S 371 somchem kruit

Post Reply
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

S 371 somchem kruit

Post by junglejulian »

more!
ek het onlangs so 4 blikke S371 kruit gekry en wil net weet of iemand enige kennis het daarvan.volgens somchem se tegnici is daar net een lott n klomp jare terug gemaak en die brandspoed is tussen S365 en S385.ek beplan om dit op n 308 norma magnum te laai met 168-180gr koeels.enige hulp sal wardeer word.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: S 371 somchem kruit

Post by THOMAST »

Ek het S371 in die laat tagtigs in my 7mm Rem Mag probeer.
Dis 'n balkruit (soos S361) en het nie juis vir my goeie resultate gegee nie. As ek reg onthou was die goed baie gevoellig vir temperatuur wisselinge. Baie wisselvallige snelhede, maar dit kon dalk wees agv my herlaai tegieke destyds.
Ek het met Johan Loubser , wat toe nog by Somchem was, oor die dryfmiddel gesels. As ek reg onthou is die kruit balletjies met 'n vertragings middel behandel om die brandspoed te beheer. Hierdie vertragings middel kon met die tyd saam denatureer en dus die brandspoed van die dryfmiddel verander.
Ek sou om daai rede maar versigitg wees om die goed te gebruik as dit van daai era afkomstig is.
Netnou is daai bargain nie meer 'n bargain nie as jy of jou geweer seerkry.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: S 371 somchem kruit

Post by Louis Kriel »

junglejulian wrote: more!
ek het onlangs so 4 blikke S371 kruit gekry en wil net weet of iemand enige kennis het daarvan.volgens somchem se tegnici is daar net een lott n klomp jare terug gemaak en die brandspoed is tussen S365 en S385.ek beplan om dit op n 308 norma magnum te laai met 168-180gr koeels.enige hulp sal wardeer word.
Laai so paar patrone konserwatief en toets eers die dryfmiddel.  As daar 'n merkbare vertraging is tussen die slagdop se ontsteking en die ontbranding van die kruit moet jy dit liewers vir kunsmis op jou gras uitgooi.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: S 371 somchem kruit

Post by raychell »

S371  71 gr  3096 vps
        72 gr  3145 vps
        73 gr  3186 vps
Ek sal by 68gr begin as ek jy was.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: S 371 somchem kruit

Post by Jean Marais »

Juglejulian

Ek het ook 'n blik S371 gehad, en skiet ook 'n 308 Norma Magnum.

Ek het gladnie konstante groeperings met die kruit behaal nie, maar nou moet ek ook bys?, dit was in die begin van my herlaai dae. Die feit dat die kruit gladnie meer vervaardig word nie, en dit vir 'n baie kort tydjie beskikbaar was, moet dalk vir jou iets s?. S385 dink ek sal baie beter in jou Norma vaar.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: S 371 somchem kruit

Post by tripodmvr »

As ek reg verstaan is dit nuwe lotte S371 wat nou bemark word. Kyk na die plakstrokie onder op die blik na die vervaldatum.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: S 371 somchem kruit

Post by junglejulian »

nee dit is nog van die ou lott.ek sal versistig toets en as dit nie werk nie maar as kunsmis gebruik.dankie vir die hulp.
Post Reply