Hallo almal
Hierdie ondrwerp mag dalk sensitief wees en daar is baie groot begrip daarvoor.
Daar is 'n baie groot gebrek aan noodsaaklike inligting om 'n beeld te vorm van die roofdiere (spesie, geslag, ouderdom, datum, tyd, metode, dorp/distrik - om mee te begin) wat deur jagters gedood word. Alle metodes word hierby ingesluit. Elke jagter beskik oor sy/haar(?) eie manier om rekords te hou, maar ondervinding het geleer dit word nie maklik met ander persone gedeel nie. 'n Uitsondering is natuurlik op hierdie forum. Heelwat lede is bereid om getalle en ander detail deur te gee maar dit is egter nog steeds onvolledig om 'n deurlopende prentjie te vorm.
As julle belangstel sal 'n formaat geskep word om die inligting per maand in te voer - baie eenvoudige formaat. Vertroulikheid sal verseker word deur net op jou forumnaam te werk. Die naaste wat ons aan 'n plaas gaan kom is die van die dorp/distrik.
Die roofdierjagters is 'n baie belangrike groep wat by die bestuur van roofdiere betrokke gehou moet word. Die inligting waaroor julle beskik (op vertroulike basis hanteer) is baie belangrik om spoedig vordering in die land te maak.
Hoe lyk dit? ... stadig net, moet my nie oorval met al die inligting nie.
Ambessa
Statistieke - rekords
-
baasjan
Re: Statistieke - rekords
Die ou Ongedierte/Probleemdierklubs in Noord en WesKaap het baie van hierdie inligting op rekord gehou. Is daar al gepoog om hierdie inligting te bekom en te verwerk.
-
baasjan
Re: Statistieke - rekords
Boere/Landbouverenigings sal die kontalkbesonderhede kan voorsien. Van die suksesvolle klubs bestaan nog steeds en hou rekord.
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Statistieke - rekords
Basjan
Prof. H.O. de Waal het al daai inligting verwerk in sy ALPRO projek.
Caller
Prof. H.O. de Waal het al daai inligting verwerk in sy ALPRO projek.
Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
-
projag
Re: Statistieke - rekords
Jaglisensies moet vir statistiek doeleindes ook teruggelewer word met die nodige data of hoe??
Ek weet van jagters wat vir die afgelope 10 jaar nog nie een ingehandig het nie en sonder enige navrae of versoek vir indiening. So is hierdie skynbare data hou argument deur Nat Bew. 'n klug of nie???
Ek weet van jagters wat vir die afgelope 10 jaar nog nie een ingehandig het nie en sonder enige navrae of versoek vir indiening. So is hierdie skynbare data hou argument deur Nat Bew. 'n klug of nie???
-
Ambessa
Re: Statistieke - rekords
Hallo almal op hierdie onderwerp
Ja, Inligting bly maar skaars. Hoe is dit moontlik dat die twee roofdiere (rjakkals & rkat) soveel skade aanrig en so baie word gejag/gevang en ons weet nog steeds (nou eers) so min van hulle?