Goeie Middag Almal
Ek stel baie belang in lang afstand skiet en ook om meer gereeld deel te neem aan byvoorbeeld SA Jagters se Skiet tabelle.
Ek wil graag julle raad en ondervinding vra oor watter teleskoop om te koop. Die geweer wat ek beplan om te gebruik is 'n 284 Win.
My vrae is soos volg :
1. Moet dit FFP(First Focal Plane) of SFP(Second Focal Plane) teleskoop wees? Ek was baie verbaas gewees om uit te vind dat teleskope soos die Nighforce NSX 5.5-22x50 met NP-R1 /2 egter SFP teleskope is. Ek neem aan die mense koop die scopes aangesien die afstande wat geskiet word bekend is en nie nodig is om enige afstand berekening hoef te doen nie deur die teleskoop "reticle" te gebruik nie.
2. Ek het nie die fondse vir 'n Nightforce nie en kyk na ' Sightron 6-24x50 LRMOA of Vortex Viper PST 6-24x50 FFP EBR1-MOA aangesien hulle min of meer glo dieselfde kos. Het enige Jaracal lede al van die teleskope gebruik en wat was julle ondervindinge?
Ek is bewus van al die ander forums soos Longrangehunting en Sniperhide ens wat hierdie vrae dek en ook detail verskaf oor hoe die FFP/SFP teleskope werk, maar ek stel belang in lede van die Jaracal forum se eie ondervinding.
Ek hoor graag van julle.
Paar vrae oor Geweer Teleskoop vir Lang Afstand skiet en ook Skiet Kompetisies
-
Stasoft
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Sep 05, 2011 3:12 pm

Last edited by Stasoft on Sun Oct 21, 2012 1:39 pm, edited 1 time in total.
.22LR - Oberndorf Mauser
.284 Win - Pasmaak
.308 Win - Sako 85 Hunter
.300 H&H - Pasmaak
.284 Win - Pasmaak
.308 Win - Sako 85 Hunter
.300 H&H - Pasmaak
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Paar vrae oor Geweer Teleskoop vir Lang Afstand skiet en ook Skiet Kompetisies
Stasoft, ek sien niemand antwoord jou nie en ek kan ook nie, want ek wonder self oor jou vrae!
Hoop iemand kan jou antwoord, dan kan ek ook sien wat die manne dink.
Groete

Aim small, miss small
- Pumba30-06
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am
Re: Paar vrae oor Geweer Teleskoop vir Lang Afstand skiet en ook Skiet Kompetisies
Stasoft/ Eugene
Ek is ook besig om die roete te begin.
Hier is n paar ouens met die kennis en ek is seker hulle sal nog antwoord.
Google long rangehunting en hy sal jou op n forum bring. Daar is ook baie kennis wat jou kan begin help.
Ek lees graag daar, maar kry meer inligting by die mense by ons wat dit gebruik.
Ek self is mal oor die Vortex en baie mense oor die Sightron en ek verkies die kruishaar in die SFP.
Ek is seker die slim manne sal nog antwoord, wag net so bietjie vir hulle.

'Hunting is a bush walk with a purpose"
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Paar vrae oor Geweer Teleskoop vir Lang Afstand skiet en ook Skiet Kompetisies
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Paar vrae oor Geweer Teleskoop vir Lang Afstand skiet en ook Skiet Kompetisies
Dankie Pumba, ek het daai site al bietjie bestudeer, maar verkies om by SA ouens te hoor, want alles wat hulle daar van praat, is nie noodwendig hier beskikbaar nie!Pumba30-06 wrote: Stasoft/ Eugene
Ek is ook besig om die roete te begin.
Hier is n paar ouens met die kennis en ek is seker hulle sal nog antwoord.
Google long rangehunting en hy sal jou op n forum bring. Daar is ook baie kennis wat jou kan begin help.
Ek lees graag daar, maar kry meer inligting by die mense by ons wat dit gebruik.
Ek self is mal oor die Vortex en baie mense oor die Sightron en ek verkies die kruishaar in die SFP.
Ek is seker die slim manne sal nog antwoord, wag net so bietjie vir hulle.
Groete
Aim small, miss small
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Paar vrae oor Geweer Teleskoop vir Lang Afstand skiet en ook Skiet Kompetisies
Ek het weer FFP scopes op my geweer, en dit is baie lekker om met dit te werk, veral as ek die mildot reticle ophet.
As jy weet wat jou koeeldrop is na jy gezero het ens, kan jy maar die vergroting opdraai, die afstand tussen mildot en kruis bly presies dieselfde.

ek soek nog wapens...
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Paar vrae oor Geweer Teleskoop vir Lang Afstand skiet en ook Skiet Kompetisies
Vereistes vir teleskope
Jy moet kan sien
Verstellings moet betroubaar wees
Sit nog by;)
Jy moet kan sien
Verstellings moet betroubaar wees
Sit nog by;)
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Paar vrae oor Geweer Teleskoop vir Lang Afstand skiet en ook Skiet Kompetisies
Stasoft
Ek kan net s? ek het 'n Vortex Viper 6x20 op my Jakkals, Springbok tabel geweer en hy werk bakgat vir my. 'n Vergelyking kan ek nie tref nie. Die manne s? "If you can't see it you can't shoot it"
Ek kan net s? ek het 'n Vortex Viper 6x20 op my Jakkals, Springbok tabel geweer en hy werk bakgat vir my. 'n Vergelyking kan ek nie tref nie. Die manne s? "If you can't see it you can't shoot it"
-
Stasoft
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Sep 05, 2011 3:12 pm
Re: Paar vrae oor Geweer Teleskoop vir Lang Afstand skiet en ook Skiet Kompetisies
Dankie Spekieries. Bly om te hoor.
SV MAD, ja nee, dit bly die voordeel van die FFP teleskope.
Vir my wat meestal die Springbok,Jakkals of Bluewildebees tabelle skiet, behoort die SFP reg te werk want ons weet ten minste wat die afstand is waaroor ons gaan skiet.
Dankie aan almal wat sover terugvoer gegee het.