Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Ek wonder sommer net die manne met die baie groot kalibers wat is meer belangrik spoed of akuraatheid. Kom ek stel die vraag so wat is beter, om n kom ons se n 400g koel teen 3000fps te skiet met n 40mm groepering op 100m of daai selfde koel teen 2600fps te kan skiet en 20mm groeperings te kry.
Kom ons los nou maar die redenasie van wat die koel werklik kan of nie kan nie. Meeste manne wat die kalibers gebruik skiet tog maar korter afstande, ek meen mens skiet mos nou nie n olifant diep in die bos op 150meter nie. Op 40 / 70 meter is die meer slaankrag van die spoed nie beter as die 20mm beter groepering nie.
Rede vir die vraag het die naweek gesit en wonder oor of n nodespoed werklik saak behoort te maak in groot kalibers, my kop se vir my as jy n koel op daai afstand baie meer spoed kan gee sal dit beter wees vir doodmaak vermoe op so kort afstand as die werklike 20/30mm wat die groepe beter sou wees vir skootplasing
Weet nie ek ken nie die grootgeweer ding nie so ek luister maar. Met die 204 kan ek elkgeval bitter mooi groepe skiet met n verskriklike spoed en ons weet teen die tyd al speed kills.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

-
johnny
- Hero Member

- Posts: 569
- Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
BLOK
As daai olifant of leeu storm wil ek darem seker wees my een skootjie wat ek inkry is op die regte plek , 40mm kan n mis vir die brein beteken , vir my gee eerder akuraatheid.
Groetnis
Johnny

30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno, .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
-
Danie Lombard .243
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
@ Blok
Jy vra juis spesifiek oor groot kalibers op kort tot medium maar meer kort afstande op groot en self gevaarlike wild. Ek sal reken dat so swaar koeel as moontlik eerder die objektief moet wees en dan met dit saam genoemsame spoed om die swaar koeel te laat penetreer en baie energie te kan oordra. Energie en penetrasie is die ding wat punte tel by die tiepe jag kondiesies. 'n 40mm en groter, self 'n bv. 60mm groepeering op 100 meter is meer as voldoende vir die tiepe jag.
Ek het eenaal van 'n ekspert ballistiese ou verstaan dat 2000fps tot 2200fps ideaal is vir die normale standaard jagkoeel om susksesvol te penetreer en nie in stukke te breek met die impak slag nie. Dit klink darem vreeslik stadig. Tog as ons na die penetrasie kyk van swaar en veral lank vir kaliber koeel penetreer die koeel sommer lekker diep teen die stadige spoed.
Blok, ek sal se dat spoed met so swaar as moontlike koeel wel belangriker as groepeering.

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
Dags?
Blok met hierdie een is ek met jou. Met alle respek teenoor die "akkurate vrate". Daar is iets soos praktiese akkuraatheid en groepering of skyfskiet akkuraatheid. Ek neem eerder die 40mm op 100m teen ho?r spoed as 20mm teen laer spoed. Jy skiet nie 'n stormende leeu op 100m nie, ook nie 'n buffel nie. Gaan skiet tog gerus twee grootkalibergewere op verskillende praktiese afstande uit die vuis en van 'n rus af. Waar jou eerste of miskien jou tweede koe?l tref is wat saak maak. En skiet jy uit die vuis, en veral vinnig maak dit glad nie saak of jou geweer 20 of 40mm skiet nie, dis wat jy met die geweer kan doen wat saak maak. Kleiner groeperings sorg nie noodwendig vir doodskote nie (met sekere voorbehoude natuurlik). As jou geweer op 100m nie eens binne 100mm kan groepeer nie is dinge uiteraard 'n bietjie rof. Maar gee my enige tyd 'n grootkalibergeweer wat op 100m, 50mm groepeer en ek is gelukkig. Die fout wat te veel van ons maak is om teorie aan te hang. Gaan skiet jou grootkalibergeweer op praktiese afstande en kyk wat jy daarmee kan doen - dis wat tel. En moenie die 40mm groepering as rede vir die misskote blameer nie.
Ek het onlangs weer by 'n vriend gekuier. Sy enigste jaggeweer is 'n .243. Die ding lyk soos die hond se alie en ek het self met hom op 100m geskiet. Hy het 'n helse swaar sneller en groepeer nie beter as 1.5" (37.5mm) op 100m met drieskootgroeperings nie. Maar as daai man daai roer optel dan knak hy springbokke op 300m hou vir hou en tot op ongeveer 250m skiet hy net vir die kop of nek.
Mooi loop

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
Akkuraat skiet is alles...
Skiet eerder stadig raak as vinnig mis of kwes..

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
Stem saam met Gerhard.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
Hallo Manne
Blok jou vraag is nie so eenvoudig as wat dit eers geklink het nie. My laaste ladingontwikkeling met my 458 Lott en Barnes se 450 TSX koeels het my n totaal van 12 skote geneem om half duim groepe op 80m te gee. Hierdie is te danke aan QL en die node program. Drie jaar terug sou dit my seker vyf keer die hoefeelheid skote geneem het tesame met n allemintige flinch na al die gesukkel. Ek kon nou die res van die koeel uiskiet in veldposisies. Ek kon nou n koeel kies VOOR die tyd en hom teen basies maksimum spoed skiet plus akkuraadheid. Met hierdie kombinasie sal ek enige 500gr konvensionele loodkern of bonded loodkern aanvat in penetrasie departement. So die ou geloof van swaarder teen laer spoed sit nou met n bloedneus vanwee koeelkonstruksie en koeelkeuse.
Ek hou van akkurate gewere en dit gee my enorme selfvertroue wat BITTER belangrik is met hierdie tipe van skiet waar jou en jou mede jagters se lewens baie keer daarvan afhang. Die keuse tussen die twee van hoe spoed en ligte gewig koeel teenoor lae spoed en swaar koel is volgens my n belans. Die "TE" gedeelte is weereens hier ook n euwel. Ek het vir baie jare met die standaard 375 H&H geskiet en my keuse was destyds die swaareder koeels teen laer snelhede. Vandat ek die kaliber geakley het en n meduim gewig mono koeel skiet kan ek met alle eerlikheid nie vir jou se dat ek die diere harder neersit nie. So spoed het geen groter effek op die diere nie. Die kaliber se aplikasie afstand het wel taamlik gegroei. Penetrasie is ook om te ewe wat weereens toegeskryf kan word aan koeelkonstruksie.
Die vraag is nou hoekom kan n mens die beste van twee werelde he nie en ek dink ek het die antwoord gekry. Elke ou soen mos maar sy vrou op sy manier!
Groetnis
Wout

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Anitha D
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Wed Aug 22, 2012 11:32 am
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
Blok
Dit hang alles af van wat of waarna jy skiet

- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
Blok, goeie vraag.
Ek stem saam dat praktiese jagakkuraadheid met grootkaliber gewere nie geraak sal word deur 40mm verskille in groep nie. Ek dink egter min ouens sal die punch kan vat en akkuraad skiet met 'n geweer wat energie uitsit wat 'n400gr punt teen 3000fps gaan genereer.
Ek het wel iewers gelees waar penetrasie toetse gedoen is waar bevind is dat dieselfde koeels beter penetreer teen ongeveer 2200fps as teen 'n hoer spoed. Dis vergelyk met die voorbeeld van 'n duiker wat van 'n 3 meter duikplank duik en diep in die water ingaan terwyl 'n duiker wat vanaf 'n hoogte van 100m duik himself letterlik te pletter val op die water en glad nie penetreer nie. Teen die hoer spoed is die water so hard soos beton.
Ek luister graag wat se julle.

- Born2Late
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
In my opinie is akkuraatheid bobaas.As jy weet waar jou geweer skiet is die ver skote moontlik en die vinnige naby skote op goed wat storm en byt.
Groete
Groete
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
With labour and diligence.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
Ek is saam Gerhard en GrompieGerhard wrote: Akkuraat skiet is alles...
Skiet eerder stadig raak as vinnig mis of kwes..
Wat Oom Koos s? oor die skut se bydrae is ook natuurlik belangrik
Last edited by Marc on Tue Oct 09, 2012 7:04 am, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
Baie interresante terugvoerings met n hele klompie verskille. Ja ek skiet nou nie groot kaliber nie maar hierdie was bloot maar iets wat ek oor gewonder het al. Biltong die spoed wat ek aangegee het was maar net as vergelyking te tref en soos ek se ken nie groot kalibers nie so weet nie watter spoed hardloop watse gewig koels nie. Wat jy van praat oor dier se lyf wat beton word onthou om n olifant wat ek as voorbeeld gebruik het sal mens glo ek seker soliede koels voor gebruik wat ek dan tog sal glo sterk genoeg sal wees.
Baie interresant antwoorde wat hier is en lyk my tog daar is nie n regte antwoord nie, wat vir die een beter voel is dalk heel verkeerd vir die ander. Een wil die dier omskiet ander wil hom seker maar mooi korrel en doodskiet. hahaha
Baie interresant antwoorde wat hier is en lyk my tog daar is nie n regte antwoord nie, wat vir die een beter voel is dalk heel verkeerd vir die ander. Een wil die dier omskiet ander wil hom seker maar mooi korrel en doodskiet. hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
Ek skiet met die boog en geweer en by beide, kies ek akkuraatheid bo spoed. Ek dink egter nie dit is die enigste faktor nie, jy moet ook vertroud met jou geweer/boog wees en vertroue in hom h?!
En vir jag, is natuurlik vir my die belangrikste, skootplasing! Ek ken baie ouens wat 'n coke doppie op 200m 5/5 keer kan raakskiet, maar nie weet waar om 'n bok te skiet, as daar nie 'n kol is om op te mik nie! Veral as daai rooibok nie staan soos op die tabelle nie...

Aim small, miss small
-
johnny
- Hero Member

- Posts: 569
- Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
Eugene
+1000
groetnis
Johnny
+1000
groetnis
Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno, .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
Daar is baie van die ouer garde wat vassteek by die 2200-2000ft/s
Met my 9.3 druk ek 'n bonded lood koeel teen net oor die 2200. Maar as ek hom nie akkuraat kan skiet nie dan help dit nie!
gister weer 'n stormende teiken geskiet en 'n man moet spook om 3 skote in 'n CD grootte area te kry! nie gepraat eers van 'n golfbal nie!
BLOK, ek moet seker nou weer vra waar begin die groot kalibers?

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
Hoop die teiken was buffel....dan kon jy darem DAAR een wettig met die 9.3 skiet.....
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."
Koedoe Hengelklub
Koedoe Hengelklub
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Wat is Belangrikste, Spoed of Akuraatheid.
Deeg,
Daar is darem nog provinsies waarin jy wettig mag buffel jag met die 9.3!
Moenie worry, sal eendag vir my 'n 404 ook kry