Bok koors

Post Reply
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Bok koors

Post by FCLoretz »

Middag manne en dames,

Ek wonder nog altyd wat veroorsaak bok koors?

Bok koors is vir my soos 'n sport besering is vir atlete.

Ek het al met die boog gejag en geweer gejag sonder bok koors, maar het vir die eerste keer het ek die jaar bok koors ervaar. Ek het aan gele op 'n koedoe koei en het bok koors op die ergste graad ervaar, soveel so dat ek nie 'n skoot kon neem nie. Snaaks genoeg is dat ek die 2 koedoe bulle wat die koeie gevolg het die nagevolge van die bok koors moes dra. Toe die bulle verby kom was ek so stil en rustig soos wat ek is op die teiken by 'n skietbaan.

My tyd geneem die sneller gesqueeze en my koedoe bul sowat 60m vanaf waar ek hom geskiet het gekry.

daai is maar my bok koors storie.

Wie het nog bok koors stories, en wie weet wat veroorsaak dit?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bok koors

Post by Gerhard »

Jy vergeet om asem te haal van opgewonde...

Dan begin alles rattel...

Daai opgewonde ding.

Paar manne sal vertel hulle het so gevoel toe hulle in die kerk met trou dag gestaan het en sy bruid het inni paadjie afgestap...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Bok koors

Post by FCLoretz »

Gerhard wrote: Jy vergeet om asem te haal van opgewonde...

Paar manne sal vertel hulle het so gevoel toe hulle in die kerk met trou dag gestaan het en sy bruid het inni paadjie afgestap...  ;D
Ons sal oor 40 dae sien of ek nogsteeds die bok trou koors het.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Bok koors

Post by grumpy »

Vir koors is daar net 2 dinge, 2 disprins of 1 stywe dop!! ;D
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Bok koors

Post by grumpy »

Dis trou koors!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Hy kry koue voete, almal las asb dat ons vir hom stokies koop om die voete warm te hou ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D  LMGA!! ;D >:(

>:(
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Bok koors

Post by molopohunter »

Dit gebeur maar. Ek het gedink dit sal nooit met my in my lewe gebeur nie, toe van alles n swartwildebees op 25m.
Ons het mekaar in lang gras en bos raak geloop, terwyl ek na die trop oppad was...toe staan ek in die trop.
Ek dink die naby afstand het maar die ding laat loop, want ek kon niks eers optel nie...

Dis n lekker gevoel as alles weer normaal is en daai adrenalien hang nog so bietjie...

Groete manne,
Peet
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Bok koors

Post by Francois Briedenhann »

Manne.

Ek en Herman "forum lid" het eendag n jakkels raak gery tussen die beeste maar Herman het agter op gestaan en geweer gelaai en vir my gegee eerste skoot......tiek!!!!!!Niks in die kamer!!!toe begin die bewerasie want dis nou vinnig skiet want dit by ons!2de skoot klap maar somer bo oor!!!Jakkie Draai hom kom hardloop na die bakie toe tot so 10m toe moes ek maar sy handbriek optrek. Daai koors is n lelike storie!

Groete FB
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Bok koors

Post by Eugene »

Ouens, julle ken nie bokkoors nie....

Ek moet die klank op my video kamera afsit as ek af neem uit die hide uit, anders klink dit of die wind waai binne in daai hide soos my asem fluit!

'n Pel van my s? nou die dag dit klink of ek voorgeboorte asemhaling oefeninge doen!

My hart klop so, dat ek nie die teleskoop op die bok kan stilhou nie, wat nog te s? van die kop!

Gewoonlik help 'n siggaret, maar ek sukkel om die ding aan die brand te kry... Nou het ek opgehou rook en dra maar 'n klippie of suigsweet saam met my, wat ek onder my tong sit.... :P

En dis nie net bokke nie, ek het op die plaas (waar daar net duikers is en hulle is kroonwild!) vir my "tarentaal hide" gebou om bietjie uit te oefen in die somer maande en skerp en fiks te bly. Die eerste keer wat daar tarentale inkom, bewe ek so dat ek kliphard begin lag het vir myself! En dit vir tarentale.... :o :o :o
Aim small, miss small
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Bok koors

Post by Dimitri »

Ek het tot dusver in my lewe net een keer bok koors gekry. Ek was so 8 jaar oud en my wereld het om voeljag gedraai - vinke, mossies en duiwe meestal. Ma pa het Maandag to Saterdag gewerk en Sondag was dus die enigste dag vir voeljag. Ek was nog te jonk om altyd saam te gaan want die volgende dag was skool en my pa het baie keer eers na 9nm by die huis gekom. My pa moes my maar saamgevat het want ek kon in elkgeval nie slaap tot hy by die huis was nie. Dan wou ek sien wat hy geskiet het. Dit was vir my wonderlik om die mooi kleure en patterns? (help) van die pragtige voels te bewonder. Veral die verskillende soorte patryse met hulle "cryptic colours", die bosveldfisant met sy helder rooi nek and die geelbekeend se blou-groen-pers "metallic" vere op die vlerk. Wanneer my pa my wel saam gevat het het hy my eers die dag voor die jag gese anders kon ek vir n' hele week nie slaap van opgewondenheid. Ek moes altyd maar die meeste van die dag op my eie in die bloekom bome naaby die motor jag (winbuks) en ek het dit net so baie geniet. Ek was nog te jonk om met my pa die hele dag agter die pointer te stap.

Ek was besig om duiwe te bekruip toe ek iets in die gras skaars 10m van my sien beweeg. Toe ek vir die eerste keer in my lewe die rooi nek van n' lewendige fisant so naby aan my sien was ek klaar. Ek kon nie verstaan wat fout met my was nie want ek kon net nie die winbuks stilhou nie. Ek het in desperaatheid n' skoot gevat maar ek het ook nie gemik nie. Toe, het ek nie die krag gehaad om die underlever te cock nie. Ek het n' pellet probeer laai maar dit het uit my hande geval en verloore geraak in die gras. In tussen het ek my een oog op die fisant gehou ek agter hom gestap terwyl ek alles probeer het om die windbuks te span. Ek het hard probeer om myself reg te ruk, want die fisant was besig om weg te kom, maar dit het die hele situasie net erger gemaak. Die fiant het toe weg gekom en ek het lekker deurmekaar aleen onder die boome gesit en probeer uitwerk wat nou net gebeur het. Wat n' onvergeetlike ondervinding.

Van daardie dag af - tot nou toe - niks weer nie!

Sal graag weer so aanval wil kry.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Bok koors

Post by Jakkalsgat »

Ludwig wrote: Purbloka
Ludwig

Hierdie pienk pilletjies werk regtig en gee dit vir my "first time hunters" en gebruik dit self met nagskiet ook.

WAARSKUWING: HIERDIE PILLE MOET NIE GEBRUIK WORD DEUR MENSE MET ASHMA NIE

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Bok koors

Post by LoveHenties »

Tot dusver heel rustig. Sukkel net om nie sommer die eerste dier te skiet nie. Ek raak bietjie oorhaastig en vat sommer eerste maklikste skoot.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Bok koors

Post by RUPERT »

Jakkalsgat wrote:
Ludwig wrote: Purbloka
Ludwig

Hierdie pienk pilletjies werk regtig en gee dit vir my "first time hunters" en gebruik dit self met nagskiet ook.

WAARSKUWING: HIERDIE PILLE MOET NIE GEBRUIK WORD DEUR MENSE MET ASHMA NIE

Hoekom ?

Groete
Jaco
CZ 550 LUX 30.06
Howa 1500 6.5 x55
Gamo CFX .177
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bok koors

Post by Geno »

http://home.intekom.com/pharm/lennon/purblok2.html
CONTRA-INDICATIONS:
Hypersensitivity to any of the ingredients.
Avoid in patients with reactive airways disease such as bronchial asthma, bronchitis, bronchospasm or obstructive airways disease, congestive heart failure, sinoatrial or atrioventricular nodal abnormalities, metabolic acidosis, atrioventricular block, sinus bradycardia, heart failure refractory to digitalis, partial heart block, peripheral vascular disease, Raynaud's phenomena, ureamia, lactation and hypoglycaemia.
Pur-bloka should not be used in patients with cardiogenic shock.
Patients with phaeochromocytoma should not receive propranolol without concomitant alpha-adrenoceptor blocking therapy.
Safely in pregnancy has not been established and as propranolol is distributed in breast milk it is best avoided while the patient is breastfeeding.
In the pre-operative period, it is generally unwise to reduce the dosage to that which the patient is
accustomed, as there may be danger of aggravation of angina pectoris or of hypertension. A patient?s normal tachycardiac response to hypovolaemia or blood loss may be obscured during or after surgery. Particular caution should be taken in this regard. Pur-bloka should not be used after prolonged fasting.

Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Bok koors

Post by Jakkalsgat »

Rupert

Daar het Geno vir jou presies vertel hoekom nie, dit kan jou kortasem maak en 'n ashma aanval "trigger"

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Bok koors

Post by JAGTERSREG-JRM »

Manne daai koors bly maar n lekker ding voel jy lewe nog.........om een of ander rede is daar twee goete wat my so koors gee 1.n Rooibok ram en 2. My vrou



Groete
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Bok koors

Post by Dimitri »

JAGT :oERS REG MOTIVERING wrote: Manne daai koors bly maar n lekker ding voel jy lewe nog.........om een of ander rede is daar twee goete wat my so koors gee 1.n Rooibok ram en 2. My vrou



Groete
:o Moet net nie saam met jou vrou n' rooibok ram gaan jag nie. n' Dubbel dose (dosage) van bok koors kan dalk gevaarlik wees.  ;D ;D
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Bok koors

Post by JAGTERSREG-JRM »

Ons jag saam..... :)
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Bok koors

Post by visstok »

Daars niks soos as ou vlekkie met spoed so oor die gras ingehop kom wat my kan laat bewe nie! Ek kry nog elke keur bok koors as ou jakkals oe wys, kry hulle darem raak gebewe! Het darem nog nie op n bok, bok koors gekry nie.

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Gerard

Re: Bok koors

Post by Gerard »

Ek neem by geleentheid 'n ou skietbaan toe na hy sy lisensie gekry het en ons sy scope opgesit het, sodat hy die regte goed kan begin leer.  Ek het die scope ge-bore sight en twee skote gevat op die boks waarop die teiken geplak is.

Toe gee ek die geweer oor aan hom sodat hy kan begin en dat ons die finale instelling kan doen.  Ek het hom gewys hoe om vas te hou op die bank, hoe die prentjie deur die scope lyk en hoe die kruishaar op die skyf pas, hy het so 'n paar skote droog gevuur en so aan.

Toe laai ons die geweer en ek hou die skyf dop deur die spotting scope.  Ek hoor die man begin swaar asem haal en die skoot loop nie.  Ek kyk toe wat aan die gang is en dit was die eerste keer dat ek sien 'n man kry boks koors.
Post Reply