Van my aankoms tot die minuut wat ek vertrek het was ek soos n koning behandel. Ek het net een keer daar geeet en dit was die hele tyd wat jou oe oop is en van die lekkerste kos. (As iemand gaan saam met hom moet jy aandring op sy lasange!)
Vrydag aand was alles bespreek en vas gemaak en ons het Saterdag oggend 5uur gery na n plaas 150km buite Bloemfontein. Silent Hunter was saam op die jag en dit was nou lekker om saam met die forum manne te wees. Die ander man wat saam gegaan het is Jaco se een vriend wat ook saam gegaan het. Die geselskap op pad was lekker maar die wind het gewaai! Ongelukkig so 50kpu+!
Opdie plaas aangekom het ons die trailer af gehaak en alles reg gekry om veld toe te gaan. Gewere was in geskiet op 200m Met n wind skuins van agter en alles was gou op plek sodat ons kon begin.
Silent Hunter is afgelaai op n punt en ek is verder af gelaai. Met my dit g-t het ek agter n miershoop gaan sit en my dinge reg gekry. Jaco het ver op n randjie gesit en kyk met die verkyker wat gebeur. Die Springbokke is eerste maar dadelikdeur na die volgende kamp sonder dat een geval het maar hulle was ook te ver gewees en ons wou nie kans vat met die wind wat so sterk was nie. Die Blesbokke het in ons rigting gekom en ons was reg. Hulle het n draai verby SH geloop in in my rigting gekom. Ek het plat op my boude gesit en myself gemaklik en in posisie gekry. Toe die voorste bok naby genoeg was en ek seker was ek sal die skoot vat het ek gefluit en hulle het stil gaan staan. Die skoot het geklap en Jaco het net die stof wolk langs die bok gesien maar niks gehoor nie. Die bok het daar weg gesring met n spoed met sy gat so laag soos n Ferrari! So paar meter verder het hy geval met n groot stofwolk. Ek het gesit en kyk en die skoot was mooi en hy het bly le. Ek het op gestaan en na die bok geloop en Jaco het af gekom met die bakkie. Foto is geneem, bok is gelaai en hy het weer uit die kamp gery.
Die volgende bok het geval deur Jaco se vriend wat hy plat getrek het. Jaco het weer in gekom en die bok gelaai. Ek het op my plek gebly en nie beweeg nie. Die bokke het weer met n draai gekom van die teenoorgestelde kant voor en die eerste een geskiet het. Ek het gesien hulle is op pad reguit na my. Hulle was so in n bondel en ek wou nie skiet want daar sal n ander bok gekwes wees as ek enige een sou skiet. Hulle het gestop en rond gekyk. Links op skuins teen die wind beweeg. Ek het gefluit en hulle het gestop. Die een wat ek wou skiet het voor n ander bok gaan staan. Ek het gewag tot hulle weer beweeg en weer gefluit. Toe hulle die keer stop was hy oop en die doef het mooi geklink! HY het ook daar weg gespring met n helse spoed. Hy het n speed wobble gevang en seker so 3 keer gat oor kop gegaan en stil gele. Ek het op gestaan en my sak en goed gevat en die geweer veilig gemaak en na die bok gestap. Jaco hulle was daar voor my en my rigting was bietjie uit met die wind in my gesig en my oe het getraan van die wind wat so waai. Weer n foto geneem en bok is gelaai. Daar het Jaco die bokke oop gemaak en skoon gemaak en al die bokke was gebloei toe hulle gelaai was na die skiet.
Terug by die plaashuis het Jaco die koelboks gebring en daar was gegeurde water, sap, bier en n verskeidenheid van drink goed. HY het die vuur aan gesteek en het Blouwilde bees rugstring, wilds wors en so baie goed gebraai en ons het geeet dat ons snaaks lyk. Die ou mense op die plaas was net so vriendelik en gaaf. Hulle het saam gebraai en die ou tannie het souskluitjies gemaak en skons met tuis gemaakte appelkoos konfyt en artappeltjies in die skil. Ons het so lekker en so baie geeet ons kon net daar om dop en slaap.die mense was so gasvry en so vriendelik gewees, dit was n plesier om op hulle plaas te kon jag.
Daai aand toe het Jaco skaapribbetjie en weer n verskeidenheid goed gemaak om te eet. Sy vroutjie was net so gasvry en sy het dit so gemaklik gemmak dat ek amper nie wou huis toe kom nie!!
Sondag oggend 6 uur het ek terug huis toe gery en die karkasse by my slagter af gelaai. Ek is huis toe en 30 minute later het ek WEER geeet!!!!!!!
Ek wil net se dit was een lekker naweek gewees en ek het dit regtig baie geniet. Ek sal Jakkalsgat Safaris enige tyd aan beveel vir die manne.
Ek wil ook dankie se vir Wielewaps wat gereel het dat ons by sy skoonouers se plaas kon jag.
Dankie aan Jaco vir die jag, SH vir die geselsskap en was lekker om jou te ontmoet. Sal graag weer saam met julle manne wil gaan jag volgende jaar.
Baie dankie.

