Blouwildebees more

Post Reply
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Blouwildebees more

Post by johnny »

Manne gaan more middag in die oos-kaap se hitte hier naby Uitenhage gou a blouwildebees skiet en in die koelkamer hang . Maar as dit so warm soos vandag was hoop ek hy val feitlik op die bakkie, want dit is bloedig hier, ek het darem so 15 / 2 liter bottels gevries vir in die pens gooi en dis net 15 min huistoe so glo alles sal ok wees. :) :) :) :)

groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Blouwildebees more

Post by Jacquesb »

Geniet Johnny.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
bengogga
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am

Re: Blouwildebees more

Post by bengogga »

Lekker jag Johnnie, ek wens ek kon met daai gedagte in die bed gaan klim het.
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Blouwildebees more

Post by Jakkalsgat »

More Manne

Johnny het gevra ek moet vir hom die foto laai.

[img width=560 height=418]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... /photo.jpg[/img]

30-06
150 gn Lapua scenar
117 meter
voor die kop geskiet.

Horings  27 en 7/8 duim

[img width=560 height=418]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... hoto-1.jpg[/img]

Hy sal self verder die storie kom vertel.

Groete
Jaco
Last edited by Jakkalsgat on Sat Dec 22, 2012 11:03 am, edited 1 time in total.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Blouwildebees more

Post by johnny »

Jaco

Baie dankie.

Wou graag n trofee bul skiet en ons het afgekom op n troppie van 7 bulle bymekaar,  die " PH" het gese hy sal die bul wys en vir my is dit reg so, maar ek het hom gese as dit nie rowland ward maak nie dan sal ek nog steeds die bul vat maar defnitief nie daai prys betaal nie.

Hy was ook redelik senuweeagtig toe ek hom vra of ek in die kop kan skiet aangesien ons naby is, hy wou weet hoe akuraat my geweer is, se hom toe dis n broughton loop en skiet mooi groepe, maar as hy te senuweeagtig is sal ek blad skiet.  Hy se toe kop is reg, toe wys hy my n bul en ek skiet en hy slaan neer soos n os, Die horings is toe kort en hy het my n vleis bul prys gevra, alhoewel ek dink dis nog steeds n baie mooi bul.

Nou voor die manne op my spring , ek weet lapua scenar is nie n jag punt maar omdat ek geweet het ek wou n kopskoot skiet was ek tevrede om dit te doen, ek het ook hornady interbonds gehad , maar wou dit gebruik vir n lyfskoot as ek moes. Ek het die ko gekuip en sal die punt soek , hy sit iewers , as ek kry sal ek laat weet hoe hy opgebreek het.

Nou ja dit was n lekker Desember jaggie so tussen al die besige dae deur.

groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Blouwildebees more

Post by Louis Kriel »

Mooi Johnny jou lucky bugger! Geseende Kersfees aan almal!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Blouwildebees more

Post by Dawid »

Baie geluk Johnny.....Gereeld geloer en sien jy gee geen terugvoer toe wonder ek maar of die ou besie nie dalk besig is om jou die plaas te wys nie.
Nogmaals geluk n kopskoot is altyd n mooie om te aanskou.

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Blouwildebees more

Post by Frederik »

Mooi bees daardie maar jy kry nie sommer 'n RW bul om elke draai nie 28 1/2" is nie maklik nie.

As ek net so kan inspring hoeveel RW beeste is buite die bosveld geskiet as ek so na die foto se agtergrond kyk?
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Blouwildebees more

Post by Marc »

Mooi gemaak  8)

Monster en dan blink daai lyf van die vet ook nog, min dat altwee in een pakket kom. Geniet daai steaks oor die kole, ek is lekker jaloers  ;D
Last edited by Marc on Sat Dec 22, 2012 6:47 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
bengogga
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am

Re: Blouwildebees more

Post by bengogga »

Mooi bul, Johnny! Mooi skoot!
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
User avatar
jacojrdn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm

Re: Blouwildebees more

Post by jacojrdn »

Mooi gedoen Johnny
S410 Air arms,.22 Anchutz,.22 Remington,.243 Win Musgrave,.303 Brit,Blaser R8 .223 Rem,R8 .300 Win Mag, 
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Blouwildebees more

Post by johnny »

Manne Terugvoer oor punt/koeel wat gekry was.

Ek skiet met n 30-06 met 26 duim Broughton loop,  155 Lapua Cenars met 84 mm lengte en 84 gn s 365 , het geen idee van die spoed nie, maar hier is bietjie info wat ek kan gee oor die punt / koeel.

Ek het my punt/ koeel gekry uit die nek werwels, hy is by voorkop in en het 2 nek werwels stukkend geslaan, ek het wat oor was tussen die stukke vleis en been gekry, daar was defnitief seperation , en gewig oorgebly was 57 gn.  Ek moet se die skade was nogal baie , Ek het geen idee of dit goed of sleg was vir enige punt/ koeel wat eintlik vir papier skiet bedoel is ,  na hy soveel been geslaan het nie , miskien is hier van die manne Oom Koos Barnard of Piet Breedt wat kan help met meer inligting of dit goed genoeg was.

Ek gaan more sy oupa soek , hy is defnitief groter en is oor die 281/2 duim , sal julle op hoogte hou van wat gebeur.

groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Blouwildebees more

Post by Reggie Gerber »

Johnny

84g S365 klink bietjie rof :o
Dink Goose al daai lading probeer  ;D ;D ;D

Reggie
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Blouwildebees more

Post by johnny »

Sorry manne dik vingers help ook nie 54gn s365  84mm lengte col

groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
Post Reply