Mono of nie?

User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Mono of nie?

Post by Monrique (SJ) »

Oom Massie

Ek kom dit ook veral die laaste jaar of so agter dat mense net lees wat hulle wil en dan word daar weg van die oorspronklike vraag geredeneer en gekyk wie se tollie die langste is.

Hier is weer n geval wat ek nie meer verder wil lees.

Groetnis

NS. Laat weet wanneer oom hier naby kom draai, dan kom maak ek n draai.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Mono of nie?

Post by Wouter Roets »

Chevvy

Groot askuus van my kant ou maat! Om terug te kom na jou vraag, ek gebruik geensins mono koeels in my kleiner kalibers wat ingespan word vir hierdie tipe van werk nie(kop en nek skote). Hier gebruik ek varmint tipe koeels wat so veel as moontlike skade aanrig. My persoonlike keuse is Nosler Ballistic tips vanwee hulle akkuraadheid, beskikbaarheid en werksvirrigting wat insluit dat hulle genoegsaam penetreer. Ek weet baie manne voel so ook oor Hornady se V-Max met goeie rede.

Ek het elders al genoem dat hierdie jaar het een persoon GS Custom 130gr HV gebruik op n markskiet uitstappie met baie goeie resutate. Hy was wel baie versigtig met die kies van sy skote en ek glo die groter kaliber was ook van hulp. Die skade aan die diere was vir my nogal indrukwekkend, maar ek moet weer byse hy het breinkas en nekwerwel skote geskiet en nie net kop en nek skote nie. Ek hoop jy sien in wat ek bedoel. ;)

Dit is verseker so dat mono's minder skade maak en indien jy hulle wil of moet gebruik sal jy feiner moet skiet vir die vitals. Jy gaan verseker beter af wees met varmint tipe koeels deurdat hulle jou gaan vergewe met skote wat nie perfek op die merk is nie.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Mono of nie?

Post by Carl »

Chevvy SS wrote: My post het niks met skootplasing te doen waarop gehamer word nie. 'n Swakker skoot gebeur met almal van ons.

Die punt is wat die effek van die betrokke koe?l gaan wees op daardie skoot.

Ek ervaar toenemend dat lede nie lees wat gevra word nie en dan heeltemal van die onderwerp afwyk sonder dat daar 'n antwoord op die plasing verskaf word.
+1
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Mono of nie?

Post by BLOK »

As daar net op kop en nekskote geskiet gaan word sal ek virseker eerder loodkern aanbeveel, die kanse vir n dier dood is net soveel beter. Skiet bv n springbok dwars hoog in die neus of hoog in die kake met n mono en die koel is net deer, as dit bv n V-maks of Ballistic tip was wat ontplof kon daai koel groot skade gemaak het en moontlik die brein ook agv die meer skade getref het.  Op kop en nekskote (meer nek dalk) is die vleis wat beskadag word elkgeval nie die geld werd wat dit moontlik n kwesbok sou gee met monos nie. Die vleis is dan ook mos van die minder prima snitte as ek dit so kan noem en persoonlik voel ek die honde moet ook n been of twee kry met n ietsie aan.

Weet nie kyk maar meeste profesionele wild oesspanne skiet ook almal loodkern, se dit nie ook iets van risikos uiskakel nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Mono of nie?

Post by Eugene »

BLOK wrote: As daar net op kop en nekskote geskiet gaan word sal ek virseker eerder loodkern aanbeveel, die kanse vir n dier dood is net soveel beter. Skiet bv n springbok dwars hoog in die neus of hoog in die kake met n mono en die koel is net deer, as dit bv n V-maks of Ballistic tip was wat ontplof kon daai koel groot skade gemaak het en moontlik die brein ook agv die meer skade getref het.  Op kop en nekskote (meer nek dalk) is die vleis wat beskadag word elkgeval nie die geld werd wat dit moontlik n kwesbok sou gee met monos nie. Die vleis is dan ook mos van die minder prima snitte as ek dit so kan noem en persoonlik voel ek die honde moet ook n been of twee kry met n ietsie aan.

Weet nie kyk maar meeste profesionele wild oesspanne skiet ook almal loodkern, se dit nie ook iets van risikos uiskakel nie.
Leer ek vandag iets baie waardevol, gedink mono koeels gaan baie beter wees vir kopskote. Noudat julle so mooi verduidelik het, kan ek nie dink dat ek dit nie vroeer al kon insien nie...  :P
Aim small, miss small
Biltongjagter

Re: Mono of nie?

Post by Biltongjagter »

Chevvy SS,

Sonder om nou te wil baklei oor nietighede, kom ons kyk net deeglik na wat jy hier onder skryf.
My post het niks met skootplasing te doen waarop gehamer word nie. 'n Swakker skoot gebeur met almal van ons.
Wat anders is 'n swakker skoot as net swak skootplasing?

Ek het ook al swak skote met mono's geskiet, maar dan weet ek dit was my swak skootplasing en nie die mono nie.
Die punt is wat die effek van die betrokke koe?l gaan wees op daardie skoot.
Mens kan nie verwag dat die koe?l die jagter se foute moet regmaak nie. Die feit dat sekere koe?ls opbreek en baie toevallig die swak geplaaste skoot op die dier, di? se dood nogtans veroorsaak, kan nie op gereken word nie en sal ook nie herhaalbaar dieselfde positiewe resultate lewer nie. Dus iewers gaan die jagter se foute hom laat betaal!
Ek ervaar toenemend dat lede nie lees wat gevra word nie en dan heeltemal van die onderwerp afwyk sonder dat daar 'n antwoord op die plasing verskaf word.


Jammer om dit te moet herhaal, ou vriend, maar swak skootplasing is nie die koe?l se skuld nie.

Dit is menslik om foute te maak, die aanvaarding daarvan is die seermaak deel waarmee ons almal maar sukkel.

Groete,
Koos.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Mono of nie?

Post by VdWalt »

Biltongjagter wrote: Mens kan nie verwag dat die koe?l die jagter se foute moet regmaak nie.
Hoekom nie? Ek skiet monos vir as ek die dag sleg skiet en groot bene raak skiet
die koeel nog steeds tot by die belangrike dele sal uit kom.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Mono of nie?

Post by Wouter Roets »

Koos

Ek dink Chevvy verstaan dit wat jy probeer se en jy sal nie n argument daaroor uit hom uit kry nie. Ek dink wat hy probeer vra is of n konvensionele loodkern koeel hom spesifiek in die nek area van n bok hom meer gaan vergewe met n swak skoot as n mono konstuksie koeel. Daai vraag is beantwoord glo ek deur mense wat baie ondervinding het op die gebied met n Ja.

Net so terloops kan ek dalk hierdie gebruik as n voorbeeld. Twee of drie jaar terug op n markskiet oefening het ek my 223 AI gelaai met Sierra Game Kings 65gr teen 3200ft/sek saamgevat as backup vir my 25-06. Ek was op die trip genoodsaak om die 223 te gebruik. Ek het gebars daai jaar met die kombinasie agv my koeelkeuse. Die Game Kings het nie genoegsaam opgebreek nie en ek moes my skote bitter fyn skiet om sukses te verseker. As ek die breinkas of rugmurg in die nek gemis het het ek moeilikheid gehad. Geen marginale skoot is vergewe deur die koeel nie wat nie gewoonlik die geval is met varmint tipe koeels nie. Nou hierdie is geensins n mono nie maar die uiteinde is dieselfde en vergelykbaar met n mono se optrede. Hulle is nie ontwerp of effektief vir hierdie spesifieke aplikasie nie. Horses for courses is maar die antwoord hier glo ek.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Mono of nie?

Post by BLOK »

Nog n nadeel van monos op kop en nekskote is gewoonlik dat die koel dwarsdeer die dier gaan en die gevaar kan inhou om ander diere wat agter is kan tref. Onthou dat nadat die koel deer die kop is die koelpad moontlik kan verander het en die dier nie altyd presies agter die dier waarna geskiet is hoef te staan om getref te word nie. Met swakker loodkern koels is die kanse bitter skraal dat die koel n ander dier sal kan wond nadat die eerste getref is.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Chukudu
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Sat Feb 25, 2012 10:55 am

Re: Mono of nie?

Post by Chukudu »

dagse almal,
ek het nou nie al die posts gelees nie, maar ek wil ook net iets vra uit domgeit uit. ek skiet eerder nekskote as bladskote vir die eenvoudige rede dat indien jy nie 'n werwel of 'n slagaar afskiet nie(dus net vleis tref) die bok sal wegkom en oorleef want hoekom sal hy nie gesond word nie????. ek skiet oor die algemeen vlaktewild. my vraag is nou: hoekom dan in 'n geval waar altwee tipes koeels 'n vleiswond maak wil ons dit dan oopruk? groter kans vir infeksie, vliee ens.

ek skiet IMPALA punte, daarby  sal ek bly al moet ek ook die naaste koppie uitklim, my roer teen 'n klip stukkend slaan en skree: "een vrije volk bin ik!"

dankie
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Mono of nie?

Post by BLOK »

Chukudu wrote: dagse almal,
ek het nou nie al die posts gelees nie, maar ek wil ook net iets vra uit domgeit uit. ek skiet eerder nekskote as bladskote vir die eenvoudige rede dat indien jy nie 'n werwel of 'n slagaar afskiet nie(dus net vleis tref) die bok sal wegkom en oorleef want hoekom sal hy nie gesond word nie????.
Eina!!

Ek sou reken maak nie saak waar n bok getref word nie mens soek hom en verlos hom maak nie saak hoe gering die wond is nie. Wie se nie jy het dalk die dier se gorrel getref nie. Wond gaan genees maar daai dier sluk baie moeilik en uiteinde vrek hy van wan voeding en honger. Ek sou reken om eties te jag moet jy juis soveel moontlik doen om seker te maak jy nie n dier wond en verloor nie.

Maar my opienie en seker nie die alfa en omega nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Mono of nie?

Post by Wouter Roets »

Chukudu

Ek gaan n bietjie terugsit en hierdie een haarfyn dophou! Ek dink jy het n uitstekende keuse gemaak met jou koeelkeuse indien jy so min as moontlik skade aan n dier wil doen.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Mono of nie?

Post by Chevvy SS »

Wouter, ek wil juis nie min skade maak nie. Die dier is of gewond, of dood.

'n 7mm gaatjie deur 'n springboknek gaan daardie dier baie moontlik laat vrek met 'n lyding, veral as daar maaiers inkom.

Indien daardie wondkanaal oopgeruk word na 20mm+, gaan jy jou bok vinnig kry, indien nie op dieselfde plek nie.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Mono of nie?

Post by VdWalt »

BLOK wrote:
Chukudu wrote: dagse almal,
ek het nou nie al die posts gelees nie, maar ek wil ook net iets vra uit domgeit uit. ek skiet eerder nekskote as bladskote vir die eenvoudige rede dat indien jy nie 'n werwel of 'n slagaar afskiet nie(dus net vleis tref) die bok sal wegkom en oorleef want hoekom sal hy nie gesond word nie????.
Eina!!

Ek sou reken maak nie saak waar n bok getref word nie mens soek hom en verlos hom maak nie saak hoe gering die wond is nie. Wie se nie jy het dalk die dier se gorrel getref nie. Wond gaan genees maar daai dier sluk baie moeilik en uiteinde vrek hy van wan voeding en honger. Ek sou reken om eties te jag moet jy juis soveel moontlik doen om seker te maak jy nie n dier wond en verloor nie.

Maar my opienie en seker nie die alfa en omega nie.
+1!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Mono of nie?

Post by Wouter Roets »

Chevvy

Gaan lees bietjie Impala koeels: Jaracal se praktiese toets, of so iets dan sal jy dalk sien wat dink ek van Impala koeels. Soos ek se as jy basies GEEN skade aan die dier wil he nie is dit n uistekende koeel om te gebruik! ;)

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Mono of nie?

Post by Chevvy SS »

Dan kan ek mos maar net die stof van sy stert ook afskiet Wouter; basies geen skade.  :P
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Mono of nie?

Post by Chevvy SS »

Chevvy SS wrote: Wouter, ek wil juis nie min skade maak nie. Die dier is of gewond, of dood.

'n 7mm gaatjie deur 'n springboknek gaan daardie dier baie moontlik laat vrek met 'n lyding, veral as daar maaiers inkom.

Indien daardie wondkanaal oopgeruk word na 20mm+, gaan jy jou bok vinnig kry, indien nie op dieselfde plek nie.
En hier gaan die topic alweer..........
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Mono of nie?

Post by Stefan764 »

Impala is die laaste koeel wat ek sal gebruik om n springbok deur sy nek te skiet met my 7mm. Maar dis die eerste koeel wat ek sal gebruik om n seekoei of n oolfant n kopskoot mee toe te dien met my groot kalibers...

Wout en Blokka het dit reeds opgesom. Horses for courses...

Groete
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Mono of nie?

Post by Piet Pille »

Hallo Chevvy,

As ek 'n stuiwer in die armbeurs mag gooi..

Ek gebruik tans Sierra Pro Hunters 130gr in my .270 vir hierdie toepassing. Daar is beslis 'n verskil aan "laterale skade" tussen 'n Barnes TSX, Sierra PH, en 'n Match King in dieselfde kaliber en gewig. Ek kan getuig dat by feitlik identiese "marginale" nekskote die koeel wat die vinnigste opgebreek het, wel die dier die vinnigste gedood het oor die algemeen. Die prestasie van "varmint" tipe koeels kan egter nie akkuraat voorspel word in sulke skote nie, maar ek sou se die die odds is defnitief vir jou.

'n Oorweging wat nognie hier bespreek is nie, is koste. Behalwe vir die voor die hand liggende verskil in prys, oorweeg gou die volgende teorie:

Ek kan 100 loodkernkoeels op die skietbaan uitskiet tydens ladingontwikkeling en oefen voor die jag teen dieselfde koste as 30 mono-tipe koeels. Mens kan dus redeneer dat agv die prysverskil, mens geneig sal wees om meer skote te skiet (ondervinding en oefening te kry) met loodkerns voor die jag as met duur mono's. Die varmint tipe koeels is gewoonlik ook inherent meer akkuraat as mono's op lang afstande (hier is egter baie uitsonderings ook). Die punt wat ek dus wil maak is dat die prysverskil en akkuraatheid van loodkern koeels hulle daartoe leen dat mens met hulle makliker akurate skote sal skiet bloot omdat jy meer vertroud met hulle is en dalk hulle trajekte dus beter ken.

Ek besef begenoemde is  'n bree veralgemening, maar vir my persoonlik het dit 'n rol gespeel. Ek is maar suinig om op 'n Saterdag 30 Rhino's of Barnes TSX uit te skiet op papier, maar ek laat loop met die Sierras, want hule is goedkoop en vrylik beskikbaar hier in Namibie. Die gevolg is dat ek baie meer vetroue in skootplasing het met hulle (veral oor langer afstande) as met die duurder mono's. So, vir kopskote sal ek hulle eerder gebruik want ek is baie vetroud met hulle, en sou ek nie perfek skiet nie, is daar nog "margin for error"


Hoop dit maak sin.

Groete
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Post Reply