Standaard jagkoeels artikel.

Post Reply
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Standaard jagkoeels artikel.

Post by Biltong »

Manne, ek het afgekom op hierdie interressante artikel.

http://www.chuckhawks.com/standard_bullets.htm

Die skrywer meen dat standaard koeels beter is vir algemene jag as premium of koperkoeels. Hy se dis net "propaganda" dat premium en koperkoeels beter is vir algemene jag.

Wat dink julle?
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Standaard jagkoeels artikel.

Post by johnny »

Ek wonder of Chuck nie hier skerm teen die greenies wat probeer om alle loodkoels in Amerika ter laat onwettig verklaar nie???

Groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
Danie Lombard .243

Re: Standaard jagkoeels artikel.

Post by Danie Lombard .243 »

Ludwig

Ek stem 100% saam met jou t.o.v. mono's vs. lood kern koeels veral gesien soos jy se haastige kalibers. Mens kan op verskeie pleke op die net lees oor die lood stukkies wat agter bly in die karkas van 'n gejagte bok na dit gejag is met konvensionele lood kern koeel. Net dit maak dat ek geensins meer met loodkern koeels wil bokke lyfskote jag nie.

(my opinie) Ek is al vuis voos oor die wapen eienaars wat sweer by die verwoestende effek wat 'n sekere tiepe koeels het op 'n karkas. Dit is tans so erg dat die algemene oningeligte jagter nie hom meeer skeel aan skoot plasing en oefen om 'n vermoeende etiese jagter en skut te wees nie. Al wat punte tel is die wilde woestigheid van die koeel wat gate so groot soos tennisballe deur 'n karkas boor.

(grappie)  Naas die uitvind van die 243 kal is mono koeels die 2de beste ding wat met die jag wereld gebeur het.

VIVA MONO!! koeels VIVA!!
BoogJagter111p
Full Member
Full Member
Posts: 191
Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am

Re: Standaard jagkoeels artikel.

Post by BoogJagter111p »

Danie Lombard .243 wrote:
(my opinie) Ek is al vuis voos oor die wapen eienaars wat sweer by die verwoestende effek wat 'n sekere tiepe koeels het op 'n karkas. Dit is tans so erg dat die algemene oningeligte jagter nie hom meeer skeel aan skoot plasing en oefen om 'n vermoeende etiese jagter en skut te wees nie. Al wat punte tel is die wilde woestigheid van die koeel wat gate so groot soos tennisballe deur 'n karkas boor.

VIVA MONO!! koeels VIVA!!
+1
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Standaard jagkoeels artikel.

Post by James Wilson »

Sjoe,  ek verstaan nie wat Mnr Hawkes met die artikel wou bereik nie. Selfs as n leek kan ek nentnie met hom saam stem nie.

Hy het al kritiek in die vsa gekry dat hy sy eie pr glo. Daar moet n verduideliking wees vir die artikel, so nie. Is die artikel bloot vol foute. Intresante "find" dankie vir die post
Last edited by James Wilson on Sat Oct 06, 2012 12:06 am, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Standaard jagkoeels artikel.

Post by LUAN »

As Chuck Hawks iets geskryf het moet jy dit met n knippie sout vat hy is n biast tipe ou daars ander oorsee wat kla oor hom.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Standaard jagkoeels artikel.

Post by Piet Pille »

+1 oom Pine!

Miskien moet ons die volgende vra-

- Eet Chuck gewoonlik self dit wat hy skiet?
-  Vergelyk die algemene dier wat in Amerika gejag word (takbok..?) goed met wild hier by ons in afrika?

Ek gebruik loodpunte net vir teikenskiet, probleemdier jag en vir kopskote op kleiner wild (springbokke). Die rede is omdat dit goedkoper, baie akkuraat en meer vrylik beskikbaar is hier in Namibie. (Sierra Gk 130gr vir my .270) Dis al.

Vir alle ander toepassings gebruik en premium koeels. Want vleiskade, penetrasie en selfs stukkies lood in my vleis is belangrike oorwegings vir my by die bokke wat ek meestal jag (koedoe, gemsbok eland).

Ek poog ook om, as etiese jagter, my diere so vinnig en doeltreffend te dood. Waarmee premium koeels in my toepassing die doelwit sover bereik.

As die tydperk (tot op die milisekonde) wat die dier neem om dood te wees na die skoot, jou absolute enigste oogmerk is, soos dit vir my lyk uit Chuck se artikel, stel ek voor hy kyk na 'n haelgeweer slug op baie kort afstand of self na 'n landmyn.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Standaard jagkoeels artikel.

Post by grumpy »

Lyk my die Chuck het nog nie met Chuck Norris te doen gehad nie!!! Die bokke skrik hulle dood vir ho!! ;D ;D

Nee, ek dink die man hap n wind bubble! Baie ouens praat soveel nonsens hulle glo hulself. Soos daar gese is daar is mense wat kla oor sy stawings van sy punte wat hy gebrui. Dit klink solank die bok dood is maak dit nie saak oor die vleis skade nie. Dis mos n kill!!!

>:(
Danie Lombard .243

Re: Standaard jagkoeels artikel.

Post by Danie Lombard .243 »

Die volgende het ek al genoem, dink dit is gepas om dit weer hier te noem.


Jare terug het ek 'n VSA jag en geweer tydskrif deur geblaai en van die artikels gelees. By die briewe kolom was daar 'n ou wat gekla het oor "total bullet failure" .  Ek kan nie die klaer se jag kaliber of tiepe ammo onthou nie, sy klagte het gegaan dat die betrokke koeels gemors is want soos hy se " i experianced total bullet failure".  Blykbaar het die koeel nie reg omgeklink soos dit moes nie nie, daar was gewig verlies en die lood kern het as ek reg onthou uit die mantel geklim. (klink of hy met PMP koeels gejag het ;D)
Tog se die jagter dat die bok wat hy gejag het amper onmiddelik dood neergeslaan het en die groot probleem is die koeel se swak werk verigting. M.a.w. 'n perfekte suksesvolle jag, geen kwes of bok soek nie. Net daar dood neergeval.
Dink dit was Craig Boddington wat hom geantwoord deur te se  "At what stage of the animals death did you experiance bullet failure?"

Klink of die kla kous en Chuck lekker sal kan gesels.

Met die wat ek so grap oor die PMP koeels, nie lank terug nie kry maat van my 'n groep VSA jagters wat slegs met daai rooi bruin pakke PMP koeels wil jag en met niks ander nie want se hulle dit is regte egte afrika jag koeels doelgerig gemaak vir die afrika stof en son en hitte en dik vel jag diere en nog 'n hele klomp dinge daar by.

Die lewe is darem snaak, ons lot diekant wil weer met hulle koeels jag.  Aaaai toggie.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Standaard jagkoeels artikel.

Post by Frederik »

Ek het nie al die nonens gelees nie daar was te veel daarvan almal moet ook verstaan ons praat hier van miljoene jagters wat jaar in en jaar uit uitgaan en hulle whitetails skiet paar manne wat gelukkig is om meer as 2 te skiet per jaar terwyl ander 1 in twee jaar skiet. Meeste jagters daar koop maar sy selfde pakkei patrone elke jaar en gebruik dit wnat dit werk vir hulle.

As Boer A elke jaar 20 blesbokke skiet met sy 270 win met PMP 130 sagtepunte en dit werk vir hom hoekom gaan hy verander ?

So vir sy Artikel en jy kom van Yankie land af maak dit heeltemaal sin. Die manne wat geld het om ander goed te jag en te travel is dieselfde manne wat ook tydskrifte lees en groot skoue toe gaan en kyk na eksotiese destinasies. Hulle is seker maar net 1% van die totale jag gemeenskap in die land.

En as jy dink ek praat bog daar is meer vroue wat aktief deelneem aan NRA en lid is daarvan is as baie lande se totale populasie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Post Reply