QL boffens kom help asb
-
KC
QL boffens kom help asb
Net so biedjie agtergrond.
Ek gebruik QL nou seker 4 maande en skiet uitsluitlik S365 met Lapua doppe en CCI250 primers uit my 30-06
Die snelheid gemeet met my Oehler 35P was tot dusver met lotte 55 en 66 met Hornady Amax155, Nosler Part 165, Nosler Part 200gr spot on. Gewoonlik net 10fps tot partykeer max 20 fps verskil.
Wat het verander:
Primers: Nou Federal 210
Lot S365: Nou lot 67
Punte: Nou Nosler CC 168gr
Wat is die probleem:
Die spoed gemeet deur die chrony het gespring met 90fps meer as wat QL voorspel.
Ladings wat my meer as 100fps onder die max van Somchem moes gegee het, het nou so te se op die max spoed van Somchem gaan le!
Hoe hoer die lading gaan hoe hoer die verskil in gemete spoed met die QL waarde.
My vraag:
Het julle dit ook al gekry dat die spoed exponesieel toeneem sonder dat QL dit gewys het
Ek glo die spoed toename is biedjie vroegtydig alhoewel die lading (57.3gr lot67 S365) 1.4gr bo Somchem se max lading is is die snelheid gemiddeld nog 27fps onder die Somchem maksimum snelheid.
QL is gekalibreer met 53.8gr lot 67 S365
Enige een van julle QL slim ouens 'n idee wat hier aangaan?
Geen van die verstellings in QL laat toe om die exponensieele toename in spoed in ag te neem.
Ek boer nooit naby maksimum ladings maar in die geval is dit 'n veilige lading volgens QL wat skielik naby aan maksimum snelheid/druk gekom het met GEEN korrelasie tussen die QL waarde en die gemete waarde.
Kobus

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: QL boffens kom help asb
'n Raaiskoot is dat Lot 67 vinniger brand as die voriges. Indien QL met 'n laer lading gekalibreer word waarsku ek gewoonlik dat met toenemnde druk die brandtempo kan verhoog - kyk na die S/L Faktor in Somchem se handleiding - in die meeste gevalle verhoog dit met toename in lading - die toename is nie eksponensieel nie, maar ook dan nie reglynig nie.
Jou node spoed waar jy akkuraatheid gekry het is tog waarna jy mik en nie max spoed nie. Jy moet nou die ladings dan verlaag om die node weer te kry.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
KC
Re: QL boffens kom help asb
tripodmvr,
Ja ek gaan nooit vir spoed soos ek gese het en die lading moes my n gemaklike 106fps onder max snelheid gegee het.
Die probleem is dan net wanneer gebeur sulke dinge want QL kan dit nie voorspel nie. Dit is veral n probleem as daar bokant die max Somchem lading gesoek word na n node. Die 57.3gr moes my op wat my betref die hoogste node gesit het met n snelheid van 2739fps en die gemiddeld wat ek kry is 2818fps. Somchem max 2845fps
Dit maak QL dis nou heeltemal oneffektief om mee ladings te bepaal as jy nader aan maksimum snelheid n node wil he.
n Ander probleem is met watter lading kalibreer jy nou QL. Te hoog en jy sit met n laer lading probleem. Te laag en jy sit met n hoe lading probleem.
Die 53.8gr waarop ek lot 67 gekalibreer het is in die middel van Somchem se strekking.
Ek noem dit net weer dat die lot 67 die enigste is wat my n probleem gee en die ontbranding daarvan is die stadigste van die 3 lotte. Bygese, dit is ook die enigste lot waar ek die boonste node wou toets.
Dalk weer n Somchem boggeroppie of gebruik QL om n lading te bepaal vir die onderste en middelste node maar vir die boonste node gebruik QL slegs om die snelheid aan te dui en laai dan versigtig op tot jy by die snelheid uitkom.

Last edited by KC on Sun Oct 14, 2012 3:43 pm, edited 1 time in total.
-
KC
Re: QL boffens kom help asb
Ek se ook nou lot 67 is die stadigste maar ek het ook n primer gebruik met n baie flou vonk in vergelyking met die CCi250's.
Miskien n primer verwante verskynsel?
Dalk weer oorslaan na n magnum primer en kyk of dit verbeter?
Ongelukkig is CCI250 baie skaars en ek hou dit wat ek het vir my Nosler 200greiners

Last edited by KC on Sun Oct 14, 2012 4:22 pm, edited 1 time in total.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: QL boffens kom help asb
Hallo KC
Primers het n beduidende invloed op hoe n dryfmiddel reageer en hier demonstreer dit die dinamika in jou geval weer mooi. Dit is n komplekse gesprek en nie een wat maklik verduidelik kan word nie. Soos jou lading styg kan dit verseker gebeur dat jou S/L faktor verander en so ook die interne balistiek van jou lading.
Juis om die rede moet n mens aanhou om QL te kalibreer met die lading soos jy hom skiet. Onthou ook van die loading pockets in spoed wat ook ondervind word. Dit is daai gedeeltes waar jy n hoer lading skiet maar jou spoed neem nie veel toe nie. Baie keer gebruik n mens juis die gedeelte met die kalibreering van QL wat dan jou volgende lading omver gooi. So dit is verseker nodig om QL aan te hou kalibreer soos jy aangaan met jou ladingontwikkeling om sodoende die mees akkurate barreltime te kan voorspel.
Nog n ding hoekom hou jy nog steeds aan om Somchem se advies te gebruik ivm maksimum snelheid vir n spesifieke gewig koeel. Jy sit mos nou met al die informasie wat jy benodig om te bepaal of die lading veilig is of nie. Onthou Somchem se toetse is ook met n spesifieke batch poeier wat hulle geskiet het en dan het hulle maksimum spoed lesings aangepas om met alle batches van daai tipe poeier veilig te wees. Hulle syfers is ongelooflik konserwatief op sekere kalibers waarvan die 30-06 een is.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
KC
Re: QL boffens kom help asb
Wouter,
Dankie ook vir jou antwoord.
Moet se ek het die pocket storie heeltemal buite rekening gelaat. Dalk was ek net ongelukkig en het die kalibrasie lading nou juis presies met n pocket ooreengekom.
Voel my nog steeds iets skort met die ontbranding van lot 67 maar laat ek dit weer probeer. Dalk is die Federal 210's net te lig in die broek om die laer ladings ordentlik aan die brand te kry en as die hoer ladings dan van die begin af reg onbrand dan kry ek die groot verskille.
Miskien maar so paar CCI250's opoffer en kyk wat gebeur.
Ja die Somchem verwysings. Julle ouens wat so lank al QL gebruik glo aan die program en ek toets maar nog die water. Om vir die eerste keer n skoot af te trek wat bo Somchem gelaai is was nogal vir my n ondervinding
Sal maar so stelselmatig myself in werk in QL.
Die weer en weer kalibreer was nie nodig met lot 55 en 66 maar ja dalk so paar van die fatore soos bespreek wat die storie ontspoor het. Sal maar hulle so een een elimineer.

Vir die mediumkalibers is S/L faktor ongeveer 50 dws vir elke grein kruit is daar toe- of afname van 50vps. Dit maak dit moontlik om binne 20-40vps uit te kom met verskille in lotte. Daarom my rekords wat teruggaan na die 90's vir al my kalibers en in Excel formaat geb?re is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
KC
Re: QL boffens kom help asb
Ek is nou nie so heeltemal by met die stelling nie. Bedoel jy verskillende lotte met die selfde lading en kompoente behoort jou binne 20-40fps van mekaar te kry?tripodmvr wrote: Vir die mediumkalibers is S/L faktor ongeveer 50 dws vir elke grein kruit is daar toe- of afname van 50vps. Dit maak dit moontlik om binne 20-40vps uit te kom met verskille in lotte. Daarom my rekords wat teruggaan na die 90's vir al my kalibers en in Excel formaat geb?re is.
-
KC
Re: QL boffens kom help asb
So van SL waardes gepraat.
Somchem boeke op die 168greiner Min lading 50.3 SL = 49.0
Max lading 55.9 SL = 50.9
Dus verhoog die SL waarde net met 0.9 oor n grein strekking van 5.6 grein
Die lot 67 het n SL waarde alreeds verhoog met 1.08 oor 3.5gr strekking
Lot 67 53.8 gr Sl = 48.12 57.3gr SL = 49.2
So lot 67 se SL waardes klim vinniger alhoewel dit met n vlouer primer geskiet is.
Al wat ek kan dink is maar net swak ontbranding met laer ladings wat dalk sal regkom met n magnum primer.
Wat sou julle se ?
Somchem boeke op die 168greiner Min lading 50.3 SL = 49.0
Max lading 55.9 SL = 50.9
Dus verhoog die SL waarde net met 0.9 oor n grein strekking van 5.6 grein
Die lot 67 het n SL waarde alreeds verhoog met 1.08 oor 3.5gr strekking
Lot 67 53.8 gr Sl = 48.12 57.3gr SL = 49.2
So lot 67 se SL waardes klim vinniger alhoewel dit met n vlouer primer geskiet is.
Al wat ek kan dink is maar net swak ontbranding met laer ladings wat dalk sal regkom met n magnum primer.
Wat sou julle se ?
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: QL boffens kom help asb
KC
Met blootstelling aan meer kalibers en ladings sal jy sien dat hierdie wat jy beleef het geensins n snaakse verskeinsel is nie. In beide my 7mm Rem Mag en 300 Win Mag gebruik ek standaard primers om dopfulling te verbeter. Met die laer ladings het ek ook gevind dat my spoed laag was teenoor wat QL voorspel het. Soos ek nader gekom het aan maksimum druk, hier van 55 000psi met my ladingontwikkeling, het die inligting meer in lyn gekom met QL se resutate. Jy kan basies se die poeier het n critical mass begin word voordat die ontbranding begin normaliseer het. Moet nie jou kop hieroor breek nie, ek ondervind dit in baie kalibers en is nie net gebonde aan die tipe primer nie. Ek kry baie keer die omgekeerde met n magnum primer.
Wat jy wel moet doen is om elke lading te herkalibreer soos reeds gese. Dit bly belankrik om die mees akuraadste barreltime te kan voorspel.

Last edited by Wouter Roets on Mon Oct 15, 2012 1:40 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: QL boffens kom help asb
Met hierdie stelling s? ek dat jy maklik kan bereken wat nodig is om weer by die node uit te kom. Met 200vps verskil beteken dit ek moet ongeveer 4 grein aanpassing maak om die 200 vps op of af reg te stel. Dan is dit weer prakties skiet en dan die laaste fyn instelling tot by die node. So 6 kote in sarsies van 3 elk kan jou weer op die node kry wanneer lotte groot verskille het.tripodmvr wrote: Vir die mediumkalibers is S/L faktor ongeveer 50 dws vir elke grein kruit is daar toe- of afname van 50vps. Dit maak dit moontlik om binne 20-40vps uit te kom met verskille in lotte. Daarom my rekords wat teruggaan na die 90's vir al my kalibers en in Excel formaat geb?re is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
KC
Re: QL boffens kom help asb
Wouter,
Alhoewel ek baie jare gelede hierdie einste 30-06 self herlaai het met die detydse MR kruite het daar baie jare verloop voordat die geweer myne geword het en ek maar eintlik nou vir die "eerste" keer weer ernstig ladings ontwikkel vir hom. Deels ook te wyte daaraan dat ek slegs CCI primers geskiet het en nou vir die eerste keer n ander produk moes koop is dit wat met my gebeur het vir my n nuwe verskynsel.
Dankie vir jou verduideliking ten minste is ek nou bedag daarop.
Groete

Dankie vir jou terugkom op my vraag. Ja die SL waarde was maar eintlik al wat ek kon gebruik het voor ek QL aangeskaf het om min of meer n snelheid te kon voorspel.tripodmvr wrote:Met hierdie stelling s? ek dat jy maklik kan bereken wat nodig is om weer by die node uit te kom. Met 200vps verskil beteken dit ek moet ongeveer 4 grein aanpassing maak om die 200 vps op of af reg te stel. Dan is dit weer prakties skiet en dan die laaste fyn instelling tot by die node. So 6 kote in sarsies van 3 elk kan jou weer op die node kry wanneer lotte groot verskille het.tripodmvr wrote: Vir die mediumkalibers is S/L faktor ongeveer 50 dws vir elke grein kruit is daar toe- of afname van 50vps. Dit maak dit moontlik om binne 20-40vps uit te kom met verskille in lotte. Daarom my rekords wat teruggaan na die 90's vir al my kalibers en in Excel formaat geb?re is.
Ek sit nou met hierdie oulike program en dit het oulik gewerk tot ek die lot kruit en primers verander het.
Lyk my die ou metodes kan mens maar nie mee wegdoen al het mens watse ordentlike moderne voorspellings metodes.
Sal maar beide vorentoe gebruik noudat ek weet die verkynsel in eintlik nie so uniek nie.
As ek nie QL gehad het dan sou ek dit nie eens opgemerk het want ek sou heel moontlik gestop het op n lading wat nog onder Somchem se max was om by my geweer se node van 2750fps te kon kom
Kobus
-
KC
Re: QL boffens kom help asb
Ludwig,
Jy praat waar daar.
Ek het eintlik biedjie windgat geraak met QL toe alles so lekker glad verloop het met al my vorige ladings.
Het die nuwe primers met die nuwe lot kruit net op twee afsonderlike dae geskiet met dieselfde lading en sommer hom opgeskuif met 3.5gr. Ek meen die program was dan nog altyd so te se in die kol.
Ek blameer natuurlik die Amerikaners met hulle uitvoerwette vir ALLES !
Ja ek glo nie ek gaan QL wegpak nie. Die insident gaan my toelaat om vorentoe beter besluite te neem.
Ek het nou saterdag 3 groepe geskiet waarvan 2skote sny en natuurlik Murphy se een weg skoot. Ladings en nodes alles met QL bepaal. So ek sal dom wees om afstand te doen van QL.
Kobus
Wil net gou iets by se. Ek sweak natuurlik QL so biedjie. Ek het n lading uitgesort sonder QL op my ou metode. Hom gevat en sy node se loop tyd gevat en die Exell loop lengte aangepas om my die presiese QL looptyd daar te gee. Dus se my Exell looplengte 23.28" en my QL se 23.66". Werk vir my.
Dit gedoen omdat die groepe altyd so biedjie verskil met QL. Nou kom dit mooi ooreen.

Last edited by KC on Mon Oct 15, 2012 5:00 pm, edited 1 time in total.