Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hallo, ek het nie gisteraand 2 jakkelse met 1 skoot en sulke suksesse gehad nie maar die ou BSA Meteor het weer sukses behaal. Ons sit gisteraand op die stoep en eet, dit was al sterk skemer toe ek opmerk een van die katte kyk heeltyd op in die Boekenhout. Sal ek nou wragtig die onmiskenbare silhouette van 'n Mynah sien. Blixems is besig om in die dak nes te maak en ta is oppad in. Gaan haal die windbuks en soos dit altyd is, is hy weg toe ek terug is. Ek kon toe niks sien en gryp sommer die Blackberry en sit sy torch app aan. Sien hom net inglip in die dak. Klip op die dak en die wetter is weer uit in die boom in.
Toe gee hy my 'n vinnig silhouette skoot, dwa, tjoep, grond toe!
Kry net so kyk van die meisiekinders aan tafel oor ons nou skiet tydens ete!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Goed gedoen! Die pes is besig om hier by my ook weer mak te raak. Ek het eendag sommer oorweeg om n skoot met my haelgweer hier in Moreleta af te trek, toe daar 13 van hulle op my gras sit.
Lekker man ek het nie van hulle hier nie maar het al hulle gesien toe ek in Joburg was. Hys n agresiewe voel wat die ander spesies maklik weg jaag. Die europese spreeu is nou vir jou ook n slim pes as jy een skiet met n silinced windbuks vlieg die ander nogsteeds weg net omdat die pellet so hard klap
Brno .22
Brno .32
Brno 243
MK4 - 2 303
Atis semi Auto 12Br
Harrington & Richardson 12Br Standard
Star .22 Target Pistol
Tanfoglio 9mm
Uberti Mod 1875 Army 357 Mag
NEF 9 shot .22 Revolver
Hulle kuier ook nie lank hier by my nie. Hulle hou nie van die .22 nie.
Loop gewoonlik twee twee. jy skiet die eerste een en wag, die ander een sal nou nou kom kyk wat aangaan en dan klits jy hom ook. Ek kry gewoonlik so een meter groeperings. Beste is 30cm.
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Ek het gister middag 'n fantastiese langafstand kill gekry. Ek skat die afstand so 45-50m. Mik lekker op want die BSA is 30 jaar oud. Toe die skoot klap dop hy net daar om, lekker in die kop. Ek kannie glo die ou windbuks het nog sulke slaankrag nie. :-)
Ek geniet my windbuks ook vreeslik. Daai langafstand-skote op die vuilgoed Mynahs kan amper net so lekker wees soos 'n goeie skoot op 'n rooibok ! Ek sal nog lang skote waag op Mynahs, en maar hoop dit gaan raak wees, net om die goed te verwilder, maar met die ander peste in die tuin maak ek seker van elke dood skoot. My Jack Russell eet glad nie die Mynahs nie, hy wil hulle amper nie eers optel nie, maar vinke en muisvo?ls en kransduiwe is hy gek oor. Ek kan nie voor bly om te voorsien nie !
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !