rooikatte met honde???

Post Reply
User avatar
albeb
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Wed Aug 29, 2012 9:13 pm

rooikatte met honde???

Post by albeb »

Halo julle
Ek weet nou al hoe werk die bedryf, om rooikatte met honde te jag,tot hy gaan wegkom plek soek in I boom,en j hom daar skiet...ek wil net weet,hoe beplan jy jou soektog en jag,as jy in n gebied is soos bv di karoo,waar daar ni groot genoeg bome is nie???
Fanie

Re: rooikatte met honde???

Post by Fanie »

Aleb, die maat waar ons was in die Kalahari was het 'n rifrug wat hy gebruik om die rooikatte mee te trap.  Terwyl ons saam was het hy op een spesifieke plek prbeer om 'n rooikat daar op te jaag met die Landie, en die brak weet ook al hy moet iets soek.  Ongelukkig het die brak net een bakoortjie gekry en geen rooikat nie.

Die tegniek blyk te wees om die rooikat op te jaag en dan met die voertuig te jaag met die hond wat dan oorvat as hy die rooikat in sy sig kry - altans dis die indruk wat ek gekry het.

Ons het op een plek 'n muskeljaatkat se stert gekry met spore waar die rooikat hom teen die draad vasgekeer het.
User avatar
albeb
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Wed Aug 29, 2012 9:13 pm

Re: rooikatte met honde???

Post by albeb »

Hahaha klink vir my maar na 'n rowwe storie daai of hoe?? Die kalahari manne trap mos 'n bakkie vas oor die duine ;D;D sal maar so in die ry ook 'n paar laadpilletjies agterna gee

Groete
Albe
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: rooikatte met honde???

Post by Foxhound »

kerels kerels

Jy vat nie sommer net 2 of 3 honde en gaan jag katte of jakkalse nie

jou honde moet opgelei wees en hy moet die spoor kan hou, hy moet ook leer of die spoor begin koud word of nie, dalk hol hy op die spoor in die verkeerde rigting

hierdie honde vat tenminste 2-3 jaar om oordentlik op te lei, want,nou jag jy n kat en honde is op sy spoor, volgende oomblik gaan hul oor vars vark spoor,of bok spoor,dan los hulle die jakkals of kat spoor en op die ou einde van die jag is jy agter n bok of vark aan

wees seker dat dit n rooikat is wat j jag of n jakals,ja mens is nie altyd seker nie maar doen jou huiswerk deeglik

by ons in die vrystaat is ook nie veel bome nie,n kat hardloop ook nie so hard en ver soos n jakkals nie, so die jag is gewoonlik nie so lank soos n jakkals jag wat tot 15km kan wees nie,as honde kat se spoor opgetel het vang hulle hom gewoonlik binne 1km, onthou net dat n rooikat 5 skerpkante  het en nie net een soos n jakkals nie,as jou honde hom nie ken nie kry hulle lekker pak!

dis maar net my idees

lekker dag verder
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
Post Reply