Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
CHRIS wrote:...Eers klaar skiet dan betaal... ...Net a tip vir ouens wat gaan Chopper skiet. Vind uit hoe lank se vlieg tot by jou... ...daai fan begin draai loop die uur meter en onthou vra wat dit kos om chopper van bv PE af by jou te kry en deel dit deur ure wat jy dink die distrik gaan kos
So gereken. Dit is die totale koste (vliegtyd / dalk vervoer per pad) wat verskuldig is. Hoe nou gemaak as die finale rekening te groot (vir die deelnemende boere) is - ongesiens hoeveel roofdiere geklink is?
Hier by ons vervoer hulle die chopper met waentjie tot by jou (R3.50 /km heen en weer) daarna R2800.00
per uur, geen jakkals koste.
Nou die oggend plaas deurgevlieg waar blykbaar 12 jakkalse moet wees maar niks gesien. Weet vir feit daar is nog 1 teef met 3 jonges oor, groot reun nou die aand geskiet.
Met die bedraggie kon grondspan redelik lank gekamp het onder doringboompie.
Sal Ambessa laat weet wanneer die grondspan hulle verongeluk het.
Chris/Meerkat
Die chopper was laasjaar by ons ook en dit was maar n duur speletjie. Het nie syfers per dier geskiet nie. Weet egter dat hy by een spesifieke boer R12 000 uitgevlieg het sonder enige kill.
freddie
Freddie101 wrote:...chopper was laasjaar by ons ook en dit was maar n duur speletjie... ...by een spesifieke boer R12 000 uitgevlieg het sonder enige kill.
...rede? Baie geld gehad om te betaal? Die nuutjie om 'n woer-woer jag te kon hou (sonder 'n karkas)?
CHRIS wrote:
Nee as mens baie verliese het dan traai n mens maar enigiets... ...
is eintlik maar die kort en lank van die saak
Dankie. Het groot simpatie vir die boere se frustrasies rondom verliese. Wonder steeds hoekom 'n beplande landoffensief wat voorgestel is (dink Tafjak het dit ges??), nie meer gereeld oorweeg en gebruik word nie. Ek lees heelwat van 'n geko?rdineerde optrede in so 'n aksie?
Nog 'n vraag waaroor ek steeds nie voldoende antwoorde ontvang het nie: wat het daarna gebeur? Het die rooies net tydelik 'n bietjie laaggel? (uit respek/vrees vir die geluide) en later maar weer koes-koes met hulle optrede onder die vee voortgegaan?
Hoor graag verder op die een?
Ambessa
Last edited by Ambessa on Sat Mar 27, 2010 10:55 am, edited 1 time in total.
Nog 'n vraag waaroor ek steeds nie voldoende antwoorde ontvang het nie: wat het daarna gebeur? Het die rooies net tydelik 'n bietjie laaggel? (uit respek/vrees vir die geluide) en later maar weer koes-koes met hulle optrede onder die vee voortgegaan?
/quote]
By my is niks uit lig gesien nie, 2 dae later is 1lam gevang en 2 dae later weer 1lam, toe vang ek jak in yster, jong teef met skaap vleis in pens, nou is dit stil.
Waar chopper gevlieg het laasweek is daar met 2 geleenthede op jakkies afgekom, elke keer het die boere nie roere gehad nie.
oom Amm op jou vraag? Maar weer koes koes voortgegaan
Het in ons omgewing geskiet geen sukses by my self nie. In n baie groot area wet gevlieg is +- seker 30 000ha skat ek asek die hoeveelheid boere vat in omgewing wat saam betaal het. Elk van ons het per hektaar betaal. Daar is 17 jakkies geskiet wat ek dink is baie min vir so groot gebied en die hoeveelheid geld. Bowenal is al wat n trekspringbok deur my drade.
2 Dae na helikopter weg is het jakkalse my erg begin vang 3 lammers in een nag. Het n reun en teef geskiet met roeper2nagte later en probleem het gestop.
Dis my ondervinding van n helikopter.
Groete Rudie
'n Pel van my vlieg 'n kleinerige tjopper iewers in die Oos-Kaap vir cullers en jakkie jagters. Hy s? daar word met 'n semi-outo haelgeweer geskiet en die skut hang in 'n harnas. Klink na iets wat net 'n pro sal doen.
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Rudie Combrinck(9mm) wrote:...baie groot area wet gevlieg is +- seker 30 000ha... ...2 Dae na helikopter weg is het jakkalse my erg begin vang 3 lammers in een nag.
Klink dit nie bekend nie? Wat was die koste per rooijakkals?
Naand Ambesa
Baie roffweg was die gedoente met die 17 jakkalse so in die omgewing van R2500.00 /JAKKIE
Ons het R3000.00/UUR van opstyg tot gansit betaal en dit is van waar helikopter laaste was. Nie net terwyl hy by ons gevlieg het nie. Dan nog adisioneel per teiken dier R750.00+vat.
Die totale koste is dan deur ons boere gedeel nagelang van hoeveel hektaar jy besit en jy betaal dan vir die hoeveelheid jekkies op jou grond geskiet!
Groete Rudie
Rudie Combrinck(9mm) wrote:...roffweg was die gedoente met die 17 jakkalse so in die omgewing van R2500.00 /JAKKIE
Ons het R3000.00/UUR van opstyg tot gansit betaal en dit is van waar helikopter laaste was.
Dankie. Sou julle reken die aksie was geslaagd of die moeite (koste) werd?
RUDIE.
Jy boer ook mos en ek wonner of die boere ook R2500 per jakkals vir die jagter sal betaal?
Ek gaan by my boere ook dieselfde prys gemiddeld vra as wat hulle vir die helikopter gevra het. Nuwe boere kan nog die r/km + jakkalsprys betaal. Sorry vir die boere waar die chopper was het ek nou n spesiale prys---gemiddelde prys minus r500 afslag hoe klink daai vir n bargain???
Groetnis
Jacques
ns. Dalk skiet hulle net die skelm jakkalse met die chopper dan skakel hulle ons jagters van die lorries af se moeilike manne uit. Dalk moet ons die boer nog bietjie afslag gee gemiddeld chopper prys minus r800 of hoe?
Ja. Dit is wat hy s? (oor die harnas en haelgeweer deel). Ek het vir hom skoolgegee lank gelede, maar sal nou nie weet of hy honnebollie praat nie. Hy is wel 'n respektabele k?rel, so ek twyfel of hy sommer net in my gesig sal lieg.
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Ambessa
Glad nie geslaagd nie en te duur!
As elke man net sy deel doen omtrent ou jakkie sal die tiepe van duur goed nie nodig wees nie?
Hoe eet n mens n olifant op? Stikkie vir stikkie en aanhoudend!
Groetnis Rudie
Jacques
Ek dink jy het n plan! Ek dink ons kan die R/KM biekie opskuif en nog op die plase diesel gooi en miskien nog n (stand establishment)fooi per stand ook daarby ingooi. Dit kan dalk sorg vir maker jakkies m.a.w 1 staanplek 7 jakkies en nie soos deesdae hier by ons 7 staanplekke en as gelukkig is hoor jy darm een antwoord nie!
Groete Rudie
rudie.
Dis nie n probellem as hulle nei inkom of antwoord nie...
As daar jakkaklse is en hulle vang en hulle reageer nie...dis wanneer die partytjie begin en dis wanneer die ligte musiek verby is en die rockenroll begin..lag lag
sterkte
jb
Van oggend met vrind in Loxton gepraat en hy beweer dat kopter deur dag jakkies skiet en nie net na opkoms of voor sonsondergang nie. Maak vir my sin want dit is tog die geraas wat jakkie henner om te hol. Oom of iemand enige onnervinding van dit.
Ek het die week met my Pa gepraat en hy se die Chopper is noe by ons in die distrik. Dis nou Willowmore/Rietbron. As ek nie verkeerd gehoor het nie is die vlieenier van George/Mosselbaai omgewing en die skut is een van die boere by ons in die distrik. Weet hulle het op een plaas 7 jakkalse geskiet, waar ons twee maande terug niks monder as 5 pare gehoor het toe ons daar geroep het.
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield