Huur kontrak

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Huur kontrak

Post by tau »

Hi Manne

Ek het nou twee plase wat ek moet begin huur in Namibie. Wie het al so iets gedoen en kan my help met huur kontrakte en slagate wat ek voor moet kyk?

-drade
- wild
- instandhouding van windpompe en suipings.
- Huur van bees/ koop wat tans op die plaas is.
- huur tydperk.


Ek moet binne die volgende 2 weke so baie dinge doen en besluit ek is bang ek vergeet simpel goed.

Dankie
John
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Huur kontrak

Post by Jacko »

tau wrote: Hi Manne

Ek het nou twee plase wat ek moet begin huur in Namibie. Wie het al so iets gedoen en kan my help met huur kontrakte en slagate wat ek voor moet kyk?

-drade
- wild
- instandhouding van windpompe en suipings.
- Huur van bees/ koop wat tans op die plaas is.
- huur tydperk.


Ek moet binne die volgende 2 weke so baie dinge doen en besluit ek is bang ek vergeet simpel goed.

Dankie
John
Baie belangrik: Jagreg vir jou ou GROOT PEL Jacko.  ;D
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Huur kontrak

Post by tau »

Haha. Geen 30-0kweste toegelaat......
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Huur kontrak

Post by James Wilson »

Neewat prokureur toe met daardie soort goette
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Huur kontrak

Post by Eugene »

Tau, stuur my 'n e-pos na eugene@eugeneharmse.co.za, dan stuur ek vir jou 'n voorbeeld waarna jy kan kyk wat redelik voorsiening maak vir alles wat jy genoem het!
Aim small, miss small
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Huur kontrak

Post by FCLoretz »

Tau, kan ek maar my .30-0raak saam bring?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Huur kontrak

Post by wlm »

Moenie jou eie regswerk begin doen om 'n paar Rand te spaar nie. 'n Leek wat homself van regsadvies bedien het 'n "fool" vir 'n prokureur. Daar is sommer baie aspekte: Tydperk van verhuring,toestand van eiendom en toerusting by aanvang van kontrak, wyse van betaling (maandeliks of halfjaarliks vooruit),hoe word geskille tussen verhuurder en huurder besleg,wie is vir herstelwerk verantwoordelik, hoeveel diere mag jy aanhou, mag jy jag op die eiendom, om net 'n paar op te noem wat vinnig by my op kom.
Sien Tau, die kontrak moet nie net voorsiening maak vir as dit goed gaan met die verhouding tussen die verhuurder en huurder nie, maar ook vir die dag wat daar probleme is. :o
Alle moontlike situasies en gebeurlikhede moet gedek word. Kry vir jou 'n prokureur wat gereeld met die goed werk. Die koste vir die opstel van 'n kontrak is in elkgeval nie so duur nie.
Hierdie advies is deur my aan jou verskaf vir die voorreg om op daardie plaas te kom jag. ;D ;D ;D
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Huur kontrak

Post by Nickvn »

Ja nee, kontrakte is nie daar vir as dit goed gaan nie, maar as dinge begin skeef loop, en soos hierbo gese word is dit nodig om na al die dinge wat dalk kan skeef loop te dink. Prokrowers is goed hiermee......n nodige besoekie.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm

Re: Huur kontrak

Post by tokjak »

TAU ,NEEM BAIE FOTOS VAN DRADE TOT WINDPOMPE EN EK STEM SAAM GAAN PROKUREUR TOE ,VERAL IEMND WAT BAIE MET VERHURINGS WERK .

GOOD LUCK
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Huur kontrak

Post by Trevor »

TAU, Waar gaan jy huur?
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Huur kontrak

Post by tau »

Vreeslik baie dankie manne vir al die hulp en info. My kind net gister hospitaal gewees so jammer vir die kort of swak replies.

Eugene dankie vir die voorstel ek het dit mooi gelees.

Manne die kat is uit die sak so kan ou bietjie meer info gee.

Dit is van my oorlede skoonpa se plase In die Karas distrik wat nou opgedeel is onder sy 4 kinders. Die bedryf as 'n geheel was net te groot vir my skoonma en swaer om te hanteer. Ek en my swaers moet nou dus elk 'n kwart boer. Dit is nie ewe graat kwarte nie, aangesien ek nie baie tyd hiervoor het nie. My droom om terug Suidwes toe is hier, maar tans het ek sulke goeie kanse in RSA dat ek die kat mooi uit die boom moet kyk hoe ek dit sal doen.

Ek beoog om bees te boer op die twee plase wat saam 8000 hais,  aangesien ek nie genoeg daar gaan wees nie en diefstal en roofdiere die skaap en bokke gaan roer. As ek iemand kan kry om die plase te hanteer sal ek seker daarna kyk. Dit is maar ruwwe wereld wat ek gekry het, maar ek glo dit het goeie weiding. Ek dink so 200 beeste behoort daar tekan werk.

My grootste vrees is net elke keer as die man van die Kaap die hekke uitry weet al die mense in die area dit so dan kan diefstal rerig 'n groot probleem raak.

Ek sal nog baie vrae aan die Vee boere en veral die Namibie manne moet vra. So julle hulp sal waardeur word.

Ek het kennis van skaap en beeste en boerdery van hulle in die Kaap so ek is darem nie helemal dom nie, maar boer in Nam moet ek sommer nog baie leer.
Last edited by tau on Tue Sep 18, 2012 11:10 am, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Huur kontrak

Post by Eugene »

Tau, plesier!

Onthou net, as jy met enige iemand besigheid doen, stel 'n kontrak op! As jy met familie besigheid doen, stel 'n DIK kontrak op! :police: :police: :police:
Aim small, miss small
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Huur kontrak

Post by tau »

Eugene wrote: Tau, plesier!

Onthou net, as jy met enige iemand besigheid doen, stel 'n kontrak op! As jy met familie besigheid doen, stel 'n DIK kontrak op! :police: :police: :police:
Eugene jy is reg. Ek is nie lus vir familie baklei etc nie. So wil dinge graag vanaf dag een reg doen.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply