Handwapen vir my vrou

Post Reply
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Handwapen vir my vrou

Post by Smirre »

More
Soek na bogenoemde
Gedink aan 7.65....................enige ander voorstelle?

Wat kos hulle nuut en kry mens mooi 2de handse pestole?

Smirre
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Handwapen vir my vrou

Post by Hercules Louw »

As dit vir selfbeskerming is, koop 'n rewolwer, 'n 38 special.

'n Rewolwer is altyd gereed, jy trek net die sneller.
As die skoot nie afgaan nie, trek weer die sneller.
Dit is baie eenvoudig om te verstaan en gebruik, geen veiligheidsknip of iets wat verwarring in 'n noodsituasie kan veroorsaak nie. Jy hoef nie te dink nie, tel op en skiet.

'n Pistool kan net patrone in die magasyn h? en nie oorgehaal wees nie.
Dit kan oorgehaal en op veilig wees.
Die veiligheidsknip kan klein wees.
Dit kan oorgehaal gereed om te vuur wees.
Dit kan oorgehaal met die haan (indien toepaslik) na vore wees.
Jy kan dit nie maklik met een hand oorhaal nie.
As jy gedwing word om links-om te skiet, sal jy sukkel om die veiligheidsknip te laat sak, wat nog van oorhaal.
In watter status het ek nou weer my wapen geb?re?

Visualiseer die ergste moontlike senario's:
'n Rower wat 3 uur in die oggend inbreek, 'n mens is deurmekaar en die skrik groot, baie adrenalien, dom vingers, dalk moet jy met een hand probeer veg en met die ander hand jou wapen kry. Daar is werklik net een wapen vir die soort omstandighede, of jy nou 'n man of 'n vrou is, dit is 'n rewolwer.

Ja, daar is uitsonderings soos bv 'n Glock pistool wat jy met veiligheid gelaai en oorgehaal kan dra of stoor, maar ek dink nie dit is wat jy ingedagte het nie.
Skaaphaas
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Feb 20, 2012 1:20 pm

Re: Handwapen vir my vrou

Post by Skaaphaas »

Smirre, is jy vasbeslote op 'n pistool vir haar?

Ek kyk ook na 'n handwapen vir my vrou. Ek glo in pistole maar ek ken my vrou, sy gaan nie genoeg met die ding oefen om sy werkinge te verstaan en te kan gebruik nie. As die ding stoor moet jy sonder huiwering weet wat moet gedoen word om dit op te los, en dit kom net met gereelde oefening. Baie manne se vroue gaan saam skietbaan toe en kan 'n pistool behoorlik werk, dan dink ek 'n pistool is beter.

Maar vir my vrou het ek begin dink 'n rewolwer gaan beste wees. Geen veiligheidsknippe, glystukke, magasyne of ander knoppe nie. Net mik en sneller trek sonder om te veel oor die ding te dink.

Kaliber, ek is nie so seker 7.65 is reg is. Ons is geneig om vir die vroue kleiner kalibers te wil voorskryf, maar die meeste 7.65's is maar kompakte pistole wat ook maar lekker blaf en skop. Baiekeer ook moeilik om te span. Ek wonder of 'n moderne 9mm nie dan maar gaan beter wees nie?

Laat weet maar wat jy dink, ek het self ook nog nie 'n oplossing vir myne gekry nie!
Artikel 13 en 15 lisensies vol, spaar nog om 16 ook vol te maak!
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Handwapen vir my vrou

Post by Louis Kriel »

Smirre wrote: More
Soek na bogenoemde
Gedink aan 7.65....................enige ander voorstelle?

Wat kos hulle nuut en kry mens mooi 2de handse pestole?

Smirre
My beste pel se vrou weeg seker 52kg en sy het 'n Ruger LCP in 380 acp (9mmshort) Hierdie gunnetjie is super klein maar hy slaan lekker hard!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: Handwapen vir my vrou

Post by the kid »

Ek het vir my vrou 'n Glock 26 gekoop. Sy skiet ongelooflik goed met hom. MAAR sy hou van skiet en skiet gereeld saam met my, sy ken al die drills, kan hom maklik met een hand oorhaal as dit ooit sal nodig wees, sy kan 'n storing vinniger as ek uitsort, en daar is geen veiligheids knip om oor te worry nie. As jy die werking van 'n Glock verstaan sal jy weet dat hy veilig oorgehaal gedra kan word, en is dan soos 'n rewolwer reg om te mik en druk. (ek was in die begin baie skepties hieroor maar dit werk so :o)

9mm ammo is ook maklik bekombaar teen 'n redelike prys.

Gaan kyk maar gerus na een.
Glock 19, Ruger m77 mkii ss 30-06, BSA .22, 12g ss, Lee Enfield.303, Ruger m77 mkii VT 25-06, Savage LRP .260 rem, Krico.222, Beretta 12g semi auto, Sako 6mm PPC, Zoli 20 GA.
Post Reply