Hi manne
Ek wonder net so uit onkunde, hoeveel volt en amp is aanvaarbaar om te verloor vanaf die battery, deur die borsels to by lig?
Ek meet 12,55 Volt op battery en selfde by dimmer, maar +- 19 Amp by battery en maar net 12 Amp by dimmer. Is dit aanvaarbaar of oet ek my bedrading nagaan?
By die borseltjies wat op koper bushing loop, is daar twee heelwat dunner draadtjies, tipe flex draad, sal n mens nie dalk daar baie krag verloor nie, die draadjies is nie langer as 5cm nie.
Groete
Danie
Volt & Amp by battery en stoel??
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Volt & Amp by battery en stoel??
Danie
Meet jy die laer Amps net voor die lig of nadat die krag by die borsels verby is. Hoop jy verstaan my. Ek beduie maar sleg met woorde
Ek het ook 'n vermoede dat iets besig is om my lig se krag te "steel" en ek weet nie wat nie maar het ook nog nie Amps gemeet nie. Ek het tog 'n brass borselstelsel wat die krag met 4x 5mm borsels oorbring met 4mm drade.
Groete
JAS

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Volt & Amp by battery en stoel??
Jassie,
Ek het die amps gemeet net voor lig net na dimmer. Ek weet nie of mens die amps behoort te meet nie, want die metertjie se drade het maar baie warm geword, ek nie so groot boffin met krag nie, maar weet dam hoe om plug reg te maak , haha.

smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Volt & Amp by battery en stoel??
Dags?,
Ek weet ook nie of ek die saak reg verduidelik nie, maar sal probeer.
As die amps verskil op verskillende plekke in die kring, is iets besig om krag te steel. Dalk die dimmer? Dit behoort nie te wees nie, maar meet gerus voor en na die dimmer. As daar 'n meetbare verskil is, kry 'n ander dimmer. Enige ander probleem, soos te ligte drade of borsels, kan makliker gemeet word deur die spanning (volts) te meet. In totaal, tussen battery en lig glo ek 'n maksimum val van 1.5 volt is aanvaarbaar. Dis nou met die dimmer vol oop. As die dimmer enigsins afgedraai is, bring dit die spanning op die lig af, en is die stroom (amps) noodwendig ook laer.
Ek ken nie al die dimmers nie, ek glo dat sommige nie analoog (weerstand) is nie, maar vinnig aan en af skakel. Sulke digitale skakeling het dieselfde uitwerking op die lig as analoog verstelling, maar kan jou meting baie rond foeter. Gebruik liewer 'n analoog meter, een met 'n wyser, dis meer betroubaar as digitale meters in so 'n kring.
Nogtans, as jy genoeg spanning (volts) op die lig kry met die dimmer vol oop, sien ek geen probleem nie. Onthou ook dat jou battery spanning nie konstant is nie. Daardie 12.55 volt sal net 'n kort tydjie wees nadat die battery gelaai was.
Groete
Johan Smit

Dankie Johan,
Ek meet, met dimmer heel oop ewe veel Volts by lig, na dimmer en by battery self, so die volts bly dieselfde, maar die amps val! Dalk is dit net omdat ek nie die amps met regte meter of op regte verstelling meet nie? Ek het wel met die digitale meter gemeet.
Groete
Danie
Ek meet, met dimmer heel oop ewe veel Volts by lig, na dimmer en by battery self, so die volts bly dieselfde, maar die amps val! Dalk is dit net omdat ek nie die amps met regte meter of op regte verstelling meet nie? Ek het wel met die digitale meter gemeet.
Groete
Danie
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Volt & Amp by battery en stoel??
Hello Danie,
Jammer, ek dink die unread posts since last visit ding het my verneuk. Ek sien nou eers jou vraag.
Ek dink regtig nie jou stroom word ernstig gesteel nie. Enigiets wat redelik stroom trek sal warm word.
Voel dit, dit sal 'n beter aanduiding wees as daardie meter van jou. Die goed word werklik baie rondgefoeter deur die vinnige aan en af skakel van die dimmers.
Word die dun draadjies by die borsels warm? Indien nie, en indien jy genoeg spanning op die lig kry met die dimmer vol oop, is daar geen probleem nie. (Nie meer as 1.5 volt verskil tussen battery en lig nie).
Onthou ook dat die battery se spanning maar baie wissel, enigiets tussen 14.7 volt as die alternator laai, en 11 volt ongeveer vir 'n pap battery.
Moet liewer nie die stroom meet met daardie meter waarvan die drade warm word nie.