Sommige manne wil nie leer nie

Post Reply
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Sommige manne wil nie leer nie

Post by Raven »

Ek wil maar net dit saam julle deel..

Ek gaan laasweek vrydag na Ahrens guns hier in Windhoek en ontmoet toe ander plaasboer wat ek so 'n jaar gelede kennis mee gemaak het, ek sien die man is bietjie intreseerd met "nagroep equipment". Vra toe maar uit waarvoor hy dit wil gebruik, en hy se sommer reguit die jakkalse maak hom klaar, hy kry die jakkies sommer so klompe ini die dag ook, en nou wil hy hulle "gou" bietjie gaan uitroei. Sy "equipment" sluit in 'n rooilig(nie lightforce) en 'n cd met geluide op. Ek kyk so vinnig na die cd en sien leeu, hyena, jackrabbit, jakkals op. Ek bied toe aan om hom te gaan help, maar die ou s? toe reguit, "NEE man ek skiet hulle sommer die naweek uit, dan is my probleem opgelos,'n man speel net die CD uit die kar en dan looi ek hulle met my 30-06".  ::)
Wou toe nie verder my asem mors, en los hom toe om sy gaan te gaan.

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Sommige manne wil nie leer nie

Post by Francois Marais »

Norton

Ongelukkig is hy nie allaan nie, daar is baie van hulle hier rond.

Man soek my laas week, ek se hom ek is besig, sal hom bel sodra ek by die huis is, doen toe ook so vanmore. Man se my toe, nee hy is nou sooo besig hy kan nie nou tyd aan my afstaan nie, in elk geval kom sy seun volgende week uit Engeland??? kuier en kan hy ma in die aand rondry en jag, dan kry hy sommer kans om weer n slag bietjie te skiet. Sy volgende prys is 1000 per nag plus 1000 per Jakkals.

Ek dink ek het jou al gese van die man wat, toe ek hom my nag prys gee, hy n "WAARBORG" wil he dat ek wel die jakkals sal skiet.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply