Vriende.Ek wil graag hoor wat julle opinies is aangaande die jag van die twee spesies waneer die maan vol is.
Ek het vandag weer gehoor dat jy uit die veld moet bly met die volmaan.N ander vriend se weer hy verkies dit om te jag 7-4 dae voor die maan donker is en dan 7-4 dae na donkermaan.Het die maan regtig n invloed en is daar n tydperk in die jaar wat n man kan se dit is die beste tyd van die jaar vir die jag van die twee spesies?Ek glo dat kamoeflering van die voertuig n groot rol speel en ek het vandag n beter plan gemaak met myne,maar dit is n bitterpil om te sluk as die jak. my so uit oor le.[ha ha ha]
Ek luister en lees graag wat die ervare manne te se het.
Jakalsgroete en Vrede.
Christo.
Jakkals en Rooikat jag.
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Jakkals en Rooikat jag.
Christo, ek werk skofte en moet maar jag as ek kans kry, so ek kan nie besluit maan is reg of nie. Ek het daai aand met die super maan vanjaar, 2 tewe geroep en geskiet. Vol maan, probeer langs n bos stop, dit help baie om die bakkie se buitelyne te breuk. Staanplek is belangrik!
Groete Alex
Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Jakkals en Rooikat jag.
Ek het al bitter baie jakkalse in die vol maan geskiet met n wit bakkie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Jakkals en Rooikat jag.
Het al ook Jakkalse suksesvol geroep en skiet met volmaan - MAAAR ek moet by s? dit is in 'n area waar daar nie veel beheer toegepas was nie en jakkalse was volop en hardop vir kos.
Die afgelope tyd nadat ek die areas deur gewerk het en die tanne manne so bietjie minder gemaak het, is my sukses verseker minder oor volmaan aande. Die laaste tyd wat ek op volmaan probeer roep en skiet het was die veld dood stil en geen jakkalse gesien of gehoor nie. Het weer goeie sukses gekry toe die maan beginne afgaan het tot en met so paar dae voor volmaan.
Het juis Maandag aand my "luck" probeer nadat die toets kamera by my geland het. Baie klein wild gesien maar geen kwaad doeners nie - nie eers gehoor of geruik nie...

SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!