Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355 dryfmiddel

Post Reply
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355 dryfmiddel

Post by THOMAST »

Ek het oor die laaste twee maande met ladings gespeel met my 7mm08 met die doel om vas te stel wat die effek van omgewings temperatuur  het op die koeël se spoed.
Die doel was om te sien of ek wel my lading sou kom aanpas om binne die sg "sweet spot" kon bly as ek weet wat die temperatuur vir die dag gaan wees.
By elke skiet sessie is die omgewingsfaktore soos temperatuur (by begin en einde van skietoefening), barometriese druk, humiditeit en "density altitude" afgeskryf.
Daarna is 'n string van 10 patrone geskiet, met rus  intervalle van 2 minute tussen skote en die spoed is gelees.
Lw: omgewings temperatuur het wel 'n invloed op die geweer loop en kamer, asook op die patrone - ek het nie die patrone in 'n koelboks gehou nie om wel die "real world" effek te sien van temperatuur wisselinge.
Dryfmiddel was S355, CCI BR2 slagdoppies, Lapua doppe (gesorteer volgens gewig) en Horandy 139gr SST koeëls (ook gesorteer volgens gewig)
My gevolgtrekking was dat wanneer die temperatuur styg van 17ºC na 30ºC die lading met 0,3gr verlaag moet word om dieselfde spoed (2965fps) te behou. (vanaf 44,3gr na 44,0gr)
Nog iets wat ek agtergekom het is dat die spoed styg hoe vuiler die loop word. Laas Saterdag moes ek my lading met 0,3gr verlaag om die spoed konstant te hou nadat  25 patrone geskiet is. Ek het sommer in die klubhuis gesit en gelaai met die nodige aanpassings. Temperatuur was die oggend 29ºC en toe ek klaarmaak, 30ºC
Nou as ek net 'n akkurate weervoorspellig kan kry sal ek baie gelukkig wees.
So as jou spoed op die bo rand van 'n goeie node is en jou loop is vuil of die temperatuur styg noemenswaardig mag dit verklaar hoekom jou geweer skielik nie meer so lekker groepeer nie.
Ek moet sê dat die S355 'n redelike stabiele dryfmiddel is.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355 dryfmiddel

Post by THOMAST »

Ludwig, ja dis wel moontlik, alhoewel ek 2 minute tussen skote gewag het. Op so 'n warm dag moet 'n man seker maar langer wag tussen skote.
Tyd tussen patroon in kamer sit en skoot aftrek was nooit langer as 30 sekondes gewees nie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355 dryfmiddel

Post by Wouter Roets »

Thomast

Baie dankie vir die deel van hierdie stukkie met ons. Net dalk nog n opmerking wat ek mag maak. Spoedlesings is seker nie op dieselfde tye van die dag gemaak nie, wat ook n groot invloed kan he in my ondervinding. Hierdie bly maar n moeilike een as n mens alles in ag neem. Ek en Luddie het al lank gesels oor daai artikel wat hy noem. Hoe meer mens met die tipe van dinge te doen kry hoe ingewikkelder raak dit net!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355 dryfmiddel

Post by PWV »

Ek het Saterdag (toe Thomas ook daar was) 5 verskillende ladings getoets in my 308.  Het nou wel S335 gebruik en nie S355 nie.
5 rondtes in elke groep met tussenposes van 2 minute gevuur en 15 minute tussen die groepe.
Hier kon ek geen tendens waarneem dat die spoed tussen rondte 1 en rondte 5 van 'n groep toeneem nie.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355 dryfmiddel

Post by PWV »

Terwyl julle op hierdie "topic" is sal ek graag wil weet waarom Somchem nie ladings vir S355 vir 'n 308 gee nie.  Ek het dit nog nie gelaai nie, maar sal graag wil weet wat die rede daarvoor is.  Weet iemand?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355 dryfmiddel

Post by PWV »

Ludwig wrote: Pieter, dis oor 'n 308 se loop nooit warm geskiet kan word nie  ;D 
Ek sien jy dui 'n smiletjie aan, maar ek wil vir jou se daardie dun Israeli loop raak gou donners warm!!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355 dryfmiddel

Post by PWV »

Pieter Willem Vorster wrote: Terwyl julle op hierdie "topic" is sal ek graag wil weet waarom Somchem nie ladings vir S355 vir 'n 308 gee nie.  Ek het dit nog nie gelaai nie, maar sal graag wil weet wat die rede daarvoor is.  Weet iemand?
Is daar iemand wat weet? ??? ???
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355 dryfmiddel

Post by Hein M. »

Pieter Willem Vorster wrote: Is daar iemand wat weet? ??? ???
Pieter

Ek gebruik ook S335, S321 en S341.  Ek sien nie die nodigheid om S355 te gebruik nie, maar

kyk wel hier:  Jy sal die S355 iewers in die lys kry: 
http://noslerreloading.com/phpBB2/viewt ... 19770 
Dit lyk asof Nosler die lading - met 165gr punte - as die maksimum aandui, so jy sal so in die omgewing van 40gr. tot 41gr kan gebruik as beginlading (met 165gr koeels).

Hein M
Last edited by Hein M. on Mon Jan 07, 2013 10:22 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355 dryfmiddel

Post by THOMAST »

Wouter Roets wrote: Spoedlesings is seker nie op dieselfde tye van die dag gemaak nie, wat ook n groot invloed kan he in my ondervinding.
Wouter, al die toetse is in die oggend gedoen, tussen 08h30 en 13h00.
Ek het die emperatuur gelees met die begin van die sessie, en weer by die  einde van die sessie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355 dryfmiddel

Post by Wouter Roets »

Thomast

Waarna ek verwys is lig kwaliteit waarin spoedlesings geneem is. n Mens maak baie keer die fout om hierdie verskillende spoedlesings af te skryf aan verskillende temerature terwyl verskillende lig omstandighede n groot rol kan speel. Dit is hoekom ons se hierdie is n baie meer ingewikkelde veld as wat n persoon eerstens vermoed.

As n mens kyk na QL en jy verander die temperatuur daarin sal jy sien dat die spoed baie min verskil. Hierdie reaksies en optrede is in omstandighede getoets waar hierdie faktore waaroor ons nou wonder uitgeskakel is. Die ander labretoruim toetse wat ek al hieroor gesien het bevestig QL se resultate.

So wat se al hierdie goed vir ons? Doen spoedlesings verkieslik op dieselfde tyd van die dag met toerusting wat elke keer presies dieselfde opgestel is. Wanneer ladingontwikkeling gedoen word toets die spektrum van die "node". As dit n warm dag is gebruik die boonste lading gedeelte en die omgekeerd vir n koue dag. Hierdie sal verseker dat jy altyd in die akkuraadheidsband le. Ek se altyd n goeie lading is nie een wat daai ultra klein groeperings gee in sekere omstandighede nie, maar die een wat billike groepering onder alle omstandighede lewer.

Ek het al lekker my vingers verbrand met dit. Doen ladingontwikkeling in sekere omstandighede net om te vind dat die lading nie in die jag weersomstandighede nie werk nie. Vandat n mens die nodeprogram tot jou beskikking het is dit net soveel makliker.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355

Post by Arnold »

THOMAST wrote:Ek het oor die laaste twee maande met ladings gespeel met my 7mm08 met die doel om vas te stel wat die effek van omgewings temperatuur  het op die koeël se spoed.
Die doel was om te sien of ek wel my lading sou kom aanpas om binne die sg "sweet spot" kon bly as ek weet wat die temperatuur vir die dag gaan wees.
By elke skiet sessie is die omgewingsfaktore soos temperatuur (by begin en einde van skietoefening), barometriese druk, humiditeit en "density altitude" afgeskryf.
Daarna is 'n string van 10 patrone geskiet, met rus  intervalle van 2 minute tussen skote en die spoed is gelees.
Lw: omgewings temperatuur het wel 'n invloed op die geweer loop en kamer, asook op die patrone - ek het nie die patrone in 'n koelboks gehou nie om wel die "real world" effek te sien van temperatuur wisselinge.
Dryfmiddel was S355, CCI BR2 slagdoppies, Lapua doppe (gesorteer volgens gewig) en Horandy 139gr SST koeëls (ook gesorteer volgens gewig)
My gevolgtrekking was dat wanneer die temperatuur styg van 17ºC na 30ºC die lading met 0,3gr verlaag moet word om dieselfde spoed (2965fps) te behou. (vanaf 44,3gr na 44,0gr)
Nog iets wat ek agtergekom het is dat die spoed styg hoe vuiler die loop word. Laas Saterdag moes ek my lading met 0,3gr verlaag om die spoed konstant te hou nadat  25 patrone geskiet is. Ek het sommer in die klubhuis gesit en gelaai met die nodige aanpassings. Temperatuur was die oggend 29ºC en toe ek klaarmaak, 30ºC
Nou as ek net 'n akkurate weervoorspellig kan kry sal ek baie gelukkig wees.
So as jou spoed op die bo rand van 'n goeie node is en jou loop is vuil of die temperatuur styg noemenswaardig mag dit verklaar hoekom jou geweer skielik nie meer so lekker groepeer nie.
Ek moet sê dat die S355 'n redelike stabiele dryfmiddel is.
Thomas, wat was die spoed verskil met dieselfde lading vanaf 17 to 30 grade C?
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355

Post by Armand Steenkamp »

Oom pieter,
Ek wonder of 355 nie so n rapsie te stadig is vir die 308 met sporter lengte loope nie. Dink nie jy gan optimaale spoed kry nie!

Groetnis
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355

Post by THOMAST »

Arnold wrote:Thomas, wat was die spoed verskil met dieselfde lading vanaf 17 to 30 grade C?
Arnpld,ek het gaan kyk na my notas en die verskil was in die orde van 38fps gewees,
Toe die temperatuur 17ºC was, was die druk 1014mB, humiditeit 67%, en by temperatuur van 30ºC was die druk 1007mB en humidieit 30%
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Effek van omgewings temperatuur op koeël spoed met S355

Post by Arnold »

Thanks Thomas
Post Reply