Herlaai data 303 British

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Monrique (SJ) »

Ek toets nog S355 in WW doppe met 215gr en 200gr en kry sover goeie spoed.

DirtyOldsix

Hoe skiet die roer met die teleskoop wat Duitser opgesit het? is dit ringe "gelap" en in lyn met die loop?

Groetnis
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

SJ wrote: Ek toets nog S355 in WW doppe met 215gr en 200gr en kry sover goeie spoed.

DirtyOldsix

Hoe skiet die roer met die teleskoop wat Duitser opgesit het? is dit ringe "gelap" en in lyn met die loop?

Groetnis
Die Impala's is baie belowend, 45 gr S341 groepeer 2 keer na mekaar in 1moa! Ja Duitser het 'n goeie joppie gedoen. Die scope is perfek opgelyn en die geweer was na 5 skote ingeskiet op 100m.  Toe probeer ek die Impala's en sien deur die scope hoe 44,5 grein so 1.5 duim uitmekaar tref.  45gr sit die eerste 2 gate bymekaar en die derde skoot so 20mm weg! Oor goed genoeg.

Ek is bly ek het nie destyds die Sightron S2 Bigsky verkoop nie, dis 'n puik scope.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

SJ wrote: Ek toets nog S355 in WW doppe met 215gr en 200gr en kry sover goeie spoed.

DirtyOldsix

Hoe skiet die roer met die teleskoop wat Duitser opgesit het? is dit ringe "gelap" en in lyn met die loop?

Groetnis
SJ net 'n regstelling.  Ek het agtergekom die scope wil nie lekker verstel nie. Ek vat hom toe na Kobus by VGK wapens en hy se my basisse is heel skeef.  Hy maak dit toe reg en nou stel die scope te lekker.  Duitser moes Saterdag 'n klient by die skietbaan kry om hom te help met sy geweer wat hy deur Duitser laat "oordoen" het.  Swarofski Z5 5-25 aan die outjie verkoop. Duitser daag dood eenvoudig nie op nie. Ek probeer die ou toe help en probeer bore sight maar die scope is op maksimum elevasie en skiet nog steeds op 25meter los onderdeur die teiken.  Het nie shimdisk of dergelike dinge by my gehad nie so ek kon hom nie verder help nie.  Ek dink dis darem swak om nie eers op te daag nie.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Gerhard »

Ek het gister middag weer bietjie die kettie uitgehaal en af gestof.

Ek het die 4.5-14x50 Burris Fullfield II op gesit en gaan in skiet...

[img width=560 height=400]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 78F847.jpg[/img]

Ek was weer eens verbaas oor hoe min die 303 skop. (Seker omdat ek die laaste ruk met die 375 H&H vd bench af geskiet het)

Ek het n KD van Pieter Jacobs af oppad en hopelik is die skroef draad volgende Saterdag in gesny.

Dan kan ek hom mooi zero.

Die kettie gaan skiet soos n muis met slippers...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by bex »

.303 bly vir my n lekker kaliber , sy recoil is vir my net soveel ligter as meeste ander kalibers.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by spekieries »

Ek het nog nie ander dryfmiddel as 335 op my .303 probeer nie. My no4 m 1 skiet  Sierra Pro Hunters 180 Gr bymekaar. Hy skiet die 150Gr Sierra 's ook mooi, maar ek sukkel met die 174 Hornady rondeneuse.  Ek oorweeg sterk om sy loop korter te maak en 'n ou milit?re kolf op te sit sodat ek hom vir my 10 jaar oue seun kan korter maak.

Soos hy groei sal ek gedeeltes van die kolf by lym en as hy groot genoeg is die pasmaak kolf terug sit.

[img width=560 height=315]http://i780.photobucket.com/albums/yy85 ... 0_1085.jpg[/img]

Boeta met die geweer wat ek wil reg maak vir hom.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by JPS »

Spekieries

Dis presies wat ek gedoen het. my seun skiet vol ladings met hom so vanaf 9 jaar was. het eers 75gr impalas gelaai en toe vir hom
terminator knaldemer opgesit. Dis baie belangrik vir die seuns om met regte kolf lengte te skiet, hy moet mooi in die skouer pas.

My seun is nou 11 jaar oud en hy sit op grond en skiet, van bi pod af, van die manne stil wat van die bank afskiet met dooierus.

Mooiloop
JP
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Hilux01 »

Mnre,

Ek sien daar is bietjie lanklaas gesels hier oor die 'öu betroubare" kaliber
Ek gaan die naweek saam die jagvereninging skiet en al hoe wel dit die 9.3 se beurt is gaan ek ook die 303 saam neem

Ek het soos in die verlede genoem 180gr Sierra Pro Hunters gelaai, CCI 200, 41gr S341 en PMP doppe en baie goeie groepe gekry (0.8"- 3 skoot)
Ek het Junie maand n koedoe koei, 2 varke, 3 rooies gestamp met die kombinasie maar kon geen koeels herwin nie, almal deur gegaan
Maar op Swartwater in Augustus het ek geskrik ek het n vark op 30m van agter op die skof/ hoog op die nek geskiet (al wat ek kon sien in die lang gras) die outjie het net daar geval. Toe ons die koeel herwin, wat die nek werwels getref het, en weeg was daar slegs 81gr oor - dit was n "huh" oomblik  - en ek het begin wonder wat gaan die Sierra maak as ek n BWB op die knoppe skiet en dalk been slaan

Nou begin ek wonder tussen  Sierra is nie n bonded koeel nie, so ek gaan Claw probeer, maar wat van iets soos Hornady Interlock? Dit is ook nie n bonded nie maar kan dalk wat akkuraatheid aan beteken beter wees as die Claw. Gaan die Hornady beter as die Sierra presteer wannee ek jag?

Hoor graag wat julle manne dink

Henk
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by LUAN »

Nooit! Daai hornady breek op n vark sonder om been te tref, die lood spring uit die mantel. Soos die ouens se Interlock vir teiken en Interbond vir jag. Rhino maak ook lekker .303 koeels wat baie mooi mushroom.
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Petrie303 »

Dagse,

Moet nie vergeet van Barnes 150gr TSX nie.... Ek skiet huklle uit my EPPS en hulle maak mooi. jy sal nie een dag spuit wees nie!!!
Vleis skade is baie min, kon nog nie 'n punt herwin nie.... Ek het nie lank terug 'n vlakvark in die kuiltjie geskiet en die kooel is by die bout van die vark uit....

Petrie
" The more you practice the luckier you get "
"A fool with a tool stays a fool"
"Dit is die paar duim agter jou scope wat saak maak"
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

.303 wrote: Nooit! Daai hornady breek op n vark sonder om been te tref, die lood spring uit die mantel. Soos die ouens se Interlock vir teiken en Interbond vir jag. Rhino maak ook lekker .303 koeels wat baie mooi mushroom.
Die Rhino 175gr het puik gewerk in my eerste .303.  Hulle is ook lekker akkuraat. 
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Bass
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Apr 15, 2012 11:25 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Bass »

Petrie303 ek stem saam,die 150gr Barnes TSX werk baie goed uit my geweer ook,goeie akkuraatheid,ek skiet hom 2450'/s, S341 met 42.9gr.Het hele paar "feral pigs" met hom geskiet op afstande 20m tot 100m,meeste is dwarsdeur het 2 punte terug gekry en uitgangs wond wys hulle het mooi omgeklink.Paar springbokke en blesbokke met dieselfde punte ook geskiet,en op 200m is die spoed redelik laag en nie een het soos n "solid" gereageer nie al het party nie been getref nie.Die is myne,gekoop teen R50-14c in 1988 en was my eerste wapen,die 100 patrone was R90-00,duurder as die wapen en hy was in die ghries toegedraai,het homself gesport.
Geniet jou 303!!! 
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22LR/410 3" , 12Br Single , 12Br Double ML ,  357Magn , 45ACP , 303Br , 300WM , 375H&H , .416 Ruger (in planning ) ,  .50Cal ML Inline
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Gerhard »

Die ding met die 303 is dat sy spoed van so aard is dat mono punte redelik vinnig spoed verloor en dan soos n solid reageer.

Mono's soek daai spoed om omte klink.

Ek het dit veral agter gekom met Rhino 215gr's wat jy moet teen 2200fps stoot om regtig om te klink.

In my opinie is n bonded lood kern dalk net die antwoord vir 303 se spoed.

Ek het n klomp bokke tot op 200m met kliente laat skiet met 174gr pmp's en hulle het mooi gemaak omdat spoed hier nie so hoog is nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Geno »

Gerhard,
Rhino's is net 'n mono in sy agterkant. Die voorkant is lood. Maar ek stem saam met jou. Het 'n 200gr gesien uit 'n blouwildebees (30-06 met baie lae ladings), en hy kan amper weer gelaai word. So min het die koeël vervorm.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Hilux01 »

Bass

Daai is n mooi kettie

Gerhard/ Geno dankie manne ek wil saam stem
"Horses for courses" en ek reken die matiger snelheid van die 303 is gebou vir bondeds, ek gaan more my 303 met 180gr Claw probeer
Sal julle op hoogte hou
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Monrique (SJ) »

Hilux01

Naa aanleiding van jou navraag oor koeels en veral die Hornady Interlocks, kyk op die skakel: http://jaracal.com/index.php/topic,4627.0.html  na die resultate wat ek met n 150gr gekry het in my 303 op n Eland, daar is foto's van die herwinde koeel aangeheg.

Soos Gerhard genoem het moet die spoed net onder 2500fps gehou word anders gaan dit nie so mooi wees nie.

Ek het ook oorgegaan na die Claw koeels toe in die 303, omdat my .308 nou gebruik word met ligter koeels. Ek skiet die 200- en 215gr in die roer en is baie in my noppies daarmee. Die 215gr stoot ek teen 2200fps en die 200gr koeels teen 2300fps in Winchester doppe met S355 kruit.

Glo jy sal sommer lekker gooi met die 180gr. Kom vertel gerus hier hoe hulle maak asb.


Groetnis
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by LUAN »

Ek het besluit ek sal hulle nie gebruik na ek gesien het wat die 165gr .308 koeel op n vlakvark gedoen het sonder om been te tref. Die afstand was kort +-50m. Sy lewer was gemince en daar was twee uitgangswonde. Nou wat Sj se oor die laer spoed met die .303 sal ek hulle dalk oorweeg en is goedkoop genoeg om sommer papier te skiet as ek so na die pryse kyk http://www.helber.co.za/p/520780/303-ca ... AE-sp-3120
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Frederik »

Ek het al die jare voor ek begin het om impalas in my 303 met die 174gr Hornady interlocks geskiet spoed was gemiddeld om en by 2400 fps en die varke en koedoes koeie en bulle het mooi geval. Die 165gr 308 het seker die vark geslaan met 'n spoed oor 2500 fps.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Frederik »

OK, krap in die kas en sien daar is nie meer S335 nie maar halwe blik S355 en ek het heel paar 130gr Impalas en net PMP doppe.

Nou het ek gelaai maar ek sien PMP se volumes is regtig baie klein en ek weet meeste se S355 is beter vir swaarder koeels maar die doppe is naby aan vol en selfs net oor 100% volgens QL nou sal ek maar sien wat hulle doen.

QL het vir my gegee dat 36.7 gr S355 teen 25 grade celsius met PMP dop en totale lengte lengte van 75mm my 2600 fps gaan gee en dit behoort my node spoed te wees met die 25" loop.

Ek het paar gelaai 37.7 gr as maks en die dop is dan 102.6 % vol

As alles mooi loop gaan ek dit toets volgende naweek op die baan.

Voor iemand vir my se koop ander doppe ek het 200 van die goed en ek gebruik net die 130gr impalas so het nie meer dop volume nodig nie.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Frederik wrote:OK, krap in die kas en sien daar is nie meer S335 nie maar halwe blik S355 en ek het heel paar 130gr Impalas en net PMP doppe.

Nou het ek gelaai maar ek sien PMP se volumes is regtig baie klein en ek weet meeste se S355 is beter vir swaarder koeels maar die doppe is naby aan vol en selfs net oor 100% volgens QL nou sal ek maar sien wat hulle doen.

QL het vir my gegee dat 36.7 gr S355 teen 25 grade celsius met PMP dop en totale lengte lengte van 75mm my 2600 fps gaan gee en dit behoort my node spoed te wees met die 25" loop.

Ek het paar gelaai 37.7 gr as maks en die dop is dan 102.6 % vol

As alles mooi loop gaan ek dit toets volgende naweek op die baan.

Voor iemand vir my se koop ander doppe ek het 200 van die goed en ek gebruik net die 130gr impalas so het nie meer dop volume nodig nie.
Ek het met s355 en pmp doppe, 46gr gelaai vir 150gr koele en 2600 fps gekry. Lig-saamgeperste lading gegee en was dodelik akkuraat. Hoek kan 37,7gr 102% vol wees?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Geno »

Geno wrote:Gerhard,
Rhino's is net 'n mono in sy agterkant. Die voorkant is lood. Maar ek stem saam met jou. Het 'n 200gr gesien uit 'n blouwildebees (30-06 met baie lae ladings), en hy kan amper weer gelaai word. So min het die koeël vervorm.
Hier is hy:

https://dl.dropbox.com/u/49750262/Hunting/Rhino.jpg

https://dl.dropbox.com/u/49750262/Hunting/Rhino2.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Frederik »

DirtyOldsix wrote: Ek het met s355 en pmp doppe, 46gr gelaai vir 150gr koele en 2600 fps gekry. Lig-saamgeperste lading gegee en was dodelik akkuraat. Hoek kan 37,7gr 102% vol wees?
DirtyOlSix,

Oor 10 doppe se gemiddeld is die H2O volume 51.2 gr van my PMP doppe maar baie aan die ligte kant.
Dit het my ook gepla maar die skaal praat mooi en is reg. Onthou ook ek laai hulle 75 mm vir die Total patroon lengte. Wil eers spoed werk voor ek speel met die patroon lengte. Sover was my gewer nog baie gelukkig met 75 mm.

Met gou asb. vir my die lengte van jou 150gr koeel ?
Die 130gr Impala is +- 31 mm gemeet van maatband nie "Vernier"

Hoop die maak alles meer sin waat ek by 37.7 gr uitkom teen 102%
vlakvarkbeer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 391
Joined: Wed Feb 27, 2013 11:26 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by vlakvarkbeer »

Weet jy ek herlaai 215gr Quest punte op die 303 34gr en n speod van 1840f/s wat vir my goed groepeer daar is manne war45/46 gr laai wat ek nie kan verstaan nie. Ek weet dat PMP se dop nie soveel vat as wincherster nie dis hoekom gebruik ek winchester en S355 jy praat n hele 10gr maar alles gaan oor die groepering wat geskiet word is dit nie.
.22 Norinco
Howa 223 B/B
Howa 6.5x55 Swed
6mm Musgrave (P14)
Lee Enfield 303
308 RSA 30" loop (Plank)
Remington 700 6.5 creedmoor
Abanakwe Hunting
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Tue Jan 22, 2013 9:37 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Abanakwe Hunting »

Hello manne ,ek jag al 15 jaar met my 303 het hom laat bou deur jj wapens en ek is tot vandag nog nie spyt nie.
ek het my PH werk gedoen met my 303. Het nou al van duiker tot kameelperd geskiet met hom.

ladings wat ek al gelai het waarmee ek al sukses gehad het
125gr Sierra 46gr S341 72mm 3030fps
150gr sierra 42gr S335 75mm 2680fps
174gr Hornady 40gr S335 77mm 2480fps
180gr sierra 38gr S335 76mm het nie spoed gemeet nie

Impala punte doen ook baie goed
130gr Impala 40gr s321 75mm 2755fps

ek gebruik hom nou nog vir my kliente wat kom jag wat nie gewere het nie en die 303 se naam loop nog hoog manne wil hom net koop as hulle klaar gejag het met hom.

groete Abanakwe hunting
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Frederik »

Piet hoop jy kom by jou node sal lekker bos lading wees.
Post Reply