Kolf versadig maak met schaftol?
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Kolf versadig maak met schaftol?
Ek het my kolf agheskuur en gestain met imbuia tot redelik donker.
Ek smeer hom elke dag lekker dik met schaftol dark brown met my palm. Die kolf sukkel om versadig te raak, ek het nou al amper 'n hele botteltjie scaftol 50ml gebruik en hy word nie versadig nie.
Is daar nie 'n "trick" om hom vinniger versadig te kry nie.
Enige hulp sal waardeer word
Jake1

"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
Weet nie wat alles in Schaftol is nie, maar London oil (gaar lynolie) doen goeie werk om hout te vul en se?l. Kyk daarna.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
Jake, moet nie te veel Chaftol smeer op n slag nie. Sit van die olie op jou hande, vryf dit warm op jou hande en smeer dit dan op die kolf. Met tyd sal dit donkerder word. Moet nie haastig wees nie. Gee dit tyd om in te trek.
Ek smeer so elke tweede maand Chaftol op die kolf.
Ek smeer so elke tweede maand Chaftol op die kolf.
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
Schaftol het silikoon in ek stem saam met tripodmvr
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
Dit is `n algemene probleem dat daar altyd poriee is wat nie gevul word nie...ek is juis besig om my self gemaakte kolf se afwerking te begin...ek het baie rond gevra en op `n kolf bouer in Australie afgekom wat se kolwe nie donker word nie en het die resep gevra...wat hy goedgunstig vir my gegee het....die prosedure wat hy aanbeveel is as jy die True oil opsit as tweede laag...moet jy 600gn water skuur papier neem...en die kolf wat nou nat is met sirkel bewegings skuur...dan sal die skuursels met die olie meng en die poriee verstop...as jy klaar is met die proses.vee jy die kolf met `n lap af en kyk of daar nog enige porie is.wat nie gevul is nie..dan herhaal jy die proses...laat staan jou kolf dan vir `n week dat die kolf droog word en wend die laaste laag aan....ek gaan die resep volg...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
Gert is 600gn nie bietjie rof nie, ek het my kolf geskuur met 1000gn?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
Stem saam. Ek het darem self by 1000 grit afgeeindig.Jake1 wrote: Gert is 600gn nie bietjie rof nie, ek het my kolf geskuur met 1000gn?
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
Volgens die persoon gebruik jy die 600 gn om die nat skuurwerk in sirkel beweging te doen..dit veroorsaak dat die houtskuursels dan met die olie meng en dan die porie wat nog oop is vul....onthou nou ek verduidelik `n manier om jou grein wat nog oop bly te vul...dit was die vraag gewees..".hoe maak `n mens om die kolf versadig te kry" volgens my is dit een manier om die porie te vul en olie behoort nie meer op geneem te word nie...na die proses gaan jy dan voort met die gewone aanwending...ek skuur ook my kolf tot op 1000gn...maar daar is verseker nog porie wat nie gevul is nie...tans sien ek dit met die kolf wat nou afgewerk word....ek skuur tans die laag true oil wat ek ophet tot op die hout af om te kyk of al die grein gevul is...ek sal dit more weet....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
Koos Barnard het die volgende voorgestel, maar dit was VOORDAT jy enige olie op die hout sit. Jy vul die poriee met albumien (eierwit). Breek eier en gooi geel weg. Smeer eierwit aan, laat staan vir halfuur om droog te word. Wanneer droog smeer jy "surgical" sprits aan. Dit maak dat die eierwit stol. Eierwit is suiwer albumien wat in elke geval reeds in hout is. Skuur dan weer af met 600gr of op watter grit jy ook al op daai stadium is. As jy nou by die fyner skuur papier kom sal jy sien die hout het 'n baie duursame "ivooragtige" afwerking.
Ek het hierdie metode gevolg en dit werk BAIE goed. Jy moet onthou om te de-whisker hier by 800 grit rond. Ek het na die 800 grit weer eierwit aangesmeer. Toe is die hout pragtig en blinkglad. IPV roulynolie het ek ook scaftol aangesmeer. Ek dink die silkoon in die Schaftol is soortgelyk aan die eierwit.
Ek het hierdie metode gevolg en dit werk BAIE goed. Jy moet onthou om te de-whisker hier by 800 grit rond. Ek het na die 800 grit weer eierwit aangesmeer. Toe is die hout pragtig en blinkglad. IPV roulynolie het ek ook scaftol aangesmeer. Ek dink die silkoon in die Schaftol is soortgelyk aan die eierwit.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
Jy is reg..ek het die stappe op `n draad geplaas waar ek `n .375H&H Magnum oorbou en restoreer...aan die einde van die draad het ek uitgewys dat die afwerking baie dof vertoon op die kolf...terwyl die laaste laag aangesit word en rubbing compound of burnishing compound gebruik word om `n glanslaag te bewerk...is daar nie baie sprake van `n minimale glans afwerking nie...daarom dat ek nou die True oil gebruik op die .375H&H Magnum kolf...ek sal terugvoer gee rakende die metode van grein vulling.
Hier is `n foto van die .375H&H Magnum kolf wat ek nou `n afwerklaag moet gee..dit sal my seker so twee tot drie weke neem om die proses af te handel...langs die pad sal ek seker beter metodes ontwikkel om `n mooi afwerking op `n kolf te kan sit....dit is die eerste laag True -oil wat opgesmeer is...ek gaan met die tweede laag greinvulling doen...die rede hoekom ek die afwerking wil probeer is om die mooi grein hout nie onder donker olie te laat verdwyn nie...baie "custom "gewere wat manne vir hulle laat bou sal jy sien dat die eerste wat die kolf manne doen is om `n donker olie op die hout te sit....weg is daardie pragtige duur 1ste graadse okkerneut hout wat duisende rande kos...
Die kolf gaan `n satyn afwerking he want ek gaan hom in die finale proses met Rotterstone poeier en Teak olie opvryf.....
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013446.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013445.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013444.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013443.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013442.jpg[/img]
Hier is `n foto van die .375H&H Magnum kolf wat ek nou `n afwerklaag moet gee..dit sal my seker so twee tot drie weke neem om die proses af te handel...langs die pad sal ek seker beter metodes ontwikkel om `n mooi afwerking op `n kolf te kan sit....dit is die eerste laag True -oil wat opgesmeer is...ek gaan met die tweede laag greinvulling doen...die rede hoekom ek die afwerking wil probeer is om die mooi grein hout nie onder donker olie te laat verdwyn nie...baie "custom "gewere wat manne vir hulle laat bou sal jy sien dat die eerste wat die kolf manne doen is om `n donker olie op die hout te sit....weg is daardie pragtige duur 1ste graadse okkerneut hout wat duisende rande kos...
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013446.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013445.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013444.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013443.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013442.jpg[/img]
Last edited by Gert Odendaal on Mon Nov 05, 2012 7:52 pm, edited 1 time in total.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
Gert ek gebruik schaftol dark brown en sukkel om hom versadig te kry, sal dit help om naen tydens aanwending van die olie die kolf met 1000gn skuurpapier te skuur?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
Jake
Ek is ook nou besig met `n leer proses....van sanding sealer en vernis weet ek regtig genoeg ...maar die afwerk laag van `n kolf is `n nuwe een vir my...ek het wel vandag die 600gn gebruik en dit nat gemaak met olie en toe sirkel bewegings geskuur....die 1200gn wat ek probeer het vandag om in sirkels met olie te skuur het nie houtvylsels losgeskuur nie wat nodig is om met die olie te meng en in die porie te gaan vassit en dit verstop...dit is waarskynlik waarom `n mens dan growwer grein soos 400-600gn moet gebruik om die vylsels in die grein in te skuur....jy het nou baie olie op die kolf gesmeer...ek dink nie dit kan skade doen om dit te probeer nie...ek leer maar soos wat ek vorder...trail and error benadering...jy kan dit altyd weer glad skuur tot op `n 1000gn nadat jy die grein gevul het...ek gaan die naweek my grein vulling doen , sal jou laat weet wat die resultate was....
Ek is ook nou besig met `n leer proses....van sanding sealer en vernis weet ek regtig genoeg ...maar die afwerk laag van `n kolf is `n nuwe een vir my...ek het wel vandag die 600gn gebruik en dit nat gemaak met olie en toe sirkel bewegings geskuur....die 1200gn wat ek probeer het vandag om in sirkels met olie te skuur het nie houtvylsels losgeskuur nie wat nodig is om met die olie te meng en in die porie te gaan vassit en dit verstop...dit is waarskynlik waarom `n mens dan growwer grein soos 400-600gn moet gebruik om die vylsels in die grein in te skuur....jy het nou baie olie op die kolf gesmeer...ek dink nie dit kan skade doen om dit te probeer nie...ek leer maar soos wat ek vorder...trail and error benadering...jy kan dit altyd weer glad skuur tot op `n 1000gn nadat jy die grein gevul het...ek gaan die naweek my grein vulling doen , sal jou laat weet wat die resultate was....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
Gert jou kolf lyk baie mooi en het nog sy ligte kleur. Alreeds blink hy en dit sal my pla in die jagveld. Kyk maar hoe flits stainless en selfs gebloude lope as die son helder skyn.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
JakeJake1 wrote: Gert ek gebruik schaftol dark brown en sukkel om hom versadig te kry, sal dit help om naen tydens aanwending van die olie die kolf met 1000gn skuurpapier te skuur?
Jy is nie al een nie. Ek is besig met n Boyds kolf wat ek olie gee ( Boys moet my asb nie vertel dit is nie die regte ding nie. Sover geen skade nie) en jy sal verbaas wees hoeveel olie die kolf opneem.
Ek sien een ou gebruik teak oil. Goeie olie vir meubels maar nog nooit op gewere nie. Gebruik maar Schaftol.
Frikkie
Frikkie
Cradock
-
At308
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Tue Sep 04, 2012 3:18 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
Daar is baie metodes, persoonlik hou ek daarvan om die kolf te seel met Tru oil, lekker dik laag wat ek dan laat staan vir so dag of twee tot hy mooi droog is, gebruik dan baie fyn staalwol en skuur hom af om van die "blink" van die tru oil ontslae te raak asook die boonste laag van die olie, dan begin die schaftol prosess. 'n ou oom wat kolwe baie jare terug gebou het, het my die volgende geleer.
As jy 'n nuwe kolf olie, dan smeer jy hom 1 laag per dag vir 'n maand, daarna 1 laag per maand vir die res van jou lewe.
Ek moet eerlik wees, ek kom nie elke maand daarby uit nie, maar minstens 1 keer elke 2 maande..

Brno 22LR
Brno 308Win
BSA 303British
Custom K98 375 H&H (Vector barrel)
Browning Hi Power 9mm Para
Ruger Mini 14' 223 rem
Musgrave 30-06
Brno 308Win
BSA 303British
Custom K98 375 H&H (Vector barrel)
Browning Hi Power 9mm Para
Ruger Mini 14' 223 rem
Musgrave 30-06
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
At gebruik jy gewone staalwol of 'n spesiale tipe?
Jake
Jake
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Kolf versadig maak met schaftol?
Jy moet onthou soos ek dit in die antwoord verduidelik het...dit is die eerste laag True oil...daar gaan nog baie lae kom en verskillende prosesse voor dit die finale produk gaan wees...ek sal nie `n kolf laat blink waarmee ek gaan jag nie maar ek wil ook nie `n donker afwerking he wat die grein en vlamme van die hout gaan wegsteek nie...soos ek reeds verduidelik het...die afwerking gaan in -hout afwerking wees..met die jare sal die kolf verdonker...maar die mooi vlamme en grein sal nog steeds duidelik uitstaan...soos ek dit graag wil he...party manne hou van `n donker tot swart afwerking...ek hou van `n ligte afwerking wat mooi vertoon en die staalwerk ook komplimenteer...kyk maar as die finale produk daar is.tripodmvr wrote: Gert jou kolf lyk baie mooi en het nog sy ligte kleur. Alreeds blink hy en dit sal my pla in die jagveld. Kyk maar hoe flits stainless en selfs gebloude lope as die son helder skyn.