgrave het.
Ek wil net ook se dat maak nie saak watse roer jy in jou skouer vas druk nie die beste safety is die skut en sy/haar finnger.

Jake1 se ma vir jou neef om daai roer by n geweer smit te kry, dit is nie so duur om daai proebleem reg te maak nie en is defnetief goedkoper as n ongeluk.

Laat die loot vlieg

Groete
Quinna
Pressure is something that you find in the chamber, now shut up and shoot
.270 WIN Musgrave, .22 CZ, 9mm Beretta, 12 Guage Vanguard, Howa 375 Ruger, .308 Sako, Howa 6.5Creedmoor, 9mm Glock (waiting for lic)
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Musgrave MOD 80 groot probleem!

Post by James Wilson »

Jake, dit is n growwe opmerking!  Musgrave was seker 50 jaar ou ensededien het daar al seker 20 jaar gegaan sedert hulle toegemaal het. Ek weet nie van iemand wat al dood is nie en is doodseker ons sal dadelik heweet het as dit gebeur het. 

Daar is sekerlik duisende der duisen Mugrave wapen reg oor die wereld. Tog is Jaracal die enigigste platform waar jy eerstehandse info kan kry. Miskien is ek net te nou betrokke of dalk net te lojaal teenoor n eg Suid Afrikaanse meesterstuk. Ek is dalk net te liggeraak maar jou opmerking is nie regverdig teenoor Musgrave nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply