Is jy n gesonde man?

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
Post Reply
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Is jy n gesonde man?

Post by FHM »

Ok ek sal maar die ys breek hierso... 8)

Is jy 'n gesonde man? (Andrew Luyt, Health24, Januarie 2011)

Is daar enige maklik-herkenbare tekens wat aandui dat jy ’n gesonde kêrel is? Natuurlik is gereelde mediese ondersoeke deur ’n gekwalifiseerde dokter van kardinale belang – hy/sy sal altyd onder andere jou bloeddruk, cholesterol, beendigtheid en bloed-chemikalieë toets, maar wat doen jy as jy net op ’n daaglikse grondslag jou gesondheid wil dophou? 

Hier is ’n paar eenvoudige, maar effektiewe aanduiders van hoe fiks jy eintlik is – wat jy maklik self kan monitor:

1. Polsslag
Jou rustende polsslag, dit wil sê die aantal kere wat jou hart per minuut klop wanneer jy in ’n rustende toestand is, is ’n uitstekende aanduider van jou algehele fiksheid. Druk eenvoudig jou wys- en middelvingers teen jou pols of nek, tel die aantal slae in 15 sekondes en maal dit met vier. 
Dit varieer volgens ouderdom, maar ’n rustende polsslag van enigiets tussen 60 en 100 word oor die algemeen as normaal vir volwassenes beskou.

2. Vingernaels
Moenie bekommerd wees nie; ons gaan nie ’n pedikuur vir jou bespreek nie. Deur eenvoudig na jou vingernaels te kyk, sal vir jou ’n goeie aanduiding van jou algemene gesondheid gee. Hulle behoort ferm, pienk en glad te wees. Moet jou nie oor ’n paar dowwe kolle of riffels wat van die naelvlies na jou vingerpunte loop, bekommer nie, maar wees op die uitkyk vir bros naels, naels wat boontoe kurwe soos ’n lepel en naels met horisontale groewe, riffels en kepe.

3. Hare
Blink hare is goed, maar dowwe, bros, lewelose en grys hare kan ’n aanduiding van ’n swak dieet wees.

4. Vel
’n Gesonde vel is elasties, alhoewel dit minder soepel raak namate ’n mens ouer word. Knyp die vel aan die agterkant van jou hand. Dit behoort baie gou weer na normaal terug te keer. As dit nie gebeur nie, mag jy aan dehidrasie ly. Wees ook op die uitkyk vir ’n velkleur-verlies, veral as dit grys begin raak – dit kan ’n aanduiding van swak gesondheid wees. 

5. Urine
Miskien het jy nie geweet nie, maar jou urine kan belangrike leidrade oor jou welstand verskaf. Ideaal gesproke behoort dit ’n ligte geel te wees, maar dit hang basies daarvan af hoeveel water jy drink – as dit so bruin soos ystee is, is jy waarskynlik ietwat gedehidreer. Let op enige merkbare veranderinge in geur en kleur wat nie verband hou met die kos, dieetaanvullings of medisyne wat jy eet of neem nie. ’n Rooierige kleur en ’n ongewone reuk beteken dat jy beslis dokter toe moet gaan.
Van menslike afskeidings gepraat, is dit miskien ’n goeie idee om jou stoelgang ook te monitor! ’n Goeie stoelgang wat op ’n gesonde vertering dui, is sag, maklik om te passeer, torpedo-vormig en middelbruin. Met inagneming van wat jy geëet het, wees op die uitkyk vir veranderinge in gereeldheid, digtheid en kleur. Baie donker en baie ligte kleure, grys en bloedrooi is waarskuwingstekens.   

6. Semen
Wat liggaamsvloeistowwe betref, behoort ’n gesonde man tipies 2 tot 5 ml semen te produseer. Dit behoort grys of wit te wees en moet, nou ja... taai te wees. Enigiets wat gereeld te waterig, bloederig of minder as ’n teelepel in volume is, is rede tot kommer.

7. Tong
’n Gesonde tong behoort warm, pienkerig en nie te glad, bleek of gelerig te wees nie.

8. Liggaamsmassa-indeks
’n Liggaamsmassa-indeks (LMI) van tussen 18 en 25 word oor die algemeen as gesond beskou, maar as jy baie gespierd of natuurlik slank is, mag dit onderskeidelik hoër of laer wees.

9. Algehele fiksheid 
As ’n gesonde volwassene behoort jy by die werk die trappe te kan klim en jou kruideniersware van jou motor na jou kombuis te kan dra sonder om soos ’n blaasbalk te hyg of op die vloer inmekaar te sak. Jy behoort ’n myl (1.61km) in 15 minute te kan stap.

(Andrew Luyt, Health24, Januarie 2011)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Is jy n gesonde man?

Post by James Wilson »

Dankie dit is gepas.

Ek het my liggaams massa indeks getoets en sien ek nou dat ek te kort is. Ek sal nog moet groei.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Is jy n gesonde man?

Post by Geno »

Ek is natuurlik baie gespierd, daarom het ek 'n BMI van 27.5
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Is jy n gesonde man?

Post by FHM »

James Wilson wrote: Dankie dit is gepas.

Ek het my liggaams massa indeks getoets en sien ek nou dat ek te kort is. Ek sal nog moet groei.
James ek sit met dieselfde KGB probleem... :-\
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Is jy n gesonde man?

Post by Gerhard »

Geno wrote: Ek is natuurlik baie gespierd, daarom het ek 'n BMI van 27.5
BMI werk nie.

Volgens BMI moet ek obese wees.

Ek is 1.83m lank en weeg nou 98kg.

Volgens BMI moet ek 79-84kg weeg.

BMI onderskei nie tussen n man en vrou nie.

Om die rede steur ek my nie baie aan BMI nie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Is jy n gesonde man?

Post by JACQUES BOTHA »

GESOND:
Ek sien nerens plek waar passie inpas nie en dit kom ook met n paar ekstra kilogramme- myne is 250kg van pure passie!!!
James ek gaan ook bietjie moet werk aan my lengte...
JB
Shoot straight and tell the truth!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Is jy n gesonde man?

Post by Carl »

Gerhard wrote: Ek is 1.83m lank en weeg nou 98kg.

Volgens BMI moet ek 79-84kg weeg.
Dis ek daai,  ;) jy sal moet werk maak.

N.S. maar ek het nie spiere soos Pierre Spies nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Nadia
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 282
Joined: Fri Nov 11, 2011 5:14 pm

Re: Is jy n gesonde man?

Post by Nadia »

:P Piet se altyd vir my hoe gesond bier is.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Is jy n gesonde man?

Post by FHM »

Nadia wrote::P Piet se altyd vir my hoe gesond bier is.
Piet is n intelligente mens Nadia ;)

Eight Healthy Reasons To Drink Beer
Allison Van Dusen, 03.17.08, 12:01 AM ET


Looking for a good excuse to tip back a beer?
You don't have to wait for St. Patrick's Day. That's because a decade's worth of health research shows that regular, moderate beer intake--one to two 12 ounce glasses per day for men and one for women--can be good for you, especially if you're facing some of the most common diseases related to aging.
Experts say wine tends to get most of the attention when it comes to the health benefits of alcohol primarily because of the French paradox, a reference to the relatively low rate of heart disease in France in spite of a diet high in saturated fat. The idea is that daily sips of Merlot make the difference.
In Depth: Eight Healthy Reasons To Drink Beer
But a number of studies are showing that moderate consumption of alcohol, including beer, can have similar heart healthy effects, including making men 30 to 35% less likely to have a heart attack than those who abstain.
"Wine is still on moral high ground," says Charlie Bamforth, chair and professor of the department of food science and technology at the University of California, Davis, "but beer deserves just the same acclamation."
Interest in the health effects of beer has been growing over the past eight to 10 years in tandem with a rise in the popularity of craft beers--usually defined as products of brewers who make fewer than 2 million barrels a year, says Nancy Tringali Piho, a spokeswoman for the National Beer Wholesalers Association.
Unlike many mass-produced beers, craft beers tend to be brewed with a particular focus on flavor, appearance and aroma. Their appeal has attracted an upscale audience that's curious about the beverage and how it compares with wine health-wise.
The news is good, particularly for baby boomers, many of whom are dealing with obesity and high blood pressure, a major risk factor for heart disease and stroke.
Alcohol, including beer, in moderation raises high-density lipoprotein or HDL, known as good cholesterol, says Dr. R. Curtis Ellison, chief of the section of preventive medicine and epidemiology and professor of medicine and public health at the Boston University School of Medicine. It also appears to have a favorable effect on the lining of blood vessels, making them less likely to form a clot or for a clot to rupture and plug an artery, and may help protect against Type 2 diabetes.
"People should realize that a little bit of alcohol on a regular basis decreases the risks of aging," says Ellison, who specializes in researching, among other things, the relationship between moderate alcohol consumption and chronic diseases.
And earlier this month researchers at the National Institutes of Health released a study showing that frequent drinking in moderation may protect men from death due to cardiovascular disease. Men who reported drinking 120 to 365 days a year had a 20% lower cardiovascular death rate than those who drank one to 36 days a year. Overdoing it, however, can have the opposite effect. Men who knocked back five or more drinks when they did indulge had a 30% greater risk for death via heart disease.
Beer may also give your brain a boost.
Adults over age 65 who drank one to six alcoholic beverages over the course of the week turned out to have a lower risk of dementia than non-drinkers or heavier drinkers, according to a 2003 study published in the Journal of the American Medical Association. Likewise, a 2006 report that appeared in an American Heart Association journal showed that a drink or two a day might be linked to better cognitive function in women.
Consume With Caution
Of course, beer isn't good for everyone. Other studies have shown that consuming two or more glasses of alcohol a day may increase a woman's risk of breast cancer, and few medical experts will suggest that a non-drinker take up the habit just for the health benefits, when exercise and a good diet can produce similar benefits.
And Bamforth says he's not so sure that the growing selection of organic beers, those that don't contain sulfites, chemical preservatives and are made with mostly, if not all, organic ingredients, or beers flavored with antioxidant-laden super-fruits will have much of a health impact. It's the alcohol content, as well as vitamins and minerals, in beer that has proved to make a difference.
More important, he doesn't recommend that people think of beer as medicine. Beer is something to enjoy, he says. Just don't feel guilty about indulging.

"In moderation," Bamforth says, "it's part of a wholesome diet."
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Clinton3006
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Wed Jan 16, 2013 9:59 am

Re: Is jy n gesonde man?

Post by Clinton3006 »

Gerhard wrote:
Geno wrote: Ek is natuurlik baie gespierd, daarom het ek 'n BMI van 27.5
BMI werk nie.

Volgens BMI moet ek obese wees.

Ek is 1.83m lank en weeg nou 98kg.

Volgens BMI moet ek 79-84kg weeg.

BMI onderskei nie tussen n man en vrou nie.

Om die rede steur ek my nie baie aan BMI nie.
Ek stem BMI is verseker bedoel om slegs by "rehab"klinieke gebriuk te word as doelwit vir die maer volk.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Is jy n gesonde man?

Post by Chevvy SS »

'n BMI van 30 word deur versekeringsmaatskappye aanvaar.
Post Reply