NIERSTENE Help asseblief

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Fanie

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by Fanie »

Jy moet ons maar nooi... netnou kry ons ook nierstene.
Wil nie kanse vat nie !

;)
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by grumpy »

Bier, is dit nou een blik? bottel of een dosyn???!!!! ;D

Whisky is die ding!! ;D

>:(
Fanie

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by Fanie »

WHISKY !

Nee herder man, daar's 'n rede waarom die spul Iere na daai klein eilandjie wat Ierland genoem word toe gedporteer was.  Dis oor hulle whisky maak.

Normale mense drink brannewyn net om te wys ons hou so bietjie van die Brakpan outjies maar anders drink mens rum, soos in redheart want dis goed vir jou hart (kyk op die boddel).  Ten minste hou dit die vrouens weg van jou af ;D
Fanie

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by Fanie »

Kyk, die gekuiery werk mos maar altyd so.

As die pel daar aankom dan drink mens mos nou maar 'n gesellige biertjie net om weer eers op te vang en mekaar se gemoedstoestand te bepaal en in te stel.  Dan so na die tweede biertjie as jy gesellig begin raak dan word die yskas mos ver en dit onderbreek die gesprek as een heel tyd heen en weer moet loop, so dan word die koelerboks met ys nader gebring.

Dan later, net om vir die vrouens (as hulle saam is) te wys jy is nou ook darrem effe gekunsteld en nie net 'n bier suipende barbaar nie, dan word daar 'n bottel rooiwyn oopgemaak, en ongeag hoe patetiese oes dit was en al het daar 'n paar rotte in die spesifieke vat versuip, daar word iets positief oor die betrokke rooie gese (enige iets) wat dit regverdig.

Dan as die wyn verby is dan word die hardehout nader gesleep.  Mens vorder mos opwaarts en nie afwaarts nie so jy gaan nie terug na die bier toe nie.  As jy dit doen dan weet die gaste hulle moet huistoe gaan daar gaan nie meer gebraai word nie.

Soos hulle se dis hier waar die manne van die seuns geskei word, daar word nuwe filosowe gebore, nuwe lewensteoriee word geformuleer, politieke oplossings word gevind, bote word groter en vinniger, mitiese groot visse word bekend gemaak, skote word seld gemis en die wild word al hoe groter em meer.

Alles net om nierstene teen te werk.  Werk skynbaar vir meeste ouens...
Ek ken selfs 'n paar waar ek bang is om by te gaan kuier, hulle moet geweldige niersteen probleme he :o
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by spekieries »

Die Iere maak "moonshine" die skotte Whiskey( nektar van die gode).
Fanie

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by Fanie »

Hoe dit ook al sy Spiekeries, dink nou net vir jouself wat se tipe persoon drink whiskey.

Die skotte spaandeer maande en maande om die water uit te kry, as dit hier land dag hardloop iemand na 'n kraan toe daarmee en voeter die proses op !

;D
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by tripodmvr »

morne smith wrote: Goeiedag almal
Ek kry nou al nierstene vir die laaste 15 jaar en genoeg is genoeg. Ek is tans by die huis na nog 'n laser waar twee 7mm stene geskiet is in my regternier. Ek sit nou met 'n stent in my ureter vir twee weke. Die ouens wie weet sal aamstem dat die stent nog seerder is as die stene self. Die seding van jy is bang jy gaan dood en later is jy bang jy gaan nie meer dood nie is van toepassing op nierstene. Die dood sal jou pyn dadelik wegneem.

My loodgieter se dat ek koffie, coke, swart sjokolade en neute moet vermy in die toekoms. Ek het nou besluit om maar die waterkan ding te doen. My scan wys dat ek nog stene in my linkernier ook het. Ek wil nou graag uitvind of daar 'n boereraad is wat jou stene in jou niere kan oplos. Groot asb Help my!!!
Het onderstaande raat op 'n Aussie jagforum gekry. Klink na maklike oplossing as die' tee hier plaaslik verkrygbaar is.

My mates grandmother said that if you made and drank "Stinging Nettle tea" a cup a day for three weeks or more every so often it would cause the stones to either dissolve or pass through your system. Her words were "It will get rid of the gravel in your guts"
Well after another routine xray to see if i had another stone there, as usual there was another one starting to grow and still only small, but never the less in a year or so I would be in bad trouble again.  My wife found some stinging nettle tea in a health shop and I started drinking a cup a day and as instructed leaving the tea bag in to release all the good properties.  After three or four weeks I went back for another xray to see if it would work.  Bugger me the stone was gone completely. My doctor was surprised that it had actually worked.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by Dawid »

Driepoot,

Wat is daai stinging nettle......is dit brandneutel tee.....Praat onder korreksie maar my Ma het ook vroeejare iets van gese dit help vir blaasinfeksies ook....(ou boererate)  ;D ;D

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Fanie

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by Fanie »

Ek wil brandnetels hier in die tuin plant om die gedurige verkeer oor die muur so bietjie aan bande te le.  As mens boonop tee kan maak daarvan... !
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by Spanner »

Ek het ook gesukkel met ?muurklimmers? by my agterplaas.  Ek het ?n plank geneem en ?n hele klomp 4 duim spykers daardeur geslaan en dit baie strategies in die tuin geplaas waar die swernote gedurig oorklim, en waar hulle in die tuin in spring.  Die plank is effens met los grond ge-cammo.  Drie dae daarna sit daar bloedstrepe teen die binnekant van my muur en die plank is heel weg !  ;D
Die muurklimmery het sommer dadelik gestop.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by Eugene »

Spanner wrote: Ek het ook gesukkel met ?muurklimmers? by my agterplaas.  Ek het ?n plank geneem en ?n hele klomp 4 duim spykers daardeur geslaan en dit baie strategies in die tuin geplaas waar die swernote gedurig oorklim, en waar hulle in die tuin in spring.  Die plank is effens met los grond ge-cammo.  Drie dae daarna sit daar bloedstrepe teen die binnekant van my muur en die plank is heel weg !  ;D
Die muurklimmery het sommer dadelik gestop.
;D ;D ;D ;D ;D

Dit was seker 'n moerse skok vir daai manne!  :o :o :o
Aim small, miss small
wk
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Tue Nov 20, 2012 8:02 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by wk »

Menere, ek het self byna gevrek van daai klippe..... Vriend van my gee toe raad wat uit sy Italiaanse agtergrond kom. 'n Mens weet mos as daai steen jou bekruip. Hulle vat dan vier eetlepels suiwer, uitgedrukte suurlemoensap en vier eetlepels goeie olyfolie, meng dit,drink dit en dan 'n bierglas water agterna. Twee maal per dag vir 'n week. Ek het dit omtrent 5jaar terug begin drink nadat ek in die hospitaal gedraai het met nierstene. Tot vandag nog nooit weer probleme gehad en drink dit deesdae net as ek voel daar kom 'n foutjie. Probeer gerus die raad, en sê maar wat is die uiteinde.
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by morne smith »

Dankie vir almal se raad Lees gerus my artikel genaamd "Moenie se ek het julle nie gewaarsku nie" Nadat jy dit gelees het sal jy dadelik 'n glas water of 'n bier gaan drink ek belowe julle dit.

Groete
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by morne smith »

Hier is my finale artikel oor nierstene
nierstene (3).doc
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by vlakvark1 »

Hierdie raad by my ouma gekry en sy is al taamlik oud

Rou radyse, daagliks op jou nugtermaag kan nierstene stelselmatig oplos.
Gooi twee eetlepels olyfolie elke dag oor jou slaaie wat jy eet. Meng olyfolie en suurlemoensap dit werk uitstekend.

Selderysaad los ook nierstene op.

Drink minstens agt glase water per dag - dit spoel jou nieref.
Een suurlemoen uitgedruk in n glas warmwater sal jou niere spoel en nierstene stelselmatig oplos.
Vermy groot hoeveelhede vitamien c as jy vermoed dat jy nierstene het. Neem eerder meer magnesium en vitamien B6.

Kosse ryk aan magnesium
-donkergroen groentes
-neute
-sade
-peulvrugte(ertjies, grondbone, sommige bone)
-sojaprodukte
-heelgrane
-avokados
-gedroogde appelkose

Kosse ryk aan vitamien B6
-brouersgis
-eiergele
-vis
-heelgrane
-peulvrugte
-patats
-blomkool
-avokados

Kaneelstafies breek nierstene af en los dit op.

Trek pietersielie vir tien minute en drink dan die aftreksel drie keer per dag. Dit sal ook help vir nierinfeksie asook blaasinfeksie.

Hierdie raad by my ouma gekry. Gebruik oordeelkundig of moet gladnie gebruik nie ;)
vlakvark en bosvark Bvk
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by morne smith »

Dankie Vlakvark as die goed nie werk nie sal niks werk nie Ek is net bang ek word 'n groenie na aldie groentes en dinge. Jou Ouma gee goeie raad, want baie van die dr se raad en ou beproefde boererate herhaal in jou Ouma se advies

Baie dankie
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by Reloader270 »

Ek het 'n ou tannie geken wat geglo het Borstol se olie maak dit sag en dan piepie jy dit uit. Jy moet dit elke oggend op nugtermaag vat.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by Ds J »

My vrou het by Pta Urologie gewerk. Bier help regtig in die meeste gevalle.

Maar ondersoek die stene in n laboratorium. Meeste stene ontstaan weens 'n langdurige foutiewe ph-vlak. Liggaam moet alkalies wees en nie suur nie. Sommige stene is blykbaar nie as gevolg van suurvlakke nie. Dan help bier blykbaar ook nie.

Dischem het alkaliese poeier van Dr Vogel. Baie handig op die lang duur. Bly weg van suiker, wit meel, gaskoeldrank en te veel rooivleis.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by tripodmvr »

Ds, hoe kan jy nou kom praat van rooi vleis as die probleem ++>:
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by Ds J »

tripodmvr wrote:Ds, hoe kan jy nou kom praat van rooi vleis as die probleem ++>:
Ons weet almal dat rooivleis nie n probleem is nie. Dit is alles wat saam met die rooivleis gaan wat probleme veroorsaak, soos bv brandewyn en coke, roomys vir nagereg, koffie voor ons ry ens. As n mens dus die rooivleis uitskakel sal al die ander sake ook wegval. ;D ;D
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by tripodmvr »

Kry ons toe 'n preek oor al die sondes van die dag. :laugh:
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by andre007 »

Ek hou maar dan by my Puricos, kolgesienes en koeksodawater. My vrou sê die ander afleidings is VERKEERD
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Bushwack
Full Member
Full Member
Posts: 151
Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm

Re: NIERSTENE Help asseblief

Post by Bushwack »

morne smith wrote:Goeiedag almal
Ek kry nou al nierstene vir die laaste 15 jaar en genoeg is genoeg. Ek is tans by die huis na nog 'n laser waar twee 7mm stene geskiet is in my regternier. Ek sit nou met 'n stent in my ureter vir twee weke. Die ouens wie weet sal aamstem dat die stent nog seerder is as die stene self. Die seding van jy is bang jy gaan dood en later is jy bang jy gaan nie meer dood nie is van toepassing op nierstene. Die dood sal jou pyn dadelik wegneem.

My loodgieter se dat ek koffie, coke, swart sjokolade en neute moet vermy in die toekoms. Ek het nou besluit om maar die waterkan ding te doen. My scan wys dat ek nog stene in my linkernier ook het. Ek wil nou graag uitvind of daar 'n boereraad is wat jou stene in jou niere kan oplos. Groot asb Help my!!!

water, en so nou en dan bier help vir my...2 weke vir daai stent is te lank - gaan vasgroei, dan moet jy weer operasie tafel toe...
Patrick Reynecke

Dream...Discover...Experience...
Post Reply