"Knock Down" effek?
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
"Knock Down" effek?
Mens hoor baie stories, maar ek het dit nou nog nie self ervaar nie.
Die 9.3 het nog nie bloed getrek nie.
Is dit so dat van die groter kalibers 'n tipe van 'n knock down effek het?
Kom ons s? bv my 9.3 teenoor my 30-06?
My kop s? vir my 'n koeel in dieselfde gewig gaan die vinniger koeel deur fluit teenoor dieslefde koeel maar stadiger wat dan dalk harder gaan slaan?
Hy werk harder om deur te gaan?
Vertel bietjie meer asb?

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: "Knock Down" effek?
DWB
John "Pondoro" Taylor het 'n boek geskryf oor "knock down value"
Peter Capstick se boek "A MAN CALLED LION" wat oor Pondoro gaan het ook daai waardes in.
Daar is baie verskillende opinies oor sy teorie en ek reken dis beter om iemand soos Oom Pine te vra wat sy opinie oor dit is.
Ek kan sy waardes oor sekere kalibers in die boek gaan opsoek as jy wil.
Henry

- FrankH
- Jr. Member

- Posts: 98
- Joined: Sat Jan 09, 2010 6:20 pm
Re: "Knock Down" effek?
DWB , there are numerous factors to take int account, including the size of the animal.
On impala Ive seen that the "knockdown effect" is far greater with my smaller .338 win mag than with my .416 Rigby.
So its not only calibre size either.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: "Knock Down" effek?
Die Amerikaners praat van "bang flop". Die knock down effek is gewoonlik na verwys veral by olifante waar kopskote geneem is. Hoe groter die kaliber was hoe makliker het dit die olifant grond toe gestuur - sommiges se brein is nie getref nie en die tydperk van bewusteloosheid was langer met die 500 as met die 400 kalibers.
By bokskiet is die trauma wat aan organe aangerig word 'n groot faktor - met ligte prooi (springbok, rooibok ens.) sal 'n sagte koe?l wat in die longe en hartarea opbreek so skokeffek h? en val die bok onmiddelik dood neer. Koe?lspoed, konstruksie en trefpunt is hier die groot rolspelers.
By groot kalibers is spoed laag en die groter koe?ls maak dus groter wondkanale. Hier is onmiddelike dood afhanklik van die tref van die sentrale senustelsel of brein. Dink maar aan gekweste buffels wat eers na baie skote omdop.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: "Knock Down" effek?
Dankie Almal,
Ja oom Marius dit gaan maar oor daai skiet hy 'n ding van sy voete af (as mens nou die prentjie erg wil skets)
Kom ons s? so: gaan die 9.3 bv die BWB harder slaan as bv die 30-06. Met ander woorde gaan jy die uitwerking visieel waarneem op die dier?
Wayne, are you scared of the Impala there by you?
Ja oom Marius dit gaan maar oor daai skiet hy 'n ding van sy voete af (as mens nou die prentjie erg wil skets)
Kom ons s? so: gaan die 9.3 bv die BWB harder slaan as bv die 30-06. Met ander woorde gaan jy die uitwerking visieel waarneem op die dier?
Wayne, are you scared of the Impala there by you?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: "Knock Down" effek?
Waar is al die slim manne
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: "Knock Down" effek?
Daar is nie so iets nie ...
Elke skoot wat jy na n dier skiet is uniek.
Die effek vd skoot is uniek.
Jy gaan nie n vark skiet dat hy op sy rug val met elke skoot nie...
Bang Flop is wat ons met die jakkalse wil he as jy hom met n hoe spoed en sagte punt vang. Die idee is om hom net daar te laat val sodat jy hom maklik kan opspoor.
Maar jy kry ni n Bang Flop met elke skoot nie. Soms skiet jy n jakkals presies op die selfde plek en hy hol 50m voor hy om dop. Die vorige een het net daar geval met die selfde skoot plaasing...

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: "Knock Down" effek?
Oom Pine
Het hy vir die ander span gebat
nooit dit geweet nie ook nog nie sy boeke gelees nie
Beretta
Het hy vir die ander span gebat
Beretta
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: "Knock Down" effek?
Oom Pine!
Nou het oom my skoon van my storie af!
Pondoro.... Eish
Nou het oom my skoon van my storie af!
Pondoro.... Eish
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: "Knock Down" effek?
Die meeste "BangFlops" wat ek al gesien het is op diere wat nie weet van die jagter nie die oomblik wat die dier gespanne is moet jy Brein Nek of Rug afskiet vir "BangFlops". Kyk hoe groter die koeel en kaliber kan jy duidelik partyker die OOMMPPHH efek sien waar die dier voel is 'n krag teenwoordig. Maar jy het 'n kanon nodig as jy will BANGFLOP elke keer en dan die mince uit die bome uithaal.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: "Knock Down" effek?
Frederik, ek dink jy het dit nou die beste opgesom met jou ooomphh
Maar oom Pine het my ook reg geantwoord in terme van die swaarder koeel.
Ek dink wat ek eintlik wou vra is steier 'n dier meer as hy met 'n groter kaliber geskiet is.
M.a.w verloor hy meer balans die oomblik van impak
Maar oom Pine het my ook reg geantwoord in terme van die swaarder koeel.
Ek dink wat ek eintlik wou vra is steier 'n dier meer as hy met 'n groter kaliber geskiet is.
M.a.w verloor hy meer balans die oomblik van impak
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: "Knock Down" effek?
Oom Pine
So n ou moes maar lig loop in die veld saam met die jagter lyk dit vir my

Beretta
So n ou moes maar lig loop in die veld saam met die jagter lyk dit vir my
Beretta
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: "Knock Down" effek?
Manne alleen te lank saam in die veld is nie 'n goeie ding nie

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: "Knock Down" effek?
DWB
Die "Knock Down " effek

Beretta
Die "Knock Down " effek
Beretta
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: "Knock Down" effek?
Nou wonder ek waar die uitwerking van die renosterhoring ontek is

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
RV
- Sr. Member

- Posts: 273
- Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm
Re: "Knock Down" effek?
Oppas as jy saam met so ou jag en n bok moet bekruip.Sorg maar dat jy agter loop.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: "Knock Down" effek?
Deon
Die idiee dat n kaliber n dier kan om skiet het gekom by olifantjag waar diere van voor af geskiet was in die brein en die dier se agterbene wat dan ingegee het(dood normaal by n breinskoot) wat dit dan laat lyk het asof jy die olifant terug skiet van sy voete af. Jy moet onthou dat olifante selde in die kop geskiet was met die voorlaaiers/swartkruit gewere en is daar meestal vir die hart en longe geskiet. Die penetrasie van die koeels was gewoonlik nie genoegsaam om by die brein uit te kom nie. Toe kopermantel koeels sowel as rooklose poeier hulle verskyning begin maak en daar wel vir die brein geskiet kan word omrede die beter penetrasie van die koeels is hierdie verskynsel waargeneem waar diere van hulle "voete afgeskiet" word. Hierdie nuwe kalibers wat hoofsaaklik die 450 NE was het nou magiese status ontvang.
Daar was veseker n groot verskil tussen hulle en die voorlaaiers/swartkruit gewere vanwee beide die beter koeels en hoer spoed as gevolg van die gebruik van rooklose poeiers. Ek dog ek deel hierdie net met jou om dalk te verduidelik waar hierdie miskonsepsie sy oorsprong het.
Groetnis
Wout

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 841
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: "Knock Down" effek?
Die ou jagters was maar skeef al kon hulle reguit skiet. 'n Ander ou Afrika jagter (ek het sy naam vergeet) was 'n kannibaal. Hy het jong vrouens van Afrika stamme geskiet en hulle geslag en het die kruisskywe uitgesny en ge?et. Hy het dit beskryf as lekker vleis met genoeg geel vet in die vleis se struktuur.
Wie het ges? jagters is nie eties nie
Groete
Dawie
Wie het ges? jagters is nie eties nie
Groete
Dawie
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: "Knock Down" effek?
Oom Pine
Ek het n 450-400NE in n no.1 Ruger op bestelling. Hy gaan bitter mooi maak met n 400greiners.
Ek is oor een ding baie spyt en dit is dt ek nie destyds ook n 416 Rigby gekoop het toe hulle hom nog gemaak het in dieselfde model as my 375 en 458. Dit bly n yster kaliber. Ook maar eintlik bly daaroor anders het ek dalk met niks anders geskiet nie!
Groetnis
Wout
Ek het n 450-400NE in n no.1 Ruger op bestelling. Hy gaan bitter mooi maak met n 400greiners.
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: "Knock Down" effek?
Dags?
Pondoro het 'n Indiaanvriendjie (as ek rag onthou) gehad, 'n Ali Somebody, en ja... die het mooi agter die jagter gekyk.
Die hele knockdown-ding is tot vandag toe kontroversie?l. ek glo nie daarin nie. Groter koe?ls maak groter gate en vernietig meer van die lewensbelangrike organe. Koe?ls wat omklink se frontale area is groter as soliede koe?ls en dus maak hulle 'n groter wondkanaal met groter skade. Soms gebeur dit dat 'n kleinkaliber soos die 243 'n bok met 'n lyfskoot op die plek laat neerslaan en dit wil voorkom asof die dier van sy voete af geskiet word. Dit gebeur dikwels wanneer 'n koe?l wat totaal opbreek omdat dit teen ho? spoed geskiet is soos 'n "bom" afgaan binne in die dier. So 'n koe?l sal dus 'n baie groot hoeveelheid longmateriaal of die hart aan flarde skiet. Omdat die bloeddruk onmiddellik val tot byna zero en/of die senuweestelsel nie kan cope met die geweldige hoeveelheid skade nie val die dier op die plek.
Maar soos Gerhard genoem het, dit gebeur nie in alle gevalle nie - elke skoot is uniek, soms val diere dadelik, soms nie, soms val hulle harder ander kere "tiep" hulle bloot om. Ek het verskeie jakkalse met my Hornet geskiet en kan spesifiek twee onthou wat op die plek dood neergeslaan het. In Junie vanjaar het ek 'n jakkals met 'n .338 wildcat-kaliber geskiet. Die afstand was 147m. Op die plek waar die jakkals gestaan het, het ons 'n stukkie long gekry, maar daardie jakkals het nog 37m gehardloop. Die hele pad deur die lang gras tot waar hy geval het, het dit gelyk asof iemand met 'n verfkwas die gras geverf het. Die uitgangswond was so groot ek kon amper my vuis daarin druk.
Ek het oor die jare al baie diere met my .30-06 en .375 geskiet en kon nog nie 'n verskil in "slaankrag" sien nie. Die .375 penetreer wel beter en maak groter gate, maar dit tref nie diere harder nie, laat hulle ook nie steier nie en slaan ook nie die dier onderstebo nie. Met lyfskote sit my .243 springbokke vinniger neer as die .375. Byges?, ek het nog nie baie springbokke met die .375 geskiet nie maar die paar wat ek geskiet het, het almal lyfskote ontvang en almal het seker so tussen 20 tot 40m gehardloop.
Mooi loop

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: "Knock Down" effek?
Dit gebeur nogal gereeld met .22 Hornets en .222'sGerhard wrote: Soms skiet jy n jakkals presies op die selfde plek en hy hol 50m voor hy om dop.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: "Knock Down" effek?
Net om so vinnig aan te sluit hierby, Doctari se DVD "The Perfect Shot" verduidelik ook hierdie redelik mooi. Een van vele redes hoekom gebeur wat Gerhard en oom Koos hier noem word mooi ge-illustreer in die DVD waar hulle n lee en n vol botteltjie water skiet. Selfde met die hart, as hy vol bloed is waneer die skoot klap is die kans tot n "beroerte" soveel groter.Koos Barnard wrote: Maar soos Gerhard genoem het, dit gebeur nie in alle gevalle nie - elke skoot is uniek, soms val diere dadelik, soms nie, soms val hulle harder ander kere "tiep" hulle bloot om.
Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: "Knock Down" effek?
HAHA ...Geno wrote:Dit gebeur nogal gereeld met .22 Hornets en .222'sGerhard wrote: Soms skiet jy n jakkals presies op die selfde plek en hy hol 50m voor hy om dop.![]()
Hoeveel het jy ge tag en gaan soek met daai 25 06?
Die 204 sal jy nog bietjie moet leer... lol
Ek kan darm se ek het mooi leer skiet en dop hou wat maak die jakkals na die skoot met die Hornet. Nogal baie laat bakkie ry met die 45gr SP's...
Die 40gr VMax teen 3600fps kry jy nou en dan n jakkals wat se petrol eers moet droog loop voor sy ankers optrek. Gelukkig gebeur dit nogal vinnig.
Selle gesien met Hendrik en die 22 250AI en kliente met 223's met 55gr VMax'e
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment