Star 9mm

Post Reply
HJA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 329
Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am

Star 9mm

Post by HJA »

Hallo almal,

My swaer stel belang in 'n 9mm Star pistool om te koop.
Is dit die moeite werd ?
Prys R1500.00

Lekker dag
Henk
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Star 9mm

Post by Louis Kriel »

Watter model? Star pistole is goed gemaak. As dit die Model 30 M is, hy is baie groot en swaar.  Star Ultra Star is kleiner en ligter en ook goed. As die grootte jou nie pla nie gaan daarvoor.

Meer inligting?
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Star 9mm

Post by G-force »

Pasop ook vir dryfire,hulle like dit nie.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Star 9mm

Post by Swys14 »

ek's nie n groot Star aanhanger nie...het so 'n paar maande terug so 100 rondtes gaan skiet met 'n Star 9mm b, die ding het nog gewerk al het dit gelyk asof hy van die ark af gevat het, ou gun,  ek reken uit die 100 skote het 40 my probleme gegee...die recoil op hom was ook snappy!

maar in die geweer se defence moet ek se hy kon dalk vuil gewees het want hy was lank geberg (behoort aan n dame) en die rondtes was saamgegee was 'n "mixed bag". Maar behalwe dit het die ou gun my nou nie rerig impress nie.
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Post Reply