Helikopter Jakkals jag

Post Reply
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Helikopter Jakkals jag

Post by JTM »

Ek en my bestuurder gesels vroe?r oor hoe hulle op sy Pa se plaas laasweek jakkalse gejag het uit 'n helikopter. Klink baie interessant vir my aangsien ek beide mal is oor skiet en helikopters.

Die oom se plaas l? tussen Hopetown en Strydenburg en sy naam is Pieter Van Heerden. Dit is blykbaar iemand in die omgewing self wat die jag en vliegwerk doen.

Kan iemand dalk meer vertel oor die metodes en toerusting wat gebruik word vir die tipe jag?
Jannie Welman
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Helikopter Jakkals jag

Post by Gerhard »

Jason en Dawie D  hier op die forum doen nogal baie jakkals beheer werk uit die choppers.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
ST Man
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Tue Jul 19, 2011 2:14 pm

Re: Helikopter Jakkals jag

Post by ST Man »

Ek weet nie maar klink my jy gebruik brandewyn en dan versekerings eis forms.

PS. dit klink gevaarlik en heel waarskynlik onwettig. Praat nou nie feite maar my logika en bietjie kennis van lugvaart se dat gewere en vlieg nie meng nie.
As jy nog steeds dit wil doen verkoop ons jou een van ons baba's hy het n 20mm kanon in...... www.ahrlac.com
Howa 1500 30-06 met Burris Laser Scope
Thompson .50 Centre fire muzzle loader
Walther PPQ 9mm
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Helikopter Jakkals jag

Post by JTM »

Ek laaik! Lyk vir my soos 'n modrerne vervanging vir die Bosbok verkennings vliegtuig. Nice!
Jannie Welman
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Helikopter Jakkals jag

Post by Jakkalsgat »

ST

Nee, dit word gedoen en heel wettig ook en dit is nogal nie al wat uit helikopter geskiet word nie. Hier is behalwe vir name genoem nog ander manne hier op die forum ook wat verskillend goed jag uit helikopter. Dit is nogal belewenis om te sien hoe die manne dit doen en dink ek jy moet eendag net gaan kyk as hulle dit doen. Wat maar gebeur is dat hulle vlieg oor die veld en sien die jakkals uit die lig waarna hulle redelik laag bo hulle vlieg en skiet meeste van die tyd met haelgeweer. Daar is egter paar sulke videos op youtube wat jy maar kan gaan kyk.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Helikopter Jakkals jag

Post by MEERKAT »

Hallo
Helikopter jag is seker een van mees effektiewe maniere om jakkalse te beheer mits dit reg aangepak word. Let wel dit is nie die goedkoopste manier. Menigte jakkalse is al met 'n helikopter geskiet wat deur
geen klank of lamp geskiet sal word nie. Die sukses van die tipe van jag word grootliks bepaal deur hoeveelheid werk wat op die grond gedoen word.
Kies jou pilot goed want voordat jy jou oe twee keer kan knip val julle daardie spinnekop in duisend stukkies.
Groetnis
MEERKAT
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Helikopter Jakkals jag

Post by BLOK »

Manne kom ek julle net vinnag reghelp.

Het dit self ook al gedoen en ja dit is wettag, wat is die verskil om n bok uit die chopper te dart of hom te skiet. Selfs parkeraad maak gebruik van buide die metodes. Wat ek wel net wil se hierdie is nie helikopter jag nie. Dit kan onmoontlik nie jag genoem word nie.

Dit is seker een van die mees efektiefste maniere om culling te doen of probleem jakkalse uit te skiet. Dit is vinnag, goedkooper in sommage gevalle en baie effektief. Om bv 200 blesbokke met bakkies te ry en skiet vat baie ure in n helikopter kan dit binne n uur of twee gedoen word. Boonop kan die helikopter gebruik word waar vir bakkies of selfs per voet dit mens onmoontlik is om te loop of ry.

Was self al betrokke in die berge waar uitgeskiet is wat met bakkies in n week gedoen sou word het ons van kom op die plaas tot ons vertrek het in minder as 3 ure gevat.

Onthou ook dat dit baie minder stres op die diere sit, n hele trop kan vinnag en effektief gecull word as dit jagters of per bakkie moes gebeer vat dit baie ure en selfs  dae wat baie stres weer op die diere plaas.

Weet daar is sekere profinsies met verskillende reels en regulasies wat dit nie toelaat of slegs toelaat met n permit maar dit geld ook vir gewone skiet en jag.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply