Pa en seun naweek

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Pa en seun naweek

Post by Nickvn »

My seun het die naweek 21 geword en ek het dit goed gedink om saam met hom n naweek te spandeer in die jagveld. Ons het daar in die Burgersford area gaan jag. Die weer was maar koud, bewolk en reenerig gewees en die bokke het maar in die digte bosse skuiling gesoek. Vrydag middag bietjie gaan ry om te sien hoe lyk die plaas en om gevoel te kry.

Saterdag oggend vroeg weer uit en binne die eerste uur n trop BWB gekry, hulle bekruip, maar kon nie n skoot op n bul kry nie weens die digte bosse. Die trop word toe bewus van ons en hulle sny n lyn. Ons gaan toe maar terug bakkie toe om hulle tyd te gee om rustig te word voor ons hulle weer agterna sit. Ons ry toe maar na n ander area en kom so n halfuur later weer op so 5 BWB bulle af. Binne minute draf hulle uit die bosse en in n oop area. Die groot bul draf toe agter en gaan staan in die oopte en kyk reguit na ons. My seun lyn hom op en slaan hom reg op die bors deur die hart. Die bul se knee knak net daar en hy sak inmekaar.  Die volgende oomblik spring hy op en sny n lyn deur die bosse. Ons is toe agter hom aan deur die bosse, net toe ons begin bekommerd raak dat hy nie gaan val nie kry ons hom so 300 meter verder, morsdood.

[img width=360 height=480]http://i1079.photobucket.com/albums/w51 ... file-8.jpg[/img]

Die res van die dag soek ons toe n Koedoe bul, maar geen geluk. Laat die middag toe die lig begin ingee, kom ons op n klop koeie af in n erosie sloot. Ons vat toe maar die grootste koei, wat nie baie groot was nie, maar lekker vleis vir die pot en n lekker naweek.

[img width=360 height=480]http://i1079.photobucket.com/albums/w51 ... file-9.jpg[/img]

Ons is toe die aand saam met die boer uit om sy lande te gaan inspekteur. Die jong mielies word lelik verniel. Binne 20 minute het ek drie ystervarke laat bakkie ry. Almal redelik groot knape.

[img width=360 height=480]http://i1079.photobucket.com/albums/w51 ... ile-10.jpg[/img]

Sondag oggend is ons terug na n lekker naweek en Maandag is my seun terug universiteit toe en ek moet vleis werk. Nou ja die biltong en droe wors hang en die steaks, fillets, potjie vleis en roasts is gevacuum pack en in die vrieskas. Dit was nou lekker gewees......
Last edited by Nickvn on Wed Sep 19, 2012 7:52 am, edited 1 time in total.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Pa en seun naweek

Post by Gerhard »

Baie geluk met Nicky se 21st verjaarsdag.

Hy sal beslus die jag onthou.

Veral met al die harde werk wat julle gedoen het om die 270 mooi te laat skiet.

Ek kom gooi dalk die naweek n worsie oppie kole en maak die forelle se bekke weer seer daar by jou
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Pa en seun naweek

Post by Nickvn »

Hi Gerhard, die biltong is nog nie reg nie, maar ek het lekker kudu steaks..........

Sal lekker wees om jou te sien.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Pa en seun naweek

Post by Carl »

Lekker gejag Nic, geluk met die man. Dis nou 'n goeie manier om mondig te word.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6970
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Pa en seun naweek

Post by DWB »

Baie Geluk!

Dis nou 'n manier hoe om dinge met jou seun te doen!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Pa en seun naweek

Post by Marc »

Baie geluk  8)

Soos Deon s?, dis mos nou hoe mens tyd verby moet kry  ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply