Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post Reply
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by Jacko »

Okay, kom ons dink positief. Lisensie-aansoek is so maand of wat gelede ingehandig, so ek gaan binne die volgende 4 - 8 weke goeie nuus kry.

Ek gaan uit die aard van die saak eers die loop mooi soet en geduldig inskiet en vir die eerste jagseisoen fabrieksammunisie gebruik. Daarna gaan ek ernstig begin herlaai. Daardie eerste batch van, kom ons se 80 rondtes, gaan die basis vorm van my herlaai-doppe vir die volgende jaar of drie vier.

Watter ammo sal julle aanbeveel hiervoor?

Ek soek uiteraard goeie kwaliteit ammo wat ek sal gebruik op enigiets, van springbok, regdeur tot by 'n teoretiese koedoe as die gode glimlag.

Ek bly in Kaapstad, so my keuses is beperk tot die plaaslike handelaars.

Fire away.
Last edited by Jacko on Wed Sep 26, 2012 3:51 pm, edited 1 time in total.
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by Geno »

Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by BRNO (Pierre) »

Ek het altyd n liefde vir Fedral gehad toe ek nog ammo gekoop het. Die patrone het net altyd in my Brno gewerk. Vroeer die jaar het ek begin herlaai, en dadelik met die Federals begin. Wat n plesier. Eerste 25 doppe skiet ek nagenoeg 250 skote. Ek het toe sommer hier op die forum by nog manne gebedel, en sal seker vir die volgende 20 jaar met dit skiet.

Ander oorweging is Winchesters. Ek reken hulle het ook goeie doppe, wat ook vir jou goeie werksverrigting sal gee. Ek is nou saam met n vriend besig om sy Howa te "fine tune".

Hoekom wil jy die roete gaan? Hoekom nie van die begin af doppe ens koop, en begin herlaai nie?
Veiligheid eerste manne!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by BRNO (Pierre) »

Geno is reg. Norma is ook baie goeie komponente.
Veiligheid eerste manne!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by Carl »

Ek het met Remingtons geskiet sommer die gewone Core Lokt en die dop kwaliteit was goed, skiet lekker. Maar hoekom dan nou nie van die begin af herlaai met nuwe doppe nie? Slefs al moet jy iemand kry om by te herlaai.

Nosler, Lapua en Norma; en jy gaan nie matklik fabrieks ammu kry nie. Ek vind ook dat Winchester se doppe uit die fabrieks bokse baie beter lyk as in die sakkies.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by BLOK »

Net nie PMP nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Umshwati Boy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 342
Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by Umshwati Boy »

"A peculiar virtue in wildlife ethics is that the hunter ordinarily has no gallery to applaud or disapprove of his conduct. Whatever his acts, they are dictated by his own conscience, rather than by a mob of onlookers. It is difficult to exaggerate the importance of this fact."
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by LUAN »

Gekoopte ammunisie is so duur deesdae gaan maar all the way en begin herlaai. Dan kan jy sien watse ladings werk in jou geweer en sommer die loop inbreek ding doen. Ek het net 11 rondtes geskiet die anderdag met die inbreek storie en toe sommer n goeie lading ook gekry met cloverleaf groepe op 100 8)
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by Jacko »

Dankie, dis goeie advies.

As ek van die begin af herlaai, gaan ek dalk nie betyds 'n rondte kan ontwikkel vir die jagseisoen nie.

Maar as ek bv Winchesters of Normas gebruik van die begin af, dan is dit Bob's your uncle, want dan maak ek doppe al vandat ek begin loop inskiet.

Ek herlaai vir my 270 met PMP. Het die laaste ruk eers ernstig geword. RCBS elektroniese skaal gekry. Freebore gemeet en ge-neck size. Sal Saterdag kyk wat gebeur. Die roer (dis 'n BSA) het moer baie freebore, so ek laai amper 3mm langer as die standaardlengte. Ek is hoopvol vir Saterdag! Maar nou jinx julle manne my met die PMP-bangmaakpraatjies.  ??? ;D

Nee ek grap, ek weet PMP is maar kakka t.o.v. gehaltebeheer. Ek het die doppe geweeg en... julle wil nie die verskil weet nie.

In elk geval, dis 'n lekker verskoning om weer by S&O te gaan kuier en "bietjie advies te vra". Dan stap ek weer met 'n ou inkopiesakkie daar uit.  ;D
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by Geno »

Jacko wrote: As ek van die begin af herlaai, gaan ek dalk nie betyds 'n rondte kan ontwikkel vir die jagseisoen nie.
Met die nodeprogram en Quickload kan jy binne 12 skote ladingontwikkeling doen.....
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by grumpy »

Geno, hoe is Sako doppe. Ek het 60 van hulle maar nog nie gebruik nie. Ek gebruik nog die heel tyd PMP doppe.

Dankie
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by BRNO (Pierre) »

grumpy wrote: Geno, hoe is Sako doppe. Ek het 60 van hulle maar nog nie gebruik nie. Ek gebruik nog die heel tyd PMP doppe.

Dankie
Grumpy as ek mag, en Geno vul aan asb. Ek weet Sako doppe se gewig, en H2o kapasiteid is baie meer konstand as die van die PMP doppe. Dus behoort dit makliker te wees om met dit n konstante patroon te kry. Jy gaan verseker ook nie die risiko neem van doppe wat meer gereeld vassit in jou kamer, of in jou dies nie.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by Jacko »

Geno wrote:
Jacko wrote: As ek van die begin af herlaai, gaan ek dalk nie betyds 'n rondte kan ontwikkel vir die jagseisoen nie.
Met die nodeprogram en Quickload kan jy binne 12 skote ladingontwikkeling doen.....
Dis ook waar. Maar ek is maar 'n skaam ou wat huiwerig is om sommer net so te vra vir 'n Quickload-resep.  ;D

Sal dit oukei wees as ek sommer net so hier vra daarvoor?
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by Carl »

Jacko, gaan kyk onder QL is 'n plakker met wat als nodig is vir QL manne om vir jou lading te gee.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by Jacko »

Carl wrote: Jacko, gaan kyk onder QL is 'n plakker met wat als nodig is vir QL manne om vir jou lading te gee.
Dankie.  ;D
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by tau »

Kom bly een naweek by my en kry jou QL info by die manne en die roer skiet reg vir jag.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by Jacko »

tau wrote: Kom bly een naweek by my en kry jou QL info by die manne en die roer skiet reg vir jag.
Weet jy dat ek nie eintlik meer drink nie?  ;D
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Beste 30-06 ammo vir doppe om te herlaai

Post by FCLoretz »

grumpy wrote: Geno, hoe is Sako doppe. Ek het 60 van hulle maar nog nie gebruik nie. Ek gebruik nog die heel tyd PMP doppe.

Dankie
Grumpy >:(

Jy sit met goeie doppe, as jy hulle soek nie. Ek het 'n goeie huis vir hulle.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Post Reply