Van iemand af ......"My ma het 'n skaaphond, sy naam is Stoffel
Nou OF die hond is geniaal OF hy is weird...
Obviously was hy baie stout toe hy klein was, 'n skaaphond is mos maar "bedrywig". Sy het hom eendag perongeluk in die huis toegesluit toe vreet hy haar hele sitkamer stel op. Die een bank het hy gesleep tot in die gang!
Hy is nou so 5 jaar oud en het baie rustiger geraak, maar hy het allerhande "snaakse" maniere...
Die huis se erf het 'n muur rondom met 'n groot skuif hek op 'n spoortjie. Die hek kan maar oop staan, maar hy sal nooit sy voet oor daai spooitjie sit om uit te gaan teensy mens hom roep nie. Hy hardloop parykeer heen en weer AGTER die spoortjie met die hek oop, maar trap nooit oor dit nie.
MAAR as ons nie by die huis is nie, dan spring hy oor die muur en loop op die veld rond langs die huis. As hy ons karre hoor, dan hol hy lat hy vrek en spring terug oor die muur en sit en wag aan die binnekant van die hek met 'n swaaiende stert!! Hy het mos heeldag "soet" huis opgepas...
Hy skyt nooit as mens hom kan sien nie. Altyd agter bo op die komposhoop. Ons het al gewonder of hy ooit badkamer toe gaan tot ons hom eendag betrap het op die komposhoop.
As my ma die tuin natmaak voor, dan dwaal hy parykeer by haar op die gras rond. Maar voor hy weer terug gaan agtertoe, gaan kuier hy gou eers by die tannie oorkant die pad, sy maak altyd vir hom 'n ham broodjie... sy se hy laaiks Brito's ham...
Daai selfde Tannie het 'n Jack Russeltjie, al stok oud en spier wit grys. Hy kom elke dag en blaf voor my ma se hek tot sy die hek oopmaak vir hom. Dan gaan hy reguit na Stoffel se pille bak toe en gaan vreet hom dik, drink bietjie water, dwaal so bietjie daar rond en gaan dan weer huistoe. (En hy het baie lekker kos by sy eie huis) Stoffel staan en kyk hom maar net as hy so sy pille staan en opvreet.
As Stoffel self pille eet, dan eet hy dit soos in die aangehegde foto. Hy eet altyd eers net die een helfte van die bak. Ons het geen idee hoekom hy dit doen nie??
Hy sal dan later die ander helfte eet. My ma se sy het hom al gevang dat hy laat middae presies nog 'n kwart uit eet. en dan in die aand sal hy die res opeet.
Het enige iemand al so iets gesien? Ek wonder wat gaan aan in sy kop as hy die bak so uit eet. En dit is nie net pille nie. Oorskiet huis kos eet hy ook so.
Is hy mal? Het hy OCD? Of is hy net vrek slim. My ma se dis oor hy 'n Virgo is en perfeksionisties is... HeHe"
[img width=560 height=420]http://i1195.photobucket.com/albums/aa3 ... bak1-1.jpg[/img]
Slim/Weird hond
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Slim/Weird hond
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
