Chrono Connect Mobile Pro

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
User avatar
donderkop
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Sat Nov 13, 2010 7:39 pm

Chrono Connect Mobile Pro

Post by donderkop »

Vir die windbuksman is dit nogal belangrik om te weet wat die gemiddelde snelheid van die spesifieke patroontjie[voet per sekonde] is.  Dis veral nodig as jy met 'n "mil dot" teleskoop skiet en jy Chairgun gebruik om die regte lesing op jou teleskoopkruis te kry.  So weet jy bv dat X-patroontjie teen Y-snelhed op 50 tree 2 mildots op die onderste merk gemik word.....ens.  Dit is maar die basiese beginsel wat skerpskutters gebruik om hul teiken op twee kilometer+ te tref - oorvereenvoudig!

Ek moes gedwonge my selfoon 'n week of wat gelede opgradeer en het so 'n "Andriodfoon" moes kies!  Erens lees ek van die Chrono Connect Mobile vir andriod fone en ek besluit toe om die program af te laai op my selfoon.  Aanvanklik het ek die" Lite" gratis weergawe afgelaai, maar vir R35 rand het ek toe die "Pro" aangekoop en toe op die proef gestel!

Om 'n lang storie kort te maak:  dit werk soos 'n bom!!  Ek weet nou wat my windbukse se trompsnelhede vir elke patroontjie is!  Hoe akkuraat is dit?  In die video reken hulle so 4 vps verskil met gewone chronograaf!!  As jy bogenoemde gaan google, sal jy wel daarop afkom.
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: Chrono Connect Mobile Pro

Post by BenG »

Dankie, sal dit beslis probeer!
Weihrach HW97K
.22 Brno
Beretta A300
308 Howa 1500 Varmint
6.5 x 55 Howa (wag vir SAP)
9mm Glock 17
Roni....
Post Reply