GEEN KNIE BROOD

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

GEEN KNIE BROOD

Post by Sarel »

GEEN KNIE BROOD

7 koppies meel (Dis presies 1Kg)
4 Koppies Water (sterk lou water)
2 teelepels sout
1 Pakkie Kits suurdeeg.
Meng alles goed deur, gooi in 2 gesmeerde brood panne. Laat rys vir omtrent 1 uur . Bak dan by 180?C vir ongeveer 1uur of tot gaar

Dis dit, niks knie, af knie nie, net meng goed deur, laat rys en bak.

Makliker gaan ons nie kry!!

Jy kan dit ook op die vuur in swartboom pot gaarmaak !!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: GEEN KNIE BROOD

Post by BLOK »

Sarel wrote: 4 Koppies Water (sterk lou water)
Ek gaan hom sommer vanaand probeer, se net vir my hoe kry ek die lou water sterk, of is diet daai bottel water uit die Olof berge wat jy van praat.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: GEEN KNIE BROOD

Post by Sarel »

Ek het ook eers gedink 'n dubbel whiskey sal di ding doen !!!!

Dit moet water wees wat warmer as lou is, maar nie kookwater nie, want anders maak dit die suurdeeg dood
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: GEEN KNIE BROOD

Post by BLOK »

Het hom toe gisteraand probeer, wel so effe gemodify, een water met een bier vervang, lekker bacon, kaas, uie, mushrooms, en peppadews bygesit in mooi in pot laat rys en gaar word.

Was al te lekker.

Dankie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply