Waar is die neste

Post Reply
User avatar
Kleinpiet
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm

Waar is die neste

Post by Kleinpiet »

Ek wil weet of die manne in die Karoo veral Vosburg, Prieska, Britstown omgewing al neste gekry het?  Ek kry net spore en gate wat hulle skoongemaak het maar nie neste met kleintjies.  Die tewe moes mos darem al lankal kleintjies gekry het. 
Ek het nou al oor die jare hul ares leer ken waar hulle kleintjies kry en het nog elke jaar teen hierdie tyd 'n nes of twee gekry.
Wonder maar net??????
Groete
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Waar is die neste

Post by Chris101 »

Kleinpiet

Ek het al so paartjies uitgehaal en van n klompie gehoor.
Kleintjies het gewissel van 3dae so week terug tot so 3 maande laas Saterdag.
Ook al verder sover as 2.1 km van die naaste water.
Vanwaar is jy .

101
Knou die gediertes AF.
User avatar
Kleinpiet
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm

Re: Waar is die neste

Post by Kleinpiet »

Sommer hier langs jou.
Jy moet hulle weghou van my merino hammels!!!!!

Ons het weer vandag gate gekry waar hulle dit skoongemaak het.  Baie aktiwiteit maar defnitief nie kleintjies nie.  Is ook ver van die waters af(ten minste 2km).  Op Vosburg het iemand voor verlede week 'n teef geskiet wat nog kleintjies in haar het.
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Waar is die neste

Post by johann »

By ons op die plaas self tussen strydenburg en sodium nog nie teken van neste gekry nie. Jagter ook nog nie skoon gemaakde neste gevind nie. Jakkies se aflaai tye verskil kwai die jaar.

Groete Johann
25-06 Remington
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Waar is die neste

Post by Chris101 »

More Piet

NEEEEEEEE nie naby ons nie bietjie meer Prieska se kant toe.
EN dan hiervanaf Marydale toe.
Rondom Upington SO 3 weke terug 4 gekry.
Kry nie eers spore op die staduim nie baie onrustig daaroor.

Mooigaan
101
Knou die gediertes AF.
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Waar is die neste

Post by bex »

Ek het vanoggend met die fiets deur die veld gery opsoek na n rondloper honde wat n sprinbok gevang het toe ek toevallig op n gat afkom met n klompie jakkals spore om die bek. Ek het nie daar rondgeloop nie , net stadig verbygery en ingeloer maar niks gesien nie, daar is 2 groot gate naby mekaar en als is vars daar rondom.  Van die spore het vir my klein gelyk so ek vermoed daar is kleintjies by.
Is daar n plan om hulle daar in die gat uit te roei?
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Waar is die neste

Post by Skolla »

Die manne sal jou seker nou net antwoord, maar lyk my jy het die Jackpot geslaan.
Neem aan jou toerusting staan al reg vir vanaand?

Skolla
User avatar
paul
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 50
Joined: Thu Oct 01, 2009 8:57 pm

Re: Waar is die neste

Post by paul »

N vriend van my het n nes gekry met sewe kleintjies in toe grawe hy hulle uit voordat ek die ouers kon roep.
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Waar is die neste

Post by bex »

Ek het ongelukkig nie die regte toerusting nie en sal n digger loader maklikker in die hande kry as n roeper. Hoe diep sal mens grawe om by hulle te kom?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Waar is die neste

Post by Geno »

bex wrote: Ek het ongelukkig nie die regte toerusting nie en sal n digger loader maklikker in die hande kry as n roeper. Hoe diep sal mens grawe om by hulle te kom?
Om daai gate uit te grou is die grootste fout wat 'n man KAN maak!
Vat eerder daardie duifroer (.22Hornet), en gaan sit so ent windaf van die gate. Die ouers behoort op te daag. Wees geduldig, en skiet raak.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Waar is die neste

Post by tafjak »

Geens

Geno wrote:
bex wrote: Ek het ongelukkig nie die regte toerusting nie en sal n digger loader maklikker in die hande kry as n roeper. Hoe diep sal mens grawe om by hulle te kom?
Om daai gate uit te grou is die grootste fout wat 'n man KAN maak!
Vat eerder daardie duifroer (.22Hornet), en gaan sit so ent windaf van die gate. Die ouers behoort op te daag. Wees geduldig, en skiet raak.
Die beste raad waarvan ek weet!

Bex, ek weet nie wat die skade is wat hulle gee nie, maar jy sal verseker dit vir die volgende 7-10 jaar elke jaar verloor sonder dat jy enige iets daaraan kan doen as alles moontlik nie gedoen word om die ouers te skiet/verongeluk nie.

Kom ons hou hierdie topic dop en kyk hoeveel keer jy in die toekoms hier gaan raad soek as die gate verrinneweer word sonder om die ouers dood te maak. Hoekom wil jy die gate oopgrou? Kyk hoeveel kleintjies binne is? Kry jy geld vir die getal kleintjies binne?

Voorspoed!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Waar is die neste

Post by bex »

Ek wil nie grawe nie, vra maar. Ek het 2 middae so 100m van die vorige gate wat ek gekry het gaan sit van so 3 die middag tot ek nie meer kon sien nie maar niks gekry. Wat is die beste tyd van die dag om te sit? Dalk van voor son opkoms tot laat oggend?


Ek sal nog vir my roep goed aanskaf, maar het nou te veel geld op gewere en teleskope spandeer in die laaste ruk om nou iets te kan koop.

Jors
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Waar is die neste

Post by tafjak »

jors
bex wrote: Ek wil nie grawe nie, vra maar. Ek het 2 middae so 100m van die vorige gate wat ek gekry het gaan sit van so 3 die middag tot ek nie meer kon sien nie maar niks gekry.


Kan jy die gate beskryf? Oop of in bosse? Karkasreste? Mis? Hoe groot is die jakkalsspore, 5-Rand grootte?

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Waar is die neste

Post by bex »

Die nuwe gate lyk baie soos die ou gate , 2 so 5 tree uitmekaar , die gate is redelik groot , my Staffie sal daar kan ingaan sover ek in kan sien. Dis in n redelikke plat deel maar daar is 2 kleinnerige bossies naby een opening. Hier  rond is veld maar erg skraal , ek is in die droogste deel van ons land so daar is nie veel anders as net daai bossies nie..

Die sand is baie droog en los so die spore is nie duidelik nie, meer net duike in sand. Waar ek wel n paar tone kon uitmaak het dit vir my gelyk na so bietjie groter as n R5 stuk.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Waar is die neste

Post by tafjak »

bex

Jong, lyk my jy was nie by jakkalsgate nie. Daar sou sekerlik teen hierdie tyd al vlerke, beentjies, velle ens. rond gele^ het, ook misplekke as die spore al buite is en verseker die grotes se spore.

Jakkalse wat in vlaktes/kaal areas gate het, sal maar aan die "nie-so-slimmes" behoort(nie noodwendig nie, maar die meerderheid) en tog teen sonder opdaag by die gate. Ook nog teen sonop daar wees of baie naby.

Hou tog die plek dop en laat weer hoor van jou. 2weke se opoffering maak goeie somme in my boek as 10jaar se verdriet.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Waar is die neste

Post by bex »

Dit kan ook wees. Daar is n paar klipkoppies ook in die veld met heelwat gate vir hulle om in nes te skrop.
Ek sal maar dophou.
User avatar
Kleinpiet
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm

Re: Waar is die neste

Post by Kleinpiet »

Ek is nou bietjie laat maar dit klink vir my na 'n ystervarknes daardie.  Kry baie van hulle hierrond.  As jy mooi kyk sal jy iewers die penne se sleepmerke sien en die voor en agtervoete se spoorgrote verskil en wil amper lyk of hy 'n handvormige vorm wil aanneem (weet nie hoe om anders te beskryf)
Groete
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Waar is die neste

Post by bex »

Daar is heelwat ystervarke in die area, ek het gekyk vir pen sleepmerke en kon niks sien nie maar dit kan dalk tog wees.

Jors
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Waar is die neste

Post by Chris101 »

Kleinpiet
Sommer daar teen jou mofhammels
Wil egter voorkom of nes gesplit was daar was net 2 kleintjies so 6 weke oud.
Gewag tot ligword teeeeeeeeeeeef wou my nie skietkans gee .
sy bly so 300 m en wil nie staan ,die wind was ook maar maandag hel sterk gewees.
Sal hulle oor so maand ga soek met nagsig.
So 600m van laasjaar se plek.
800m vanaf water.

101
Knou die gediertes AF.
User avatar
Kleinpiet
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm

Re: Waar is die neste

Post by Kleinpiet »

Was so paar dae afwesig op forum.
Dankie Chris.  Dit is seker dieselfde teelpaar as verlede jaar?
Laat my weet vir as jy drywer soek?
Wil sien hoe werk nagsig.
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Waar is die neste

Post by Chris101 »

KLeinpiet

SAl jou laat weet.
Die week wat verby is so 4 tewe in 3susters area geskiet wat soog kon egter net 1 nes opspoor  wind was maar erg.
1 Is al besig om op te droog  nes wat ek kon kry nog klein so 1 maand skat ek.
Kon hulle 1.3 km ver hoor omdat hulle so hoog bo my was.Die grond was ook baie nat wat n invloed kon he.

101
Knou die gediertes AF.
Post Reply