Dit werk nie hoor Stefan, sodra die grond vlak hoog genoeg is spring hulle uit die gat. Dis blykbaar vir die waarheid gedoen iewers deur iemand wie se esel in 'n gat geval het. Die ou het besluit dis minder moeite om die esel toe te gooi as om hom uit te probeer uithaal. Hulle het begin om hom te begrawe en groot was hulle verbasing toe die esel naderhand uitspring en baie gelukkig die veld in draf.Stefan764 wrote: Grou n gat 3m x 3m en 3m diep met n back-actor. Gooi pampoene en waatlemoene in gat. Wag tot die laaste bob inspring om te eet en stoot dan die hopie grond weer trug daar waar jy dit uitgegrou het...
Hoor hier ne' AS die poelieste nou eeeeendag in die verre toekoms die kuns bemeester het om my liksens by die poelies stasie uit te kry (hy is kwasuis nou al in sy 2de herdruk) gaan ek 'n nuwe vriend soek.
Een met moewiese bobbejaan probleme.
Die klomp treurige pelle wat ek het het nie een bobbejane nie.
Dis sommer nonsens hierdie dat almal gedurig kla oor die boosdoeners en as mens jou medemens tot hulp wil snel dan verdwyn die' wat in die pearrie sit skielik. Ons is mos daar om mekaar te help en te ondersteun, of hoe. Kom maak jou las ligter ons sal jou graag wil bystaan