aand jag

Post Reply
User avatar
Tazlana
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Mon Mar 26, 2012 8:39 pm

aand jag

Post by Tazlana »

Hello julle.

Sal julle aanbeveel om boog te jag in die aand. Ek het nog nooit gaan jag nie en is ok nie haastig nie. Ek stel wel belang om n ystervark te jag. Het wel baie ystervarke gesien in die aand maar net gewonder as jy wel wil jag in die aand, wat moet jy gebruik.

Groete.
Tazlana
User avatar
Boogjagter
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Sat Jan 14, 2012 2:56 pm

Re: aand jag

Post by Boogjagter »

More Tazlana

Om in die aand met die boog te jag is moontlik en is al vele male gedoen om o.a. bosvarke, luiperds en ystervarke te skiet. Die maklikste ystervark skiet sal wees as hulle op 'n bosvark voerplek begin vreet. Die bietjie moeiliker manier is om hulle in 'n mielie land te bekruip met 'n skietlig. Laasgenoemde manier is makliker as julle twee is - een lig en een skiet, hoewel ek al met 'n maglight op my stabiliser dit al alleen ook gedoen het. Wat die bekruip opsie nog moeiliker maak is om die afstand te skat in die nag, in die kort tydjie wat jy het om te skiet, na die lig aangesit is. Op bosvarke is dit baie moeilik, maar ystervarke beweeg baie stadiger en kry jy gewoonlik meer skiet kans. Om in die nag te voet te jag met geweer of boog is vir my klomp lekker, hoewel ek seker is heelparty mense gaan frons daaroor of selfs totaal gekant wees daarteen.

Wat jy nodig het om in die nag te skiet is ten minste 'n pin site met 'n liggie wat die pennetjies verlig. Jy kan 'n laser site ook op jou boog installeer, maar dit beperk jou tot een afstand (by 'n voerplek werk dit nogal goed). Dan moet jy 'n peep met 'n lekker groot gat in jou snaar he - as die gat te klein is gaan jy in die donker geneig wees on langs hom verby te kyk om te kan sien. Die heel belangrikste is dan om in die donker skiet te oefen en ek doen dit op 'n 3D vark, want dis sinloos om kolle in die nag te probeer skiet. Ek het na so week se oefen konstant 'n duim groep van twee pyle, op 20 yds in die kill zone, in die donker (baie dowwe rooi lig op die teiken) kon skiet. Gebruik 'n broadhead wat die grootse moontlike wond kanaal maak en steeds goed groepeer. Ek het begin met thunderheads (wat ure vat om te tune dat hulle groepeer) geskiet en skiet die laaste tyd met spitfires of rage se 2 lem BH (90pond elite synergy met 670gr pyl - penetrasie is nie 'n probleem met die setup nie). Ek het gevind dat ek konstant 'n duim tot duim-en-half hoog skiet in die donker en moet daai bietjie kompenseer. Nagsig en hitte kameras help baie, veral in die lande, maar is duur om te koop, so ek het nog net didt gbruik as ek d=saam iemand gaan wat dit besit. Ek gaan gewoonlik maar op gehoor in die land in en hou net die wind in my guns.

Het al drie bosvarke en paar ystervarke en hase geskiet en nog niks gekwes nie, maar die risiko om te kwes is verseker hoog as jy in die nag skiet. Dis hoekom ek baie oefen en erg kieskeurig is oor die skoot wat ek vat tydens die jag - ek het al baie op skiet kanse "gepass" omdat ek nie seker was van die afstand nie of omdat die vark net effens verkeerd staan. As jy wel die slag suksesvol is met so nagjag kan ek jou verseker dat jy dit graag weer sal wil doen - dis 'n ongelooflike gevoel.

Om jou vraag te antwoord - ja, ek sal dit aanbeveel, maar kry eers genoeg ervaring met boogskiet en veral boogjag.

So, daar is my paar sente werd.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: aand jag

Post by Gerhard »

Dit is wel moontlik soos Boogjagter genoem het...

Maar dit is n spesialis jag vir jagters met baie ondervinding
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
De beer
Full Member
Full Member
Posts: 127
Joined: Tue Apr 24, 2012 8:56 am

Re: aand jag

Post by De beer »

Ek sal se die maklikste is om I stukkie dun karton so groot soos n R5 te neem. Sny I gaaitjie in die middel van die karton en sit dit oor j peep. Nou kan jy net deur die peep se gaaitjie kyk. Partykeer vat ek sommer daai glo in the dark stokkies wat mens gebruik as jy visvang. Sny hom oop en sit bietjie van daai glo op die punte van jou pins. Werk nogal goed!!
Musgrave 30-06
Lee enfield 303
Airarms s400 FAC 5.5mm
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: aand jag

Post by SV MAD (Henk) »

De beer wrote: Partykeer vat ek sommer daai glo in the dark stokkies wat mens gebruik as jy visvang. Sny hom oop en sit bietjie van daai glo op die punte van jou pins. Werk nogal goed!!
Baie nice.

doen dit nie iets aan jou fiberoptic nie? En stupid vraag tyd, werk dit heeltyd, so as jou pin "gecharge" word met lig, sal die glo in the dark weer werk?

Vertel bietjie meer asb
ek soek nog wapens...
User avatar
De beer
Full Member
Full Member
Posts: 127
Joined: Tue Apr 24, 2012 8:56 am

Re: aand jag

Post by De beer »

Nee henk. Dit is die probleem. Dit hou so 2 ure gewoonlik. Ek het gewoonlik sommer so paar pakkies in my boogtas. Kraak hom dat hy begin glo en dan vat ek my mes en sny I klein gaatjie en sit dit op my pins se punte. Maar wees versigtig want nounou glo als as dit oor j hande uitloop.  Dit doen niks aan die fiber optic nie. My fiber optic werk nog net so goed soos altyd. Jy vee dit net af as jy by die huis kom en volgende kEer sit jy net nuwes op.

Gewoonlik sal ek ook net n kolletjie op die boonste en onderste rand van my sight sit. So as jy deur die peep kyk kan jy mooi sien of jy reg aanle!!
Last edited by De beer on Thu Jun 21, 2012 6:24 am, edited 1 time in total.
Musgrave 30-06
Lee enfield 303
Airarms s400 FAC 5.5mm
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: aand jag

Post by henslin »

Gerhard en die ander mal mense wat in die nag probeer

Eerstens - jammer vir die lank afl? en sleg wees. Moes weer van voor af begin leer loop en skiet.

Nagjag op voerplek vir Bosvark kom nie vanself nie. Het die voorreg gehad na meer as 'n jaar se sukkel en sukkel en leer en leer.

Gerhard - Slick Trick magnum is geen vark se maat nie.

My opset was:
Assassin op 65 #
St Epic 340 pyl met 125 gr Slick Trick Magnum (270 v/sek) konstant gemeet
Rooi lig op voerplek
Afstand 25 yards
Groter peep, kisser button en neus anker
Verligte 5 pin sight ( sal later 'n staaltjie hieroor vertel ) Plak die bleddie ding se kante en voor toe met tape. Lyk soos 'n kersboom in die aand !

Na 'n hele klompie varke met die roer kan ek julle verseker dat ek die eerste aand met die boog nie koors gekry het nie- het gebewe soos 'n dorsmasjien en moes die skietery los om vir myself te lag. Die tweede aand was toe beter.

Jammer oor die swak kwalitiet van die fotos

[img width=560 height=420]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... 012795.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... 012796.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... 012797.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... 012799.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... 012798.jpg[/img]

Hoop dit verduidelik
Last edited by henslin on Fri Aug 31, 2012 3:34 pm, edited 1 time in total.
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: aand jag

Post by Gerhard »

Aitsa!!!!

Baie geluk met daai otterjasie Oom Henslin!!!!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: aand jag

Post by VdWalt »

Eks jaloers!!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: aand jag

Post by Geno »

Oom Hannes,
Mooi gegooi!
Hoekom so stil gewees?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: aand jag

Post by marno »

Ek sien nou die "topic".  Ek moet s? ystervark was by verre my moeilikste jag nog met die boog.  Nie so maklik om te sien in die aand nie al is die sight verlig.

Ons het nie voerplek of iets by ons nie so het maar rond gery tot ek een gesien het en dan probeer nader kom sonder dat hy hardloop.

Nodeloos om te s? dit het paar probeer slae gevat.

Ek het die een toe op 24y geskiet toe hy vas steek. 
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: aand jag

Post by Eugene »

marno wrote: Ek sien nou die "topic".  Ek moet s? ystervark was by verre my moeilikste jag nog met die boog.  Nie so maklik om te sien in die aand nie al is die sight verlig.

Ons het nie voerplek of iets by ons nie so het maar rond gery tot ek een gesien het en dan probeer nader kom sonder dat hy hardloop.

Nodeloos om te s? dit het paar probeer slae gevat.

Ek het die een toe op 24y geskiet toe hy vas steek.
Goed gedoen!  :)

Dis maar hoe ons hom ook doen! Nie altyd maklik nie, maar dis lekker!
Aim small, miss small
Post Reply