CZ 550 .300 Winmag
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
CZ 550 .300 Winmag
Ek soek so bietjie hulp om die geweer beter te laat groepeer. Geweer is nog standaard en het 'n Swarov 6x42 scope op.
Groeperings is nou so 2duim op 'n 100m, met 180gr punte.
1. Moet ek bedding laat doen, en watse bedding.
2. Barrel is nie freefloated.
3. Ek wil die 6x42 Swarovski(nog baie goeie toestand) vervang met Lynx 2.5-10x56IR, is dit ok??
Enige raad/hulp sal waardeur word.
Dankie
Raves

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: CZ 550 .300 Winmag
Norton
Ouderdom van die geweer of eerder aantal skote?
Daar is in ander posts kommentare oor bedding.
Eerste sou ek die aksie en loop uit die hout haal en kyk of daar blink plekke is, dis waar die loop aan die hout raak, 'n dowel met 40grint skuurpapier om kan jou redelik help om die hoe plekke en sommer die loopkanaal skoon te maak. 1mm speling is ok, hoe meer hoe beter, 3mm werk wondere.
As die aksie pillars het, is dit nie altyd nodig om glass bedding te doen nie. Daar moet net nie druk punte onder die aksie wees nie.
Trek die skroewe vas. laat skiet een en voel terselfdertyd of die loop beweeg. trek vas en herhaal met die ander skroef. dit gee 'n aanduiding of die aksie 'n plek het waar hy ry. Indien dit wel gebeur sou ek hom bed nadat die boggel uitgehaal is.
Lees die ook saam met posts onder bedding
Sterkte

Beyers,
Die geweer is so 3 jaar oud, met +- 200 tot 250 skote deur hom.
Dankie vir die hulp sover.
Die geweer is so 3 jaar oud, met +- 200 tot 250 skote deur hom.
Dankie vir die hulp sover.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: CZ 550 .300 Winmag
Norton
Ek is nuuskierig oor die bullet jump, het jy 'n metode om dit bepaal.
Wat is die voorgestelde TPL en wat is die lengte van die patroon as dit die lands raak? Hoeveel van die ko?l is nog in die nek van die dop?
Ek het nog 'n pel wat stoei met 'n 300WM

- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: CZ 550 .300 Winmag
Raven,
wat se 180gr punte gebruik jy tans en het jy al ligter probeer?
Een van die ouens wat saam met ons skiet het met my ammo in sy Brno mooi geskiet. Dit was 155gr Palma PMP punte en 68,4gr S365 en CCI250 primers.
Stem saam met Beyers oor die bedding en loop.
Jy sal gou op die hout kan sien as daai loop raak.
Beyers, hoekom sukkel jou pel?

Hendrik
Re: CZ 550 .300 Winmag
Hallo Raven
Die beste wat jy met daai 300 kan doen is om hom na 'n goeie wapensmid te vat en dat hy die volgende doen:
Maak die loop heeltemal vry - van waar dit in die aksie inskroef
Laat hy vir jou die aksie "pillar bed" en "glass bed"
Laat hy - terwyl hy besig is, sommer die kroon sny.
Wanneer by die ammunisie kom is die probleem van die 300 wm dat dit op sy belt "headspace" en nie op die skouer nie. Kry vir jou 'n neck sizing die en size die dop slegs op die nek nadat jy dit in die geweer geskiet het. Jy verander dan die kopspasie kunsmatig na die skouer. Dit maak dat die dop stewig in die kamer vas le as jy die slot toemaak. Die neck die los ook 'n vals skouer wat nog verder help om die gelaaide patroon mooi op te lyn in die kamer.
Die 300wm is gemaak om hoofsaaklik 'n 180gr koeel te skiet. Jy behoort die beste resultate daarmee te kry. Plaas die punt so dat jy 'n mm van die landings en groewe af is, en doen ordentlike lading ontwikkeling. As jy jou geweer se "sweet spot" gekry het is "jump" irrelevant
Ek kan vir jou 'n stuk skrywe mail wat ek oor lading ontwikkeling geskryf het. Laat weet maar.
Beste

Janjak
Ek vermoed sy loop is klaar. as die ko?l teen die lands geseat is dan is die agterkant van die ko?l net net in die dop.

Danie Lombard .243
Re: CZ 550 .300 Winmag
Dag se daar Beyers en ander manne wat gesels oor die win mag.
Die 300 win mag het 'n lang free bore area. Die 300 hou ook daarvan, in meeste gevalle dat die koeel punt ver spring tot in die groewe. Dit is dalk hoekom jul ondervind dat as jul die punt wil laat raak aan die groewe, slegs 'n klien deel van die punt seat in die dop.
Omtrent al die 300 win mag waarvoor ek al ladings uit gewerk het sodat hul kan groepeer, laat ek die punt ver spring en dus lyk dit of die tpl kort is, aloewel dit tog reg is. Onthou dat die 300 win mag 'n kort magnum patroon is. Ja beslis nie so kort soos/ as die nuwer 300 wsm en die ander kort-kort magnums. Die 300 win mag is juis so ontwerp om in standaard lengte aksie te kan inpas.
Speel maar rond met die seating diepte. Die hoeveelheid grein kruit is 'n 300 win mag, net soos by die 243, is nie die kardinale faktor wat groepeering bepaal nie, maar wel bullet seating depth. Kruit in die geval gee net die speod en druk.
Help ook nie jy vra vir my of ander manne wat met 300 win mag jag om hul seating depth vir jou te gee, en dit dan te gebruik op jou geweer nie. Elke loop is uniek i.t.v. vibrasie en frekwensie.
Hendrik het 'n hele paar raak punte genoem. Kyk gerus na die dinge wat hy genoem het. 'n Baie belangrike punt wat hy genoem het is die toestand van die kroon. Dit is BAIE BAIE belangrik.
Groetnis en lekker laai
Danie

tafjak
Re: CZ 550 .300 Winmag
Hennerik
Die blyste dag sover vir my. Goed om jou hier ook te sien, praat reeds so min die laaste tyd. Ons het jou raad tov. herlaai baie nodig hier.
Mooiloop

JD
Re: CZ 550 .300 Winmag
Beyers,
die verskillende menings oor jou pel se 300wm is insiggewend. Ek is die pel waarna jy verwys en wil net so bietjie toelig oor my 300wm. Hierdie geweer is 'n Sako wat ek in 1980 nuut gekoop het en het dot datum ongeveer 8 na 10 duisend skote gevuur. Ek het 2 jaar gelede 'n oorlaaide ronte gevuur met die gevolg dat ek nie die aksie kon oopmaak nie. 'n Geweersmid het die wapen herstel (kopspasie en kroon) maar die groepering het nie verander van dit wat ek voor die insident kon kry nie. Die wapen is gepak en die loopspeling na die kolf is +-1.5mm. Ek gebruik 180gr punte wat ek met 66gr 365 aandryf. Die "bullet jump" het ek gemeet en is 9.21mm. Ek glo dit is tyd dat die loop maar moet aftree.
Groetnis,
Johan

Welkom Johan, die manne op die forum het baie raad en ook baie te s? 
Beyers
Beyers
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: CZ 550 .300 Winmag
Die .300 is vandag na die gunsmith toe, ek sal dit middel volgende week terug kry.
Dankie vir al die raad.
Ek het 'n boek oor herlaai, en hoe om die "sweetspot" te kry ... Ek dink dit was ook deur 'n Hendrik geskryf.
Groete Norton