Trofee-jag
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Trofee-jag
Manne
Voor ek begin wil ek net vra, asseblief, moenie etiek hier inbring nie, dis nie wat ek wil aanraak nie!!!!
Die tyd van die jaar,raak ek gewoonlik so bietjie nostalgies,en doen nabetrgting oor al my sondes, en hoe ek hulle wil verhoed in die volgende jaar. Dis nou nadat ek nou al vir al die girls op die strand, deur my " I see you, you see me not" rayban brille geloer het ,sonder dat my vrou agterkom!
Toe begin ek wonder oor die trofeejag- ding. Ek hou daarvan,alhoewel ek nie noodwendig net daarop gefokus is nie. Ek wil ook graag volgende jaar fokus op 4 of 5 spesifieke trofees.
Waaroor ek wonder is die volgende. As ek nou 'n ph of gids of soortgelyke ou superhero kry, om my nou 'n spesifieke trofee, waarvan hy my al klaar 'n foto kan wys en die horinglengte waarborg en hom dan " top dollar" betaal vir die bok, saam hom gaan dat hy my die bok wys,en die dier dan doodskiet.
Is ek dan nogsteeds n JAGTER, of is ek 'n student.
Is dit nie soos om vir Tom Cruise te vra, om my girl in die mood te kry nie?
Ek wonder maar net, en sal graag julle opinies wil hoor.
Groete

Last edited by kopskoot on Sun Dec 30, 2012 8:51 am, edited 1 time in total.
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!

- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Trofee-jag
Interesante siening en topic....ek hou hom dop.
Ek het ook nog altyd gewonder wie die trofee "verdien"....Johaeaean of tauwknee...
Cheers

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Trofee-jag
Ja Cobus, maar Tauwnee is darem verplig om vir Johaeaean saam te vat, omdat hulle gewoonlik gevaarlike wild jag. Ek glo ook nie Johaeaean sal vir Tauwknee waarborge lewer i.t.v groottes en lengtes nie.
Maar dis n goeie begin!

Maar dis n goeie begin!
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
- henrygriffiths
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm
Re: Trofee-jag
Kopskoot, die is n vraag wat ek baie mee te doen kry!
as jy jou trofee wil jag en nie net n put en take safari wil doen om duime in die rekort boek te kry nie is jou keuse van PH/outfitter/wildboer/gids baie belangrik!
as die PH jou n foto van die bok kan wys en weet presies hoe groot is hy beteken dit die bok is mak en loop in klein kamp, is onlanks gedart en gemeet! hy staan reg om na die groot jag kamp geskuif te word sodra die jagter sy deposito betaal!
dit is belangrik om die regte vra te vra as jy die jag boek, veronderstel jy wil n trofee wildebees jag van 30duim + en jy vra n paar PH's vir pryse en jag tyd nodig en kans op sukses behoort jy gou te kan sien vir watter tiepe jag jy jou inlaat.
As die antwoord is ja ons het n 30 duimer en sy prys is $1000, kom more dan skiet ons hom gou! dan kan jy maar weet iets is nie lekker nie. ( die het dalk bietjie met etiek te doen maar dit wys net hoe blangrik die keuse van PH is)
As die Ph antwoord, ja ek weet van n plaas waar ons so n bul kry maar daar is 150+ wildebeeste op die plaas en ons gaan minimum 5 jagdae nodig he om te soek vir die regte bul dan kan jy weet jy is op die regte spoor!
ek dink as die jagter soos n student voel op n jag het hy nie die regte keuse gemaak oor sy Gids/Ph/wildboer/outfitter nie.
gewoontlik as daar gejag word vir trofee is daar n paar belangrike mense wat deel is van die jag span!
1 die jagter hy betaal vir die jag en hy moet weet waarvoor hy hom inlaat en die jag moet aan sy verwagtinge voldoen!
2 Die spoorsnyer/gids wat die plaas ken en die wild moet opspoor die PH raad gee oor waar en hoe en wanneer!
3 PH, hy moet as die spoorsnyer die wild opspoor die besluit neem of die bok groot genoeg is en die jagter help om in posiesie te kom vir die skoot.
Daar moet goeie komunikasie wees tussen jagter gids en Ph om van die jag n sukses te maak, elkeen het n taak om te verig gedurende die jag. as jagters net die veld kon instap en die eerste oggend sy trofee wildebees skiet sal daar nie vir PH en spoorsnyers werk gewees het nie. dis waarom dit so belangrik is dat die jagter die regte Ph en spoorsnyer kies vir sy jag, hy betaal vir hulle kennis, ondervinding en kontakte om die beste jagtyd, jag area en jag ondervinding te kry om sy doel te bereik die 30 duim wildebees.
Die jagter trek die sneller, dus maak hy die finale en belangrikste besluit oor sy jag. As hy nie tevrede is met die trofee, of die diens van die jag span ens? Dit berus by hom om nie te skiet nie! Die jagter moet heeltyd deel wees van die jag en nie net ongeduldig rond staan en wag dat hy aangese word om te skiet nie, dis sy jag en hy moet ook sy insette lewer oor die jag, spoorsny en bekruip dis hy wat betaal en enige Ph wat sy sout werd is weet dit en behandel die jagter dat hy deel voel van die jag!
As die jagter voel hy wil nie van die Ph en spoorsnyer gebruik maak nie en self sy 30 duimer wildebees wil jag sodat hy nie soos n student voel nie is dit egter sy keuse, maar afhangend van die die jagter se jag kennis en ondervinding moet hy bereid wees om te aanvaar dat hy paar toetse kan dop deur nie op die regte plaas te jag en verkeerde diere te jag wat nie aan sy 30 duim doelwit voldoen nie, ek se nie hy kan nie sukses vol wees nie, dit gaan net moeiliker wees en dalk meer geld kos deur vermorsde tyd. meeste jagters het verpligtinge by werk en famielie en hulle jagtyd is min so om sy doel te bereik moet hy sy beperkte jagtyd so spandeer dat hy beste waarde vir geld en tyd kry.
ek hoor graag wat se die ander manne, dis maar wat ek dink

Henry Griffiths
http://www.henrygriffithsafaris.co.za
Guns: 375 Ruger in n Ruger, Sako 300 H&H,308 howa varminter, 223 howa, 357mag, Glock 19 gen 4 9 mm

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Trofee-jag
Kopskoot
Ek dink nie iemand sal iets daarteen he^ as die klient self die jag wil lei nie. Dit gaan oor die praktiese toepassing daarvan en uiteindelik sukses. 'n Goeie PH ken die dele waar gejag baie goed, ken die "layout of the land" en weet waar die groot bokke gewoonlik gevind kan word wat baie help tot die sukses van die jag. Geen boer of Jag Ondernemer gaan 'n onbekende jagter sonder 'n gids of 'n PH in sy veld loslaat nie. Ons sit hier met amper 40 000ha en doen net "walk en stalk". Indien jy hier kom jag kan jy gelukkig wees om 'n eland of 150 op die eerste dag te sien (hier is meer as 450) maar dit kan ook wees dat jy geen eland vir 3 dae sien nie, wat nou nog van 'n werklike trofee blou bul. So die PH behoort jou 'n jag ervaring te gee en kommunikasie is soos 505hunter die heel belangrikste. Ek dink daar is geen groter frustrasie as 'n gids 'n rigting inslaan en jy as jagter moet hom vinnig en blindelings volg nie. Het een keer so 'n ervaring gehad en het nooit weer daar gaan jag nie. Dit is ook eintlik nie net van toepassing op trofee jag nie maar op enige walk en stalk jag.
my 2c

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Trofee-jag
Jaracal en Henry
Baie dankie vir julle inset en die gees waarin julle geantwoord het. Ek dink my vrae is beantwoord, en ons voel duidelik dieselfde, maar ek sal steeds graag wil hoor hoe die ander ouens voel, veral aan die jagter kant
Ps. My wens is dat alle ph's en outfitters, die bedryf soos julle sal benader en bedryf!
Groete,

Last edited by kopskoot on Mon Dec 31, 2012 8:55 am, edited 1 time in total.
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
-
immelmanw
Re: Trofee-jag
+1kopskoot wrote: Manne
Voor ek begin wil ek net vra, asseblief, moenie etiek hier inbring nie, dis nie wat ek wil aanraak nie!!!!
Die tyd van die jaar,raak ek gewoonlik so bietjie nostalgies,en doen nabetrgting oor al my sondes, en hoe ek hulle wil verhoed in die volgende jaar. Dis nou nadat ek nou al vir al die girls op die strand, deur my " I see you, you see me not" rayban brille geloer het ,sonder dat my vrou agterkom!
Toe begin ek wonder oor die trofeejag- ding. Ek hou daarvan,alhoewel ek nie noodwendig net daarop gefokus is nie. Ek wil ook graag volgende jaar fokus op 4 of 5 spesifieke trofees.
Waaroor ek wonder is die volgende. As ek nou 'n ph of gids of soortgelyke ou superhero kry, om my nou 'n spesifieke trofee, waarvan hy my al klaar 'n foto kan wys en die horinglengte waarborg en hom dan " top dollar" betaal vir die bok, saam hom gaan dat hy my die bok wys,en die dier dan doodskiet.
Is ek dan nogsteeds n JAGTER, of is ek 'n student.
Is dit nie soos om vir Tom Cruise te vra, om my girl in die mood te kry nie?
Ek wonder maar net, en sal graag julle opinies wil hoor.
Groete
Ek dink nie Tom Cruise kry haar net in die mood nie, as hy weet hoe lank die horings is, was hy seker al daar gewees........
- Sam Kelbrick
- Full Member

- Posts: 124
- Joined: Tue Apr 26, 2011 9:44 am
Re: Trofee-jag
Willem - die onderwerp is Trofee-jag nie Trofee-jags nieimmelmanw wrote: +1
Ek dink nie Tom Cruise kry haar net in die mood nie, as hy weet hoe lank die horings is, was hy seker al daar gewees........
Value has a value only if its value is valued
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Trofee-jag
Ronald,
As daardie trofee op die muur hang het hy 'n storie om te vertel of moet jy 'n storie opmaak?
Solank jy gelukkig is met wat jy doen doen dit dit is elke jagter se reg om te doen wat hulle hart begeer.
Het jy dalk al jou spore gemaak in die veld agter die spesiefieke spesie maar kon net nie die kans kry nie ?
Is dit dalk een van daardie deals wat jy nie kan los nie, plaas word verkoop sonder die wild, grond hervorming ens. ?
Wat van, jy gaan al die pad ZIM toe en in jou eerste uur ry julle vas in 'n 50" buffel wat nie van julle weet nie gaan jy hom los omdat jou jag van 10 dae nou net begin het ?

.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Trofee-jag
Kopskoot, ja dis lekker om daai mooi trofee teen die muur te he, maar dan moet daar n storie aan wees. Ek jag al baie lank, maar het verlede jaar eers n kudu bul trofee (56 7/8) geskiet. Die geleentheid was daar, vasgeloop in hom (eintlik op soek gewees na rooibok ram vir my dogter se eerste jag) en toe hy daar staan toe weet ek!! Ekt nie n idee van horing lengtes skat nie, en die gids wat saam was nog minder, maar hy was vir my mooi en ek wou hom he!!
Ek het toe dieselfde dag my meisiekind haar eerste rooibok ook laat skiet, 27" ram, ekt nog nie eers so rooibok geskiet nie, maar dit was eintlik haar jagtrip!
Ek dink as jy daarop uitgaan om trofee's bymekaar te maak, kan jy 10 in n jaar kry as jou bankbestuurder saamspeel, maar vir my persoonlik is dit lekkerder om te soek tot jy daai een kry wat jou hart laat klop, en as die pelle kom braai kan jy vertel van daai trip waar jy daai wildebees Alldays geskiet het, en 2 jaar later het jy daai kudu op Thaba geskiet, en daai eland het jy verlede jaar op Sentrum by oom Koos gekap, en sien julle daai blesbok, het ek op Marken in die ligte sneeu geskeit.
Klink dalk dom, maar dis hoe ek myne bymekaar maak, al jare lank besag, en het nog net n waterbok, blouwildebees, swartwildebees, blesbok, eland, vlakkie, gemsbok en kudu, maar elkeen het n lekker "true story".
Sterkte met die besluit!!

38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Trofee-jag
Off topic, watse 4 spesies target jy?
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
-
immelmanw
Re: Trofee-jag
Kopskoot,kopskoot wrote: Manne
Voor ek begin wil ek net vra, asseblief, moenie etiek hier inbring nie, dis nie wat ek wil aanraak nie!!!!
Die tyd van die jaar,raak ek gewoonlik so bietjie nostalgies,en doen nabetrgting oor al my sondes, en hoe ek hulle wil verhoed in die volgende jaar. Dis nou nadat ek nou al vir al die girls op die strand, deur my " I see you, you see me not" rayban brille geloer het ,sonder dat my vrou agterkom!
Toe begin ek wonder oor die trofeejag- ding. Ek hou daarvan,alhoewel ek nie noodwendig net daarop gefokus is nie. Ek wil ook graag volgende jaar fokus op 4 of 5 spesifieke trofees.
Waaroor ek wonder is die volgende. As ek nou 'n ph of gids of soortgelyke ou superhero kry, om my nou 'n spesifieke trofee, waarvan hy my al klaar 'n foto kan wys en die horinglengte waarborg en hom dan " top dollar" betaal vir die bok, saam hom gaan dat hy my die bok wys,en die dier dan doodskiet.
Is ek dan nogsteeds n JAGTER, of is ek 'n student.
Is dit nie soos om vir Tom Cruise te vra, om my girl in die mood te kry nie?
Ek wonder maar net, en sal graag julle opinies wil hoor.
Groete
Ek dink nie dat man met jou verstand en intergiteit, hoef eers die vraag te vra nie! Jy het klaar jouself geantwoord!