Jakkalsgat Safaris

User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jakkalsgat Safaris

Post by Jakkalsgat »

Grumpy

Blesbok en Springbokjag alleen 20 man maar as ons die ander goed wil skiet, Koedoe, BWB, Rooibok en paar ander kan ek 10 man akkomodeer.

Hoop dit gee indikasie

Groete
Jaco


WELTEVREDE JAGPLAAS

Ligging
Weltevrede is gele? tussen Douglas / Hopetown en Prieska in die Noord  Kaap ongeveer 350 km vanaf Bloemfontein met jou naaste groot lughawe in Kimberley.
Tipe Veld
Met sy grasvelde, rooisand en kameeldoring maak Weltevrede deel uit van die Groen Kalaharistreek met plek, plek harde Karoo veld en baie Swarthaak bosse. Weltevrede is beslaan ongeveer 3000 ha waarvan ongeveer 1000 ha met wildheining toegespan is.
Blyplek
Slaaplek bestaan uit 10 enkelbeddens in 2 afsonderlike Iglos wat gele? is onder 1 Kameeldoringboom waarvan die ouderdom geskat is op 300 jaar. Ons maak gebruik van ?n kragopwekker vir krag om die ligte in die aand aan te skakel. Toiletgeriewe wissel van ?n ??longdrop? waar jy vroegoggend oor die veld kan uitkyk tot ?n spoeltoilet tussen gepakte bale vir privaatheid. ?n Stort en wasbak is gebou in ? ou dieseltenk met warmwater afkomstig uit ?n donkie wat gestook word met swarthaak hout.

Kombuis en kookgeriewe

Met ?n gasvrieskas as enigste koudmaak ding beveel ons aan dat jy koelhouers bring vir jou drankies, kos word voorberei op swarthaak vure asook gasstowe.

Slag en koelgeriewe 

Slag en hangplek is onder ?n boom en koelgeriewe op naburige plaas word slegs gebruik in uitsonderlike gevalle waar dit baie warm is. Aangesien die nagemperature in die minusse in beweeg en selfs tot minus 12 gereeld gedurende Junie en Julie gemeet word is dit nie ?n probleem nie. (Tipies Kalahari klimaat)

Plantegroei

Kameeldoring (vaal sowel as groen) , Swarthaak en Witgat: Driedoring, Wag ?n bietjie bos
Soetgras, steekgras en bloubuffelgras en vele meer maak deel uit van ons plantegroei.

Dierelewe

Eland, Koedoe, Waterbok, Blouwildebees, Rooihartbees, Gemsbok, Rooibok, Springbok (Swart + Gewoon),  Blesbok (wit + gewoon), Steenbok, Duiker , Volstruis en Blouaap

Tarentaal, Gompou, Korhaan  en verskeie valke is deel van ons vo?llewe

Rooikat, Rooijakkals, Bakoor, Aardwolf, Tierboskat, Ystervark, Erdvark, Skilpad en talle ander kleiner diere kom hier voor.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jakkalsgat Safaris

Post by Jakkalsgat »

Hier is 'n paar fotos van Weltevrede

Aankoms by die kamp

[img width=560 height=373]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... ankoms.jpg[/img]

Braai en kuier area

[img width=560 height=373]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... aiarea.jpg[/img]

Kamp van buite met bietjie vuurmaakhout

[img width=560 height=369]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... nbuite.jpg[/img]

Afgeneem vanaf slagplek

[img width=560 height=373]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... agboom.jpg[/img]

Donkie vir warmwater

[img width=560 height=420]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... donkie.jpg[/img]

Aand se kuier met gatverwarmers

[img width=560 height=373]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... eaters.jpg[/img]

Binnekant van die Iglos elk met 5 beddens en beddegoed toegerus

[img width=560 height=373]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... APPLEK.jpg[/img]

Net 'n foto om te wys hoe veld lyk

[img width=560 height=373]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... peveld.jpg[/img]

Vloot
Last edited by Jakkalsgat on Thu Nov 29, 2012 11:47 am, edited 1 time in total.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Jakkalsgat Safaris

Post by Jean Marais »

Ai tog Jaco, hoe kan jy DIT aan 'n man doen. Ek gaan jou verseker kom besoek volgende jaar vir Eland en springbok as ek mag.

Dis 'n pragtige stuk aarde daai.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jakkalsgat Safaris

Post by Jakkalsgat »

Sorry Jean

Ok, ok hier is die foto nou

[img width=560 height=420]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... 0343-1.jpg[/img]
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Jakkalsgat Safaris

Post by grumpy »

Wie is daai klein man???
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Jakkalsgat Safaris

Post by FCLoretz »

grumpy wrote: Wie is daai klein man???
Ek moet saam stem, daai ou is bietjie dun om grompie te wees.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Jakkalsgat Safaris

Post by Hugov »

Jaco jy moet groooot groete stuur vir oom Lappies.

Loubcher jou......... NAR
;D ;D ;D ;D
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
At308
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Tue Sep 04, 2012 3:18 pm

Re: Jakkalsgat Safaris

Post by At308 »

Manne,

Daai lyk lekker, tel my in vir daai jag van 2013!

Attie
Brno 22LR
Brno 308Win
BSA 303British
Custom K98 375 H&H (Vector barrel)
Browning Hi Power 9mm Para
Ruger Mini 14' 223 rem
Musgrave 30-06
User avatar
stephensonsknives
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 305
Joined: Tue Dec 08, 2009 3:50 pm

Re: Jakkalsgat Safaris

Post by stephensonsknives »

jakkalsgat

weet jy hoe mis ek daai wereld ,het op jan kempdorp grootgeword, en as ek daai rooisand so sien ,dan wil my hart uitskeur want ek sien net swart teerpaaie hier by ons

gooi asb die pryslys deur wanneer dit reg is,sommer kyk of my mannetjie kan saamgaan dan

groete
Bewarings Beampte Baviaanspoort
www.stephensonsknives.com
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jakkalsgat Safaris

Post by Jakkalsgat »

Maak so
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Post Reply