Mes skerpmaker!

Post Reply
IceRoss
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 59
Joined: Tue Aug 14, 2012 2:07 pm

Mes skerpmaker!

Post by IceRoss »

Miskien n onderwerp wat al aangeraak is maar nietemin! Ek sou graag wil hoor wat julle manne gebruik en wat julle verkies! Ek sit tans met n Lansky (5-stel) slypstel en vind die toerusting effens omslagtig in die sin dat dit tydrowend is. Ek het egter ervaar dat die' tipe slyp metode nogal handig te pas kom sodra jy n "snyvlak" op n lem moet vestig! Wanneer daar n behoorlike snyvlak is raak die slyp daarna effens vinniger!

Ek het al een of twee keer n vriend van my se Spiderco gebruik en vind dat die mes baie vinnig skerp raak! Wat gebruik julle manne om daai messe lekker skerp te kry?  ;D ;D
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Mes skerpmaker!

Post by Carl »

Lansky vir die getande messe en soms vir my ander om te bederf. Daardie klein hand slypers beskikbaar by meeste winkels - ek hou va die Smiths een R50. Hulle werk soos n bom veral as jy slag
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Mes skerpmaker!

Post by BRNO (Pierre) »

Die Lansky weet darrem hoe om n mes skerp te maak.
Vir vinnige slype gebruik ek die Warthog, wat in my opinie ook n mes lekker skerp kan maak, en dan het ek ook een van daai kleintjies in die bakkie wat al vele kere handig te pas gekom het.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Mes skerpmaker!

Post by Gerhard »

Daar is net een produk wat ek gebruik en ek het al baie getoets.

Die Warthog Multi Edge.

Die Multi Edge is nie nie die V Sharp nie.

Die V Sharp is vir jou vrou lief se kombuis messe.

Vir al my messe en broad head lemme.

Ek sien hulle het nou n ekstra produk wat jy dan ook serrated lemme kan skerp maak.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Mes skerpmaker!

Post by Jakkalsgat »

More Gerhard

As jy foto het van die Warthog wil jy nie vir ons post nie asb.

Ek het ook gewone, V sharp en as jy mes met lansky lekker edge gegee het werk v sharp lekker maar as daar iets beter is sal ek belangstel.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Mes skerpmaker!

Post by Gerhard »

Jakkalsgat wrote: More Gerhard

As jy foto het van die Warthog wil jy nie vir ons post nie asb.

Ek het ook gewone, V sharp en as jy mes met lansky lekker edge gegee het werk v sharp lekker maar as daar iets beter is sal ek belangstel.

Groete
Jaco
Jaco,

Ek maak n mes bang skerp binne n fraksie van die tyd wat n Lansky doen.

Ek weet ek het lank n Lansky gebruik...

Hier is n link vir jou

http://www.warthogsharpeners.co.za/cate ... %252dEdge/
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Mes skerpmaker!

Post by Jakkalsgat »

Gerhard

Dankie man, hierdie lyk sommer na bakgat slyper en ek sien jy kan dit sommer daar bestel ook.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
IceRoss
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 59
Joined: Tue Aug 14, 2012 2:07 pm

Re: Mes skerpmaker!

Post by IceRoss »

Gerhard wrote: Daar is net een produk wat ek gebruik en ek het al baie getoets.

Die Warthog Multi Edge.

Die Multi Edge is nie nie die V Sharp nie.

Die V Sharp is vir jou vrou lief se kombuis messe.

Vir al my messe en broad head lemme.

Ek sien hulle het nou n ekstra produk wat jy dan ook serrated lemme kan skerp maak.
Hi Gerhard, is die Warthog nie maar die "omgekeerde" van die Lansky nie ek bedoel, in beide gevalle word die lem vas geknyp wat net vir my omslagtig voel! Soos ek ges? het ek het die Spiderco probeer maar gewonder of daar nie iets beters is nie. Ek moet s? ek hou nogal van die "V" Sharp omrede hy amper soos die Spiderco werk maar net meer gekontroleerd as ek dit so mag stel. Lansky se ander tipe skerpmaker (hand-held een met die twee yungsten lemmetjies) is beslis vir kombuismesse want hy vreet darm n lem!  ;D ;D
Ek kan dit nie oor my hark kry om my jagmes deur daai ding te trek nie!
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Mes skerpmaker!

Post by Nickvn »

Ek gebruik n Arkansas stone (1000 grit) wat my messe mooi skerp maak. Hang af vir wat ek die messe gaan gebruik strop ek hulle ook. As jy hulle strop is hulle so skerp hy skeer mooi.

My vrou se kombuis messe strop ek nie anders wil hy nie n tamatie sny nie omdat hy te glad is om die skil te breek.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Mes skerpmaker!

Post by SV MAD (Henk) »

Ek het 'n lansky en die V-sharp.

Die lansky vat ek saam as ek gaan jag en in die hide sit met die boog. Terwyl ek wag vir die diere, maak ek rustig my messe lekker skerp. Is ook lekker om 'n nuwe snyvlak aan die messe te gee.

Die V-sharp werk vir my baie lekker en is super vinnig. Maak messe bangskerp met hom, veral as ek besig is om vleis te werk en nie tyd het om die lansky te vat nie...
ek soek nog wapens...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Mes skerpmaker!

Post by Gerhard »

IceRoss wrote:
Gerhard wrote: Daar is net een produk wat ek gebruik en ek het al baie getoets.

Die Warthog Multi Edge.

Die Multi Edge is nie nie die V Sharp nie.

Die V Sharp is vir jou vrou lief se kombuis messe.

Vir al my messe en broad head lemme.

Ek sien hulle het nou n ekstra produk wat jy dan ook serrated lemme kan skerp maak.
Hi Gerhard, is die Warthog nie maar die "omgekeerde" van die Lansky nie ek bedoel, in beide gevalle word die lem vas geknyp wat net vir my omslagtig voel! Soos ek ges? het ek het die Spiderco probeer maar gewonder of daar nie iets beters is nie. Ek moet s? ek hou nogal van die "V" Sharp omrede hy amper soos die Spiderco werk maar net meer gekontroleerd as ek dit so mag stel. Lansky se ander tipe skerpmaker (hand-held een met die twee yungsten lemmetjies) is beslis vir kombuismesse want hy vreet darm n lem!  ;D ;D
Ek kan dit nie oor my hark kry om my jagmes deur daai ding te trek nie!
Jy is reg mens knyp op beide die lem vas.

Maar gaan kyk mooi na die Multi Edge.

Jou slyp steen is staties.

Jou grade wat jy slyp word gestel en bly daar tot dat jy hom verander.

Kyk na die Lansky.

Daar word die slyp steen beweeg en nie die lem nie. Daar is ook baie speeling op elke "setting".

Die lansky se steen is baie kleiner as die Multi Edge wat jou baie tyd spaar want jy maak groot gedeelte vd lem op n slag skerp.

Die Multi Edge kom ook met n strop leer wat jou daai finale afwerking gee.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Mes skerpmaker!

Post by Jean Marais »

Hi Gerhard

Ek sekondeer jou op die Multi Edge. Werk soos 'n droom, en ek het my Warthog lankal verruil vir die een. Die probleem wat ek met die Warthog het is dat die lem gedeelte naaste aan die hef nie altyd raakgeslyp word nie. Dit het veroorsaak dat van my duur messe 'n "holte" begin vorm het. Ek het nie daarvan gehou nie, en dis hoe my MutliEdge op die toneel verskyn het.

Groete
Jean
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Mes skerpmaker!

Post by DawieKotze »

Die probleem met die Lansky is dat jy nie elke keer die lem op presies dieselfde plek vasknyp nie. Dan verander die hoek waarteen die lem geslyp word al gebruik jy dieselfde verstelling.

Met die MultiEdge bly die slyphoek konstant as jy die mes weer later slyp.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
IceRoss
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 59
Joined: Tue Aug 14, 2012 2:07 pm

Re: Mes skerpmaker!

Post by IceRoss »

Ek sien Warthog Sharpeners het die "Curve" uitgebring!
User avatar
DEE
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Mon Jun 25, 2012 9:43 am

Re: Mes skerpmaker!

Post by DEE »

Ek gebruik ook die V-Sharp en die Lansky 3 steen.

V-Sharp net vir dun lemme. Kombuismesse ja, maar ook lemme soos Victorinox lemme.
Negatief - ja 'n stukkie van jou lem word oorgeslaan.
Moet nie dik en spie?l poleerde lemme naby hom bring nie, jy gaan huil.
Daai laaste deurtrek op die tungsten draadjies is 'n moet, maak lem hair-popping skerp.

Lansky: slyp met growwe steen todat jou snyvlakke 100% is.
Hou jou vordering met 'n vergrootglas dop (ja 'n regte vergrootglas)
Mes moet skerp wees met 'n burr wat jy heen en weer gooi.
Meeste van die tyd stop mens te gou en dan is daar nog steeds 2 slypvlakke, moeilik om te sien met blote oog.

Gaan nou oor tot medium steen, dan fyn. Medium en fyn poleer net die slypvlakke en werk die burr af.
As jy die mes lekker wil laat bok afslag (en tamaties sny), eindig by die medium steen.

Eerste keer met 'n lem kan nogal 'n tydjie vashou, daarna is dit net "touch up" elke keer met die medium en fyn stene.

Moet s?: Bex hier op die forum is 'n meester met die Lansky, sy messe kom "scary" skerp.
Post Reply