Hiermee die amptelike beleid. Ek aanvaar nie verantwoordelikheid indien ek dit verkeerd oorgetik het nie. Die afskrif is maar nie te goed gewees nie.
Heinrich
Die onderstaande is 'n reeks beleidstellings en riglyne wat deur alle deelnemers aan die Nasionale Probleemdierbeleidskomitee as beleid aanvaar word.
2.1 Verantwoordelikheid van die grondeienaar/-gebruiker
Konflik met probleemdiere is 'n inherente risiko van boerdery in of teenaan 'n gebied waar aaneenlopende natuurlike habitat nog bestaan en is derhalwe 'n bedryfs* probleem van die produsent in die landbou. Die vermindering of uitskakeling van die verliese veroorsaak deur probleemdiere is deel van die produsent se produksieproses en die prim?re verantwoordelikheid daarvoor berus by die grondeienaar en/of gebruiker.
2.2 Verantwoordelikheid van die Staat
Die Staat se verantwoordelikheid in probleemdierbeheer kan hoogstens die lewering van 'n ondersteuningsdiens wees wat gemik is op die belang van die gemeenskap as geheel. Hierdie diens behoort ingestel te wees op aktiwiteite wat uitkringende voordele of nadele vir die gemeenskap as geheel inhou of wat besondere kundigheid vereis wat nie in die privaatsektor bekom kan word nie. Dit kan onder andere die volgende insluit:
2.2.1 Die verskaffing van finansi?le bystand aan probleemdierorganisasies in streke/provinsies waar ook al nodig. Die omvang van hierdie bystand is 'n aangeleentheid wat die betrokke owerheid en die belangegroepe in die streek/provinsie onderling sal re?l.
2.2.2. Die voortsetting van 'n navorsingsprogram op probleemdiere. In die geval van die provinsiale natuurbewaringsowerhede sal alle navorsingsprojekte prim?r op die bewaring van spesies of ekologiese sisteme en prosesse gerig wees.
2.2.3. Deelname aan voorligtingsprogramme gemik op die vermindering of uitskakeling van verliese met behulp van meer doeltreffende, effektiewe en ekologies en etiese aanvaarbare metodes.
2.2.4. Deelname aan die opleiding van probleemdierjagters en boere waar die privaatsektor nie die aanvraag na hierdie diens volledig kan bevorder nie.
2.2.5. Die verskaffing van probleemdierbeheertoerusting en ? middels aan probleemdierbeheerorganisasies en indiwiduele boere waar dit nie deur die privaatsektor onderneem word nie of waar dit andersins wesenlik is om deur die owerheid verskaf te word.
2.2.6. Die regulering van probleemdierbeheerpraktyke en die beskerming van spesies en ekostelsels.
2.3 Doel van probleemdier
Die doel van probleemdierbeheer in Suid Afrika is die koste doeltreffende uitskakeling van verliese en nie die plaaslike uitroeiing van die spesie nie. Beheer is koste doeltreffend wanneer koste van beheer nie die waarde van die verlies of moontlike verlies oorskry nie, hetsy vir operasie oor 'n streek of gebied of oor indiwiduele plase bereken, afhangende daarvan of beheer op indiwiduele of ko?peratiewe grondslag onderneem word.
2.4 Kode van praktyk
Die Nasionale Probleemdierbeleidskomitee is daarvan bewus dat die openbare mening dikwels teen probleemdierbeheer gekant is. Hoewel kritiek teen probleemdierbeheer soms onregverdig en ongegrond is, moet dit te alle tye ernstig opgeneem word. Dit spruit voort uit:
a) Die misbruik van beheermiddels en -toestelle in die verlede.
b) Onkunde oor die korrekte metodes en die toepassing daarvan.
c) Onkunde oor die biologie van indiwiduele spesies en oor die bevolkingsdinamika van roofdiere.
d) Onkunde by die algemene publiek oor die praktiese aspekte van probleemdierbeheer.
Die Beleidskomitee ag dit nodig dat praktisyns gesien moet word as verantwoordelike mense met besorgdheid oor die natuur en die algemene omgewing. Gevolglik word 'n kode van praktyk as deel van die nasionale beleid opgeneem om hierdie besorgdheid by alle deelnemers te bevorder en om die algemene publiek te verseker van die opregte bedoeling van alle partye wat deelneem aan die strategie.
Nasionale Probleemdierbeleid
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Nasionale Probleemdierbeleid
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Pieter E
Re: Nasionale Probleemdierbeleid
Heinrich
As ek mag vra; wie of wat is die mense/organisasies op hierdie Nasionale Probleemdierbeleidskomitee? Ek vra eintlik want ek weet daar was nou onlangs 'n vergadering van so 'n komitee (ek vemoed dis dieselfde komitee), waarop hulle beleid sou bespreek. Die "draft" dokument vir die beleid is deur niemand anders as CapeNature opgestel nie!
Ek sou graag wou weet wat nog alles bespreek/belsuit is op die vergadering en sal ook probeer uitvind.
Groete
Pieter

Ek sal more uitvind wie dit almal verteenwoordig.
Groete
H
Ek sal more uitvind wie dit almal verteenwoordig.
Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Ambessa
Re: Nasionale Probleemdierbeleid
Hallo almal
Daar is klaarblyklik groot verwarring oor die nuutste verwikkelinge rondom roofdierbestuur? Miskien moet ons probeer om die kommunikasiekanale oop te maak. Mense vra hoe die beleid gevorm of geskryf word en deur wie? Daar word gevra waar die departement(e) van landbou is? Baie goeie vraag? Kan roofdiere wat op plase skade berokken werklik effektief bestuur word sonder dat beide omgewingsake en landbou tesame met die boere in vennootskap gaan?
Vra maar net
Nadat die CapeNature se dok einde 2008 die lig gesien het, was daar baie gerumoer op die internet. Ook op hierdie forum is menigs gelug. Boere voel dat hulle nie genoegsaam ingelig of (enigsins?) betrokke is by die proses om beleid (wat prakties uitvoerbaar is) te skryf nie.
Hoe dink julle?

Last edited by Ambessa on Fri Feb 06, 2009 11:44 am, edited 1 time in total.
-
projag
Re: Nasionale Probleemdierbeleid
Jaracal
Dankie vir die beleidsuiteensetting.
Dit gee baie duidelikheid.
Die strewe na die mees effektiewe maar werkbare en aanvaarbare toepassing kan nie teengestaan word nie.
Dankie vir die beleidsuiteensetting.
Dit gee baie duidelikheid.
Die strewe na die mees effektiewe maar werkbare en aanvaarbare toepassing kan nie teengestaan word nie.
-
tafjak
Re: Nasionale Probleemdierbeleid
Almal
As die Regering 'n s? het oor hoe ons die diere moet beweer moet daar tog van hul kant vereistes gesel word.
As aan die jagter vereistes gestel word, moet daar tog vereistes wees mbt. die omheinings spesifikasie by vee-, wild- en gemengde boerderye? Wat is die vereiste tov grenslyne. Veeboere se vereiste is miskien nie genoegsaam om met leeus of olifante te boer nie.
Waarheen ek eintlik oppad is, is dat SANParke nie sonder die nodige beskerming by grenslyne kan leeus, tiere, willehonne buffels en olifante kan aanhou nie. Nou wat is die vereiste/spesifikasie as ek so paar buffels of willehonne by my wil aanhou?

Hallo Tafjak
Ambessa
Baie goeie vraag, wonder wie dit gaan waag om 'n duidelike antwoord te gee?tafjak wrote:...dat SANParke nie sonder die nodige beskerming by grenslyne kan leeus, tiere, willehonne buffels en olifante kan aanhou nie. Nou wat is die vereiste/spesifikasie as ek so paar buffels of willehonne by my wil aanhou?
Ambessa