Musgrave 243 slot maak moeilik toe
-
FE
- Hero Member

- Posts: 566
- Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm
Musgrave 243 slot maak moeilik toe
Naand Almal,
Will hooren wat of daar nog manne met die probleem sit, en wat moet ek doen om probleem op te los? Die slot maak moeilik toe met winkel en self gelaaide patrone. Ek het die doppe ge "full size"en terug gesny. Die pmp boek se 51.95 mm. Met of sonder n punt in maak die slot moeilik oop en toe.
Groete,

Born to hunt, but forced to work!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
Jy sit dalk met die volgende 2 dinge :- 'n baie stywe kamer en kort leade of albei tesame. As jou dop kort genoeg is (maks 51.94mm Somchem en Lee Manual) kan dit dan die lengte en ook vorm van jou kamer wees. Ek sal voorstel dat jy na 'n geweersmid gaan en seker maak oor die volgende :- 1. genoegsame kopspasie 2. geen klein voorwerp of krapmerk in die kamer nie en 3. dat die nekgedeelte ook skoon is.
Die 243 is bekend vir die vorming van "doughnuts" of "donuts" en die moet jy gaan lees deur te Google daarvoor - daar behoort genoegsame inligting te wees. Ek verwyder myne met 'n 6,25mm boor wat by spesialis masjineringswinkels gekoop kan word. Ideaal sal een van 6,20mm wees. 'n Doughnut maak dat die langer koe?ls die dop uitdruk en dan die moeilike kamering veroorsaak.
Kyk na die foto wat ek geplaas het (geleen het van vorige plasing) en jy sal die verdikking by die nek/skouer area sien. In jou geval sukkel selfs fabrieksammunisie en daarom bostaande raad.
Laat weet asb as jy die probleem opgespoor het.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
Kyk of jou kamer nie vuil is of bietjie roes in het nie
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
-
FE
- Hero Member

- Posts: 566
- Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
Dankie vir al die raad! Sal vanaand weer kyk of die kamer mooi skoon is. Kan julle dalk vir my n gooi wapenssmid in Johannesburg omgewing aanbeveel. Laat werk altyd aan my gewere in Bloemfontein, maar nou bly ek hier bo en gaan dit makliker wees as ek dit sommer hier kan in gee.
Groete,
FE
Groete,
FE
Born to hunt, but forced to work!
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
Oom Driepoot
Ek het ook so paar weke terug begin na iets soek om die doughnuts van die 243 doppe in my pa se roer te verwyder en het gekyk na daai inside neck reamers en ook elders op die forum gelees dat oom dit uitboor. Ek het met oom Chris van Niekerk gepraat in die proses met die aankop van n outside neckturner en hy het my aanbeveel om nooit aan die binnekant van my doppe met enige iets te sny nie, hy se dit sny nooit al die krapmerkies en burr weg en glad nie. Hy het eerder aanbeveel om dit met expander mandrel uit te druk en dan met die outside neck turner af te sny aan die buitekant.
Dit klink tog nie of oom enige probleme gekry het met die manier wat oom dit doen nie?
Groete
Danie

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
FE,
Ek het destyds agtergekom dat my 243 sukkel om toe te maak met Highland fabrieksammo. Ek het dit agtergekom toe ek die geweer wou koop en toe 'n paar skote gaan skiet het. Met die Federal en PMP patrone was hy fine. Nadat ek die kamer deeglik skoongemaak het, het dit nie weer gebeur nie.
Hoop jy kry die oorsaak.
Hein M

Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
FE
Maak jou slot maklik toe SONDER enige doppie of patroon in die kamer, hoekom ek vra, daar mag n obstruksie weer wat die slot self keer om glad toe te maak, weet dat party Remingtons n kwaal het as jy die voorste skroef BAIE vas draai, draai hy deur en druk tee een vd locking lugs.....
Hoop jy kry hom reg, is baie lekker en goeie aksies, hulle het nie kopsere nie...
Mooi loop
Francois
Maak jou slot maklik toe SONDER enige doppie of patroon in die kamer, hoekom ek vra, daar mag n obstruksie weer wat die slot self keer om glad toe te maak, weet dat party Remingtons n kwaal het as jy die voorste skroef BAIE vas draai, draai hy deur en druk tee een vd locking lugs.....
Hoop jy kry hom reg, is baie lekker en goeie aksies, hulle het nie kopsere nie...
Mooi loop
Francois
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
Ek het die hele kaboedel van my PMP doppe so behandel en nog nie baie daarvan weer herlaai nie. Met sulke behandelde doppe wat slegs genekdruk is het ek mooi groepe geskiet met 85gr Spartans. Moet nou weer begin oplaai en weer met hom speel.Danie01 wrote: Oom Driepoot
Ek het ook so paar weke terug begin na iets soek om die doughnuts van die 243 doppe in my pa se roer te verwyder en het gekyk na daai inside neck reamers en ook elders op die forum gelees dat oom dit uitboor. Ek het met oom Chris van Niekerk gepraat in die proses met die aankop van n outside neckturner en hy het my aanbeveel om nooit aan die binnekant van my doppe met enige iets te sny nie, hy se dit sny nooit al die krapmerkies en burr weg en glad nie. Hy het eerder aanbeveel om dit met expander mandrel uit te druk en dan met die outside neck turner af te sny aan die buitekant.
Dit klink tog nie of oom enige probleme gekry het met die manier wat oom dit doen nie?
Groete
Danie
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
Goeie geweersmid in JHB is Craig Klintworth & Rogan Reid, albei by Craig Klintworth Arms, beide Ex Musgrave manne.
Groete
Daan
Groete
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
TRIPOD, oubaas se honne:
"Met sulke doppe wat genekdruk is......."
My wereld dit is mooi Afrikaans!!!

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
Lyk my daardie jare was daar goeie en mooi jong Afrikaanse onderwyseresse wat ons halwe souties mooi geleer het daar in Durban.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
Hy, lekker ou Durbs. Was vandag daar by Kings om my vrou se 40s&w op te tel. Sit op die oomblik im Balito en die bliks!ms by die huis stuur vir my fotos van die tjops op die rooster in die veld waar hulle. Ou net n vark geskiet het. Ek stres alreeds wat ek met myself gaan doen tot saterdag.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
James, braai, vat n ietsie en gee my die skuld! Hoekom nooi jy nie mense saam nie? Suffer maar alleen!
Daan
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
Ek dag dan julle is on die kaap?
Is daar brandewyn?
Is daar brandewyn?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
Wat, in die Kaap? Dit is n sendingstasie, hier waar ek bly is dit so rof jy steel jou eie brandewyn!
Daan
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
Ag nee pel... As dit so erg is dan moet ek jou oornooi en dan vat ons maar Olof - na die twee bottels Tien Jaar... Jy moet net laat weet.
Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
Ek wil by wees.

Daan
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
vlakvarkbeer
- Sr. Member

- Posts: 388
- Joined: Wed Feb 27, 2013 11:26 am
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
dag se n pel van my het n 243 en het begin moeilikheid optel met sy kamer/doppe hy moet sy doppe 1mm kleiner sny met die korter dop erk dit maar raak n probleem as dit normaal is druk die nek in die loop wat het dan verkeerd gegaan
.22 Norinco
Howa 223 B/B
Howa 6.5x55 Swed
6mm Musgrave (P14)
Lee Enfield 303
308 RSA 30" loop (Plank)
Remington 700 6.5 creedmoor
Howa 223 B/B
Howa 6.5x55 Swed
6mm Musgrave (P14)
Lee Enfield 303
308 RSA 30" loop (Plank)
Remington 700 6.5 creedmoor
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave 243 slot maak moeilik toe
Jy se ongelukkig nie watter model dit is nie? Die 243 is n baie sensitiewe kalant en jy moet baie seker maak dat die kopspasie 100% korrek is.
Indien hy herlaai moet hy dalk met n paar herlaai kundiges op die forum kontak om seker te maak die regte ladings word hebruik.
Neem hom na geweersmid sodat hy die interaksie tussen die grendel, patroon en loop kan nagaan. n Afgevuurde dop behoort ook baie te wys.
Gebruik maar die manne wat daagliks met hierdie dinge stoei!
Mooi loop,