langes is hier

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
Langes
Full Member
Full Member
Posts: 162
Joined: Thu May 03, 2012 9:59 pm

langes is hier

Post by Langes »

Hi almal

Ek lees nou al 'n hele tydjie hier op die forum rond en geniet dit baie.
Dis lekker om te sien daar is so baie mense wat saam kan praat oor iets waarvoor ons almal
baie lief voor is.(al is daar maar ook menings verskille en humeure wat soms gekoer word..)

Ek moet seker maar my oorlede pa die SKULD gee dat vandag sneller mal is!!(Ek dink as 'n naaimasjien 'n sneller gehad het, het ek naaldwerk ook gedoen!!!) Maar nou ja, ons dorpsjapies skiet net heeltemal te min na my sin.

Hoop om nog lank saam met al die forum vriende te lees.

Groete

Cornelius (langes)
Ruger .22 hornet; Musgrave .308; CZ 75 9MM, Bowtech Destroyer
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: langes is hier

Post by grumpy »

Welkom en vertel van waar is jy!! ;D ;D

Grumpy  >:(
User avatar
Langes
Full Member
Full Member
Posts: 162
Joined: Thu May 03, 2012 9:59 pm

Re: langes is hier

Post by Langes »

dankie.

Ek bly in Riebeeckstad (Welkom).
Ruger .22 hornet; Musgrave .308; CZ 75 9MM, Bowtech Destroyer
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: langes is hier

Post by grumpy »

Reg so, hoop jy geniet dit hier. Jou net waarsku ek is die ou met die groot eetlus so ek word nie sommer genooi na n braai of saam jag nie want dit kos die manne baie geld aan kos en drank!! ;D ;D

>:(
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: langes is hier

Post by erx »

Welkom langes, gieniet dit!

Groete
Emile
User avatar
Langes
Full Member
Full Member
Posts: 162
Joined: Thu May 03, 2012 9:59 pm

Re: langes is hier

Post by Langes »

;D eks famous!!!!! Die ouens op die forum praat met my!!!!
Ruger .22 hornet; Musgrave .308; CZ 75 9MM, Bowtech Destroyer
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: langes is hier

Post by johnny »

Ha ha

Mooi langes en welkom

groetnis]

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: langes is hier

Post by grumpy »

Wanneer het jy gese ons braai???? ;D ;D ;D

>:(
User avatar
Langes
Full Member
Full Member
Posts: 162
Joined: Thu May 03, 2012 9:59 pm

Re: langes is hier

Post by Langes »

Soos ek in my bekendstilling gese het, moet my pa skuld kry dat ek vandag lief is vir skiet, gewere jag en buite lewe. Bietjie meer oor waar dit begin het.......

Ek het groot geword in Olifantshoek in die Noord Kaap (ja ek bly in die Vrystaat, maar is 'n Noord Kapenaar in my hart!!!!). Pa was Stasie bevelvoerder van die SAP en ek het in die polisie stasie groot geword. Ek was seker so 6 jaar oud toe pa hulle weer 'n skiet dag vir die personeel en reserviste gehad het. Ek moes help met die teikens ruil en gaatjies toeplak. Dit het gevoel of ek in beheer was en asof alles van my afgehang het. Tussen deur het ek nie veel "geworry" dat iemand pa se telling kon inhaal nie, want in my oe was daar niemand wat daai R1 KON skiet soos pa nie.


Na 'n lang dag was almal besig om op te pak, toe pa sy .308 (vandag myne) en .303 uithaal. Sy woorde was:"boeta, wil jy skiet?" Natuurlik was die antwoord in my oe sigbaar voor ek nog kon se ja. Pa het 'n sak neergesit en die .303 daarop geplaas. Ek het 'n kort opdrag gekry van: " kom le hier. Kyk deur die gaatjie na daai pennetjie, as jy hulle op die teiken het, kan jy die sneller druk." wel, so gemaak , maar met die koper van die kolf seker so 'n duim van my skouer af!!!!!! Almal weet jy moet maar vir oom .303 mooi vas hou, maar ek het nie! Wel, volgende wat ek kon onthou, seker so 5duim agtertoe van waar ek eers gele het, is hoe vinnig ek opgevlieg het met oe groter as pierings!! Pa het my dadelik in sy groot arms vasgehou en gevra:"is jy oraait?" Na die skrik so bietjie verby was het pa die woorde gese wat ek nooit sal vergeet nie: " My kind, skiet is lekker, maar gewere is nie speelgoed nie en hulle kan mens baie seer maak. Kon le weer hier dat pappa jou die regte manier kan wys." Met twyvelagtige vetroue het ek die volgende skoot deskiet.Wel dit was die begin van die einde..............

............ Dankie pa, ek mis jou!!.......

Lekker aand almal.
Ruger .22 hornet; Musgrave .308; CZ 75 9MM, Bowtech Destroyer
User avatar
Langes
Full Member
Full Member
Posts: 162
Joined: Thu May 03, 2012 9:59 pm

Re: langes is hier

Post by Langes »

Grumpy (ek hoop nie dis oom nie..)

Lyk my hier is nog imand soos ek, wat enige geleentheid soek om te braai!!

Wel dis te verstane!! Braai rym met kwaai.... En kwaai is tog maar in 'n mate......GRUMPY!!

Groete
Ruger .22 hornet; Musgrave .308; CZ 75 9MM, Bowtech Destroyer
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: langes is hier

Post by Johan Reyneke »

Baie welkom by die forum

Jy gaan beslis baie inligting hier kan kry, en ja dit word verslawend as mens nie oppas nie.

Geniet dit hier saam met die res van ons
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: langes is hier

Post by Andre CZ »

Welkom Langes geniet dit
Groete
Andr
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: langes is hier

Post by theedge »

Baie welkom maat - bly om kennis te maak
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
stan man

Re: langes is hier

Post by stan man »

meerkat !!!
ag sorry langes  !!
vertel bietjie vir almal van meerkat.
ek is bly jy het nou tot die daad oor gegaan. welkom my vriend.
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: langes is hier

Post by visstok »

Welkom langes, hoop jy geniet dit hier saam ons. Eks sommer net hier anderkant die bult van jou, Wesselsbron.

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
cg rossouw
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm

Re: langes is hier

Post by cg rossouw »

Welkom, jy sal dit geniet, eintlik verslawend.

Groete CG
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: langes is hier

Post by Marc »

Welkom Langes

Jy gaan dit geniet hier  ;)

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: langes is hier

Post by Eugene »

cg rossouw wrote: Welkom, jy sal dit geniet, eintlik verslawend.

Groete CG
+ 1!!!  :)
Aim small, miss small
User avatar
Langes
Full Member
Full Member
Posts: 162
Joined: Thu May 03, 2012 9:59 pm

Re: langes is hier

Post by Langes »

Naand almal.

Dankie vir al die vervelkomings!

Ek geniet dit alreeds!

Groete
Langes
Ruger .22 hornet; Musgrave .308; CZ 75 9MM, Bowtech Destroyer
User avatar
Pitbull
Full Member
Full Member
Posts: 237
Joined: Wed Dec 07, 2011 9:05 am

Re: langes is hier

Post by Pitbull »

Welkom langes

Geniet die Forum,

Groete
Henno
I may not be there yet, but I'm closer than I was yesterday.
User avatar
Ferdi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Mon Mar 05, 2012 1:48 pm

Re: langes is hier

Post by Ferdi »

Baie Welkom

Jy gaan dit baie geniet hier.

Groete

Ferdi
375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
Marius Botha 10
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Mon Oct 24, 2011 3:20 pm

Re: langes is hier

Post by Marius Botha 10 »

Welkom, jy gaan dit geniet hier. ;) ;) ;)
M Botha
.22 LR Anschutz
.222 Krico
.243 Brno
6.5 x 55 Howa
.308 Brno
.9,3x62 CZ 550
9mm Luger
410 Boito
12 GA Beretta
User avatar
lowtech
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Wed Jun 13, 2012 12:17 pm

Re: langes is hier

Post by lowtech »

welcome to the forum
Ruger M77MK1.30-06
Howa 1500 .243
Ruger M77MK11 Pred. 233
Win mod 52c .22lr
Beretta 12g
Marocchi 12g
Bowtech Destroyer 350
Post Reply